PDA

View Full Version : Bespreking Wat soek n TV in n Christen se huis??

Wilderness Voice
Jun 11th 2009, 01:14 PM
Is daar nog n plek vir die Televisie in n Christen se huis of nie?

Tonton
Jun 11th 2009, 01:38 PM
Hoewel ek dink dat die TV mens se lewe inneem indien jy dit toelaat, het ek nie 'n probleem met die teenwoordigheid van 'n TV stel per se nie.

Daar is baie gemors op die TV, en dit is so maklik om te knak onder die versoeking om daarna te kyk, maar daarvoor moet ons verantwoordelik optree. As jy 'n swakheid het vir iets, of dit nou Oprah, geweld, vloektaal, pornografie of sport of simpel sepies is, moet jy en jou gade daaroor praat, en moet julle mekaar se verantwoordelikheidsvennote wees. Dit is ook belangrik dat ons kinders leer hoe om VERANTWOORDELIK TV te kyk. As jy die TV uitgooi, hanteer jy die simptome - nie die oorsaak nie. Jou kinders sal nie veel daaruit leer nie - hulle sal egter wel leer hoe om dit te bestuur, en hoekom dit bestuur moet word as julle so 'n voorbeeld stel.

My TV bly staan. Maar ek en my vrou check mekaar. Ons kyk ook nie goed wat ons kinders nie moet sien nie...

Anton

Henry
Jun 11th 2009, 02:01 PM

Ek stem Anton. Ek wonder hoeveel mense wat hier pos het een tab oop by 'n pornografiese site en een by Bible Forums? ;)

Tonton
Jun 11th 2009, 03:48 PM
Ek stem Anton. Ek wonder hoeveel mense wat hier pos het een tab oop by 'n pornografiese site en een by Bible Forums? ;)

Ja, die duiwel is mees aktief onder mense wat worstel om vry te kom van sy bindinge.

Mag daardie ouens wat worstel met pornografie, maar ook met die ander wortels van sonde, Lewende Water hier kry, en mag hulle sien dat daardie sites op-gedollyde vrot water - water wat NOOIT jou dors kan les nie, eerder jou dors vir meer en dieper in die donkerte in aanjaag - aanbied.

Anton

Son of the South
Jun 14th 2009, 05:29 PM
Vir 'n mens is dit nie moontlik nie, maar vir God is enige iets moontlik. Dit is moontlik om hierdie kant van die ewigheid finaal deur God verlos te word van sonde. :pp DIT is die GOEIE NUUS en die KRAG van die evangelie wat ons glo.
Ja, die duiwel is mees aktief onder mense wat worstel om vry te kom van sy bindinge.

Mag daardie ouens wat worstel met pornografie, maar ook met die ander wortels van sonde, Lewende Water hier kry, en mag hulle sien dat daardie sites op-gedollyde vrot water - water wat NOOIT jou dors kan les nie, eerder jou dors vir meer en dieper in die donkerte in aanjaag - aanbied.

Anton

Ek het 'n TV baie nodig ja, want ek kyk my Christelike, opbouende DVDs darem baie lekkerder op die TV as op die rekenaar. :lol:

My kinders is 5 en 7 jaar oud en kyk glad nie TV nie, net so nou en dan DVD (bv. naweke). Ek kan nie dink waar hulle in elk geval die tyd moet kry vir TV kyk nie. Ons oudste is graad 1. As ons by die huis kom is dit tyd vir huiswerkies doen (by die kombuistafel), dan is dit aandete (ja, ons eet as gesin saam by die kombuistafel), dan lees ons Bybel (saam as gesin, jip jy het reg geraai, by die kombuistafel), dan is dit badtyd, dan is dit bedtyd. So, daar is nie tyd vir TV nie. Jy wil tog nie vir my s jou kinders kyk TV voor 5 pm nie? :eek: Het jy al self na daardie programme gekyk? Dit is sommer demonies, man!

Gene
Jun 17th 2009, 08:22 AM
Ek wil 'n klip in die bos gooi... (miskien net so eeeeefens van die onderwerp af) Om sekere goed van jou kinders af weg te hou, gaan jou nerens bring nie. As jy vir 'n kind belet om 'n sekere TV program te kyk, gaan hy verseker 'n punt daarvan maak om dit skelm elders te kyk. As jy jou kind belet om sekere plekke te besoek, kan jy maar weet, hy SAL skelm daarheen gaan. As jy jou kind belet om alkahol te gebruik, kan jy maar weet, hy gaan op een of ander stadium heeltemal uithaak - om 'n punt te bewys, of dalk net uit nuuskierigheid, of vanwee groepsdruk. Maar dit gaan verseker gebeur.

Ek het vriende gehad wat hulle kinders met die heel beste bedoelings uit die skool gehaal het en tuisonderrig gegee het, omdat christelike waardes nie meer in skole geld nie. Hulle het hul radio en TV verkoop en as't ware 'n "kluisenaarsbestaan" gevoer, om hulle kinders teen die "bose wereld" te beskerm. Maar ongelukkig (??) word kinders groot, en so het die dag aangebreek dat hul oudste dogter die huis verlaat het om in 'n ander dorp te gaan werk. Binne ses maande het sy saam met 'n man in 'n huis ingetrek, en wil niks van haar ouers weet nie - sy rook, drink en wie weet wat nog alles....

In Johannes 17 bid Jesus vir Sy kinders, en Hy vra pertinent "nie dat U hulle uit die wereld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die bose moet bewaar" Ek glo dat kinders blootegstel moet word aan alles, maar dat hulle van kleins af geleer moet word wat reg en verkeerd is, en dat ons nie van hierdie wereld is nie, al leef ons IN die wereld. Maak seker dat jou kind die Here ken, en dat hy/sy wedergbore word. En die heel belangrikste: dat ouers deur hul voorbeeld aan hulle kinders wys hoe om in hierdie wereld te leef. Dit wat 'n kind by sy ouers SIEN en ERVAAR, is die basis, waarheen hy altyd later sal terugkeer.

Los jou TV in die huis, maar leer kinders om verantwoordelik te kyk. Wys hulle wat verkeerd is en waarom jy nie wil he dat hulle na sekere goed moet kyk nie. (Maar dan moet Ma of Pa nie skelm daarna kyk wanneer die kinders slaap, of nie tuis is nie.....) En BID, BID, BID vir jou kinders. Dat die Here hulle sal beskerm, en bewaar. Meer as dit kan 'n ouer nie doen nie, anders gaan jy meer skade doen as goed.

Tonton
Jun 17th 2009, 08:41 AM
...In Johannes 17 bid Jesus vir Sy kinders, en Hy vra pertinent "nie dat U hulle uit die wereld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die bose moet bewaar" Ek glo dat kinders blootegstel moet word aan alles, maar dat hulle van kleins af geleer moet word wat reg en verkeerd is, en dat ons nie van hierdie wereld is nie, al leef ons IN die wereld. Maak seker dat jou kind die Here ken, en dat hy/sy wedergbore word. En die heel belangrikste: dat ouers deur hul voorbeeld aan hulle kinders wys hoe om in hierdie wereld te leef. Dit wat 'n kind by sy ouers SIEN en ERVAAR, is die basis, waarheen hy altyd later sal terugkeer.

Los jou TV in die huis, maar leer kinders om verantwoordelik te kyk. Wys hulle wat verkeerd is en waarom jy nie wil he dat hulle na sekere goed moet kyk nie. (Maar dan moet Ma of Pa nie skelm daarna kyk wanneer die kinders slaap, of nie tuis is nie.....) En BID, BID, BID vir jou kinders. Dat die Here hulle sal beskerm, en bewaar. Meer as dit kan 'n ouer nie doen nie, anders gaan jy meer skade doen as goed.

JA! Dit is ons taak: LEER hulle, en nie KEER hulle nie.

Anton

Ta-An
Jun 17th 2009, 08:50 AM
Ons het 'n TV nodig vir nuus en Noot v Noot :idea: :lol:

Tonton
Jun 17th 2009, 09:27 AM
Ons het 'n TV nodig vir nuus en Noot v Noot :idea: :lol:

EISH! My vrou is net so keen op daai program.

Ek stap maar die hond daai tyd. Dan embarrass ek nie my familie deur saam te probeer sing nie! By my is dit meer "nood vir noot"...

Anton

Die Filadelfieer
Jun 17th 2009, 10:49 AM
Ons het 'n TV nodig vir nuus en Noot v Noot :idea: :lol:

.....kyk hoe kyk hy vir my .

KYK HOE KYK HY VIR MY !!!!!

http://www.women24.com/Woman/Content_Display/E-Cards/DisplayImageBlob/0,,105673,00.gif

Ta-An
Jun 17th 2009, 10:59 AM
Hy kyk so of jy een van die dae daar gaan staan Fila :idea:

Yes Yes Yes :rofl:

Die Filadelfieer
Jun 17th 2009, 11:14 AM
Hy kyk so of jy een van die dae daar gaan staan Fila :idea:

Yes Yes Yes :rofl:

Johan Stemmet s :

http://beta.mnet.co.za/content/images/video/KN_Rian_20081001_JohanStemmet.jpg

Ek watch jou Ta-An ..... ek watch jou .....

Tonton
Jun 17th 2009, 11:20 AM
Johan se boetie was saam met my op koshuis - sing soos 'n engel.

Wonder wat van hom geword het?

Ta-An
Jun 17th 2009, 11:25 AM
Johan Stemmet s :

http://beta.mnet.co.za/content/images/video/KN_Rian_20081001_JohanStemmet.jpg

Ek watch jou Ta-An ..... ek watch jou .....:rofl:
Ag nee man..... die ou oom pie lyk mooier as die foto.... probleem met fotos, hulle l 'n flou oomblik vir 'n ewigheid vas :rolleyes:

Tonton
Jun 17th 2009, 12:28 PM
Ta-An,

Hier is nou 'n paar "shots" van jou hero...

Ta-An
Jun 17th 2009, 03:47 PM
O my liewe griek!!

:lol: