PDA

View Full Version : Inligting Radio Kansel

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 02:06 PM
Wie van julle luister Radio Kansel. Ek luister graag Radio Kansel. As jy buite hulle opvang gebied bly en jy wil hulle opvang gaan na www. radiokansel .co.za Jy kan daar aanlyn luister.

protea
Jun 12th 2009, 04:34 PM
Ettienne, ek het hulle elke dag geluister toe hulle nog op Radio 2000 uitgesaai het ,maar kan hulle nie meer opvang nie. Self toe ek my laptop op hulle sender ingestel het en in die huis rondgedra het waar ek werk, gooi hulle my af na n tydjie. Hulle het blykbaar net n sekere kapasiteit om n sekere getal luisteraars op die net te he en dan moet jy weer vir n ander n beurt gee. So ek luister hulle glad nie meer nie en my harkie pyn daaroor:cry:

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 09:47 PM
Weet jy Protia ek het al baie gewonder hoekom hulle nie 'n ding wat soort gelyk aan Dstv is kan uitvind naamlik 'n radio sateliet dekodeerder wat jy aan jou radio kan koppel nie. As daar so ding is sal ek baie graag Radio Kansel en al die ander Christen stasies in Suid-Afrika so wil opvang. Ander stasies wat ek ook graag deur middel hiervan so sou wou landwyd opvang is Overvaal stereo 96.1 FM, Radio Laeveld 100.5 FM, Bosveld Stereo 107,5 FM, Rainbow FM 90.7 FM, Radio Pretoria, Radio Rosestad 100.6 FM, Kanaal 7 Media vir Christus die Namibiese Christen Radio Stasie en al die ander Christen Radio stasies.

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 09:52 PM
Ek sal graag RSG ook so wil opvang deur middel van 'n radio sateliet dekodeerder. Ek luister nie net Radio Kansel nie maar geniet ook elke Sondag middag van 5 tot 6 Dis Gospel op RSG. As jy Radio Kansel soek hulle frikwensie is 657 AM.

protea
Jun 13th 2009, 04:32 PM
EK het al 657 AM snuif getrap met al die radios in die huis, maar niks wil hom opvang nie..... hier ommieberg, oppiebult, teenieberg.....

Ta-An
Jun 13th 2009, 04:43 PM
Hulle het dekodeerders..... dit is die lisensie om in ander provinsies uit te saai .... ek dink..... wat die probleem kan wees...??? het so iets gehoor.... maar nety die stert gevang,,,, weet nie so mooi nie :o

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 05:29 PM
Protia dalk moet Radio Kansel in jou area ook op 657 AM begin uitsaai.:cry::cry::cry: Ek wil net vir mense wat die radio stasies wat ek genoem het landwyd wil hoor die volgende webtuistes gee. www. radiolaeveld.co.za www. bosveldstereo.co.za www .rosestad.net www. rsg.co.za www. k7.com.na www. overvaalstereo.co.za www .rainbowfm.co.za www .radiopretoria.co.za en www .rippel.co.za

Ta-An
Jun 13th 2009, 05:32 PM
Ek wil net vir mense wat die radio stasies wat ek genoem het landwyd wil hoor die volgende webtuistes gee. Hoekom Ettienne?? .

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 05:47 PM
Dit is vir mense wat dit landwyd wil hoor. Daar is so veel Christen radio stasies wat ek graag landwyd sou wou opvang en 'n radio sateliet dekodeerder sal dit moontlik maak. Ek luister tans aan lyn na Radio Laeveld. Kan jy jou indink as daar so ding soos 'n radio sateliet dekodeerder is sal dit nie nodig wees om aan lyn te luister nie.

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 10:10 PM
Wie van julle luister Radio Tygerberg. Ek was so doenig met die ander radio stasies dat ek skoon vergeet het om te vra wie van julle Radio Tygerberg deur middel van 'n radio sateliet dekodeerder sou wou opvang. Radio Tygerberg is 'n Christen radio stasie wat van die Wes-Kaap af uitsaai. Ek bly in Gauteng maar ek het Radio Tygerberg al aanlyn deur die internet geluister by www. radiotygerberg.co.za Ek dink Radio Tygerberg is ook 'n wonderlike Radio stasie en hulle kan ook gerus landwyd uitsaai. Nie net Radio Kansel, Radio Laeveld, Overvaal Stereo, Radio Rosestad, Radio Laeveld, RSG en Kanaal 7 nie maar ek sou Radio Tygerberg ook wou opvang deur middel van 'n Radio sateliet dekodeerder.

Johnny
Jun 15th 2009, 10:09 AM
"Christen radio stasies" is soos "christen boekwinkels"....anything goes, solank "Jesus" se naam net iewers genoem word.

Etienne Marais
Jun 15th 2009, 11:37 AM
Johnny baie dankie vir hierdie insetsel

Die Filadelfieer
Jun 15th 2009, 01:26 PM
Ja dankie Johnny. Vir jou insetsel.

Etienne Marais
Jun 23rd 2009, 06:44 PM
Dit sal baie lekker wees as RSG in die week ook meer Christelike programme kan uitsaai. Ek geniet elke Sondag middag tussen 5 en 6 PM Dis Gospel op RSG. Na die nuus om 6 op RSG geniet ek dit elke sondag aand om na Oom Karoolus en Lente te luister. Ek weet nie wie van julle al van die radio stasie Radio Namakwaland gehoor het nie. Hulle kan ook aanlyn geluister word as jy gaan na www.radionamakwaland.rsa.nu (http://www.radionamakwaland.rsa.nu). Ander radio stasies wat ook kan doen met meer Christelike programme is 94.7 Highveld Stereo, Jakaranda 94.2 FM, East Coast Radio en 5 FM. Daar word so veel lelike goed gespeel op 5 FM. Hoekom speel hulle nie eerder Gospel musiek nie.

Etienne Marais
Jun 23rd 2009, 06:52 PM
Ek weet nie wie van julle al van die Radio stasie Radio Kragbron gehoor het nie. Hulle het ook Christelike programme wat ek al geniet het om na te luister. Ek bly buite hulle opvang gebied maar het hulle aanlyn geluister die kere wat ek hulle al geluister het. Om aan lyn te luister kan julle gaan na www.radiokragbron.co.za (http://www.radiokragbron.co.za).

Ta-An
Jun 23rd 2009, 06:56 PM
Radiokansel is beskikbaar op DSTV van 1 Julie af :)

Hannelie Pretorius
Jun 25th 2009, 12:34 PM
dis die beste nuus wat ek in 'n lang tyd gehoor het. Ons TV in die kamer is nou permanent op die christelike kanale kruiskyk en maranatha of God channel. Al kyk ek nie altyd nie hou ek daarvan om te luister as ek in die kamer besig is.

Iets waaroor ek my net baier verwonder....
Ons het 'n familie blok op ons TV gesit dit beteken dat jy net goed kan sien wat vir almal bedoel is of wat 'n pg het van 13. Ons seuns is 14 en 11 jaar, maar ons voel sekere goed is nog nie vir hulle bedoel as hulle alleen is nie, maar hulle kyk wel saam met ons flieks (nie bo 16/18 flieks nie)wat ons aan hulle kan verduidelik.Ongelukkig het die christelike kanale 'n blok van 18 op. Dus kan die seuns nie kruiskyk of maranata kyk as ons nie tuis is om die blok af te haal nie.
Maar Party stories wat wel 'n blok nodig het, het nie een nie

Johnny
Jun 25th 2009, 12:46 PM

Hanlie, ek kyk baie goeters saam met my dogter (13). Ons kyk nie movies bo PG nie, selfs dan moet 'n ou maar versigtig wees. Gewoontlik is die advertensies in die "pouses" ook erger as die film self.

Wat is jou gunsteling christelike film?

Hannelie Pretorius
Jun 25th 2009, 01:02 PM
Hi Johnny

ek hoop nie jy het my nou verkeerd verstaan nie. Ons kyk nie movies wat seks en slegte taalgebruik het nie. Indien dit wel in die movie is dan stop ons dit dadelik en kyk iets anders. Ons neem ook elke Saterdag se movie op TBN op en kyk dit dan sondagmiddag.

Die mooiste movie wat ek nog gesien het was Forevermore 'n ware verhaal van Karla Faye Tucker Brown van Texas. Indien jy dit nog nie gesien het nie kan ek dit werklik aanbeveel. Maar ek moet jou waarsku al is jy 'n sterk man kan jy maar 'n boksie twinsavers langs jou neersit. Ek het die film nou al 3 keer gekyk en elke keer tref dit my van voor af hoe lief sy ons Here werklik gehad het.

Johnny
Jun 25th 2009, 01:08 PM

Hannelie, ek verstaan jou reg, moenie worry nie. Ek het al films gekyk wat byvoorbeeld 'n ouderdomsbepreking van 10 het. Voor jy kan keer of "STOP" druk, het iets gebeur op die skerm wat my laat bloos. My dogter is baie oopkop wat dit aanbetref, maar ek vermy die satan se vot in die deur. As hy eers sy voet in het, is dit moeilik om hom uit te kry. Wat het jy gedink van "The Passion of the Christ"?

Hannelie Pretorius
Jun 25th 2009, 01:27 PM
Johny

Weet jy ek het Passion of Christ so 3 jaar terug gekyk nog voor ek wedergebore is. Toe het dit my baie getref, maar ek moet eerlik wees ek dink as ek dit weer kyk gaan ek beslis meer geraak wees deur wat my Verlosser en Redder als vir my gedoen het

Johnny
Jun 25th 2009, 01:33 PM

Ons leraars doen baie navorsing oor dinge in die wereld. Een van hulle was die film. Min mense weet deur wie en hoekom die film gemaak is. Ek kan vir jou 'n gratis dvd stuur wat vir jou dinge sal uitwys in die film wat jou sal skok. Jy kan dit ook gratis aflaai in lae resolusie vanaf my webblad. Ek beveel dit regtig aan dat jy dit doen, of stuur my jou posadres.

http://www.oospoort.co.za/source/video.html

Hannelie Pretorius
Jun 26th 2009, 10:21 AM
Dankie Johnny

Ek sal dit waardeer as jy vir my een stuur. Ek weet ek mag nie my besonderhede hier plaas nie, maar ek weet nie waar nie. SÍ asb waar ek dit vir jou kan plaas

CFJ
Jun 26th 2009, 12:33 PM
Dankie Johnny

Ek sal dit waardeer as jy vir my een stuur. Ek weet ek mag nie my besonderhede hier plaas nie, maar ek weet nie waar nie. SÍ asb waar ek dit vir jou kan plaas

Jy het nou tien plasings Hannelie, jy kan dus 'n privaat boodskap aan Johhny stuur of hy aan jou, waar julle inligting kan uitruil.

Johnny
Jun 29th 2009, 07:35 AM
Dankie Johnny

Ek sal dit waardeer as jy vir my een stuur. Ek weet ek mag nie my besonderhede hier plaas nie, maar ek weet nie waar nie. SÍ asb waar ek dit vir jou kan plaas

Stuur my jou posadres na my epos (jvandmerwe@g5.co.za) hier.