PDA

View Full Version : Joe Niemand stel gratis CD op net beskikbaar



Philip dT
Jun 12th 2009, 07:43 AM
Joe Niemand het 'n Christelike CD gratis op die net beskikbaar gestel om af te laai. Laat my weet wat julle daarvan dink:

http://www.glorytotheking.co.za/

Die Filadelfieer
Jun 12th 2009, 07:56 AM
Dankie Phillip,
As ek dit reg verstaan is hierdie die CD wat by MMC '09 ook versprei is ?

Willem
Jun 14th 2009, 07:56 PM
Ja dis dieselfde musiek as die cd's wat ons gekry het.

Kan net se dat dit regtig lekker sing en luister en my ook geleer het dat dieselfde woorde oor en oor , maar vir Sy eer en tot Hom gesing 'n amazing song kan wees, en ek het altyd sulke lirieke net so gekyk :blush:

O en "ons sal lewe ons sal sterwe ons vir... " het nuwe betekenis gekry en my laat dink oor ou stem en dat ons miskien afgod van land gemaak het?:bounce:

Ek sal eerder vir Hom lewe en sterwe as vir 'n land of volk of nasie...nou sing die "ons sal lewe ons sal sterwe ons vir U, halleluja" regtig lekker:pp

Die wat musiek speel, die lirieke en chords is ook daar.

wRatte
Apr 12th 2010, 04:56 PM
jammer as hierdie as "thread resurrection" gesien kan word, maar dis baie relevant vir my omdat ek op hierdie thread dmv google gekom het toe ek soek vir "ons vir U" chords. phillip, thanks dat jy die link van die site gedeel het. ongelukkig is die "chords" deel nog steeds nie ingevul in die site nie :(
(hulle is glo nog by mmc 2009 :hmm: )

ek't vir hulle email gestuur en sal sommer ook hier op die forum reply wat hulle laat weet het ivm die chords afdeling (as ek nie vergeet nie natuurlik :D )

Die Filadelfieer
Apr 13th 2010, 06:23 AM
Welkom hier by ons wRatte !

protea
Apr 13th 2010, 12:24 PM
Die CD van Joe Niemand is regtig uiters aanvaarbaar. Die liedjies leer maklik aan , sing lekker en die meisies het die CD amptelik 'gepromoveer' as skottelgoed-was-CD-op-ons-plaas! Druk bietjie snit 8 , dan sal jy weet waarvan ek praat. In n japtrap is die skottelgoed in die kas!

wRatte, baie welkom! Jy klink of jy ken van. Mag mens hierdie liedjies dan sonder die koop van kopiereg in ons plaaslike gemeente sing? Ek was al lankal lus om die musiek neer te skryf en vir die plaaslike orrelis te gee om te speel en so ook vir die gemeente en veral die jeug aan te leer. Mag mens sonder om van kopieregskending aangekla te word?

protea
Apr 13th 2010, 12:29 PM
wRatte, ek dink jy gaan vinniger regkom deur vir Joe Niemand persoonlik te kontak d.m.v. epos. Op die Shalom plaas is dit nou die ene bedrywigheid om die naweek se MMC te organiseer en ek twyfel of hulle aan jou saak sal aandag gee voor na die naweek. Vra hulle kantoor vir Joe se epos adres. Hoop jy kom reg!

Willem
Apr 14th 2010, 09:58 PM
Gaan chat sommer ook op facebook met hom.