PDA

View Full Version : Inligting Harry is gevaarlik



Etienne Marais
Jun 12th 2009, 02:15 PM
Iemand het 'n ruk gelede aan TV Plus 'n brief geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter is. As 'n Christen wil ek net se dat ek saam stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik die Bybel se moet met towenaar goed niks te doen he nie.
Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat oor en oor in my kop 'Harry moet weg' gese het. As 'n Christen wil ek baie graag vir almal wat mal is oor Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde stemme wat 'Harry moet weg' se wil hoor as wat ek gehoor het nie.
Ek het al baie gebid vir die bekerings van almal wat met Harry Potter te doen het en e-posse gestuur om hulle van God se liefde te vertel en ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.

Lanie
Jun 12th 2009, 02:22 PM
Hi Etienne... Baie welkom! Ek sien jy is sommer lekker besig hier op die forum. Ek hou daarvan. Wil jy nie asseblief jou gaan voorstel in die nuwe lede draad, sodat ons jou ook beter kan leer ken nie.

En jy is reg, Harry Potter is van die duiwel af.......

Groete
Lanie

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 02:30 PM
Ek se nie net Harry Potter is gevaarlik nie ek weet feite hoekom Harry Potter verkeerd is. Harry se ouers het toe hy klein was gesterf in die stryd teen die bose towenaar Lord Voldemort. Hy het by sy oom en tannie gaan bly en hulle moggels genoem. Dit is hoekom Harry Potter so gevaarlik is en hoekom ek as 'n Christen teen dit gekant is. Ouers moet nie toelaat dat hulle kinders Harry Potter lees nie want dit is verkeerd en van die duiwel af. Die Bybel se duidelik mens moet met towenaar goed niks te doen he nie. Harry Potter is die laaste boek wat ek my kind sal toelaat om te lees. Kinders wou al asgevolg daarvan leer toor en dit is een rede hoekom mens van Harry af moet weg bly. Towenaar goed en heksery is 'n afgod in die Here se oe en die Bybel se duidelik mens mag naas God geen ander God aanbid nie.

Tonton
Jun 12th 2009, 03:41 PM
Hi Etienne... Baie welkom! Ek sien jy is sommer lekker besig hier op die forum. Ek hou daarvan. Wil jy nie asseblief jou gaan voorstel in die nuwe lede draad, sodat ons jou ook beter kan leer ken nie.

En jy is reg, Harry Potter is van die duiwel af.......

Groete
Lanie

Ja, hou jou self en jou kinders weg. Dit is heksery en idolising van demoniese magte.

Anton

marline
Jun 12th 2009, 06:40 PM
Harry Potter gaan nie net oor towery en demoniese magte nie. Ek het die hele reeks gelees. Daar word gepraat van "die een wie se naam nie genoem mag word nie' nl Lord Voldemort. Dan is daar die dementors wat die siel uit mense uitsuig!!! JA, Harry is nie wat mens wil he hy moet wees nie, maar dit is baie erger as towery. En ek stem saam, nie vir kinertjies bedoel nie!!! :o
Hierdie onheilige goed is reg uit die Bybel geneem, net soos Satan alles uit die Woord neem, en verdraai om ons mense te verwar. :(

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 09:34 PM
Marline beteken dit jy stem met my saam dat Harry Potter verkeerd is??? Ek is anders as die meeste tieners my kop sien net reg en verkeerd. Ek is op 2 jarige ouderdom met Asperger SIndroom gediagnoseer. Dit is hoekom ek anders is as die meeste tieners. Ander tieners vind party keer met 'n ompad uit wat verkeerd is maar my kop sien net reg en verkeerd. As ek weet 'n ding is verkeerd dan wil ek dit nie eers probeer nie. Omdat ek net reg en verkeerd sien is dit as 'n Christen my opinie dat ek geen boeke met towenaar goed lees nie omdat ek daarmee niks te doen wil he nie. Omdat ek glo Harry Potter is duiwels goed frommel ek dit altyd dadelik op as ek dit in tydskrifte sien. Tydskrifte kan eerder Christelike goed plaas.

marline
Jun 13th 2009, 10:31 AM
Ja Ettiene, stem beslis saam met jou. Die tegnologie in die flieks en die skryfwyse waarmee die boeke gekryf is, is briljant!!! Ek het op 'n site afgekom wat die bose stap vir stap uitwys, met stawende bewyse hoekom dit so verkeerd is. Dit was 'n "groot eye opener" Ek weet dat toordery en heksery van die bose is, maar in hierdie boeke is daar baie, baie meer waarvoor opgepas moetword. Die Predikante waarsku ook net altyd teen die toordery, en toor staffies swaai, maar het hulle dit gelees? Dan kan hulle mos die mense meer in diepte daaroor waarsku.

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 12:48 PM
Ek het 'n boek The Hour of the witch gelees. Dit is 'n Christelike boek wat presies se hoekom Harry Potter verkeerd is wat ook se wat die Bybel se oor witchcraft. Dit is een van Steve Wohlberg se boeke. Ek dink alle Harry Potter aanhangers moet daardie boek lees om uit te vind dat Harry Potter verkeerd is en wat die Bybel se oor towenaar goed. Veral kinders wat aan Harry Potter verslaaf is kan hierdie boek dalk nodig he. Ek het al gehoor dat kinders aan Harry Potter verslaaf word en daardie boeke nie kan neer sit nie. Dit is een rede hoekom mens van Harry Potter af moet weg bly en daardie goed nie eers moet probeer nie.

Etienne Marais
Jun 14th 2009, 05:48 PM
Dit is baie jammer dat die sesde fliek Harry Potter and the Half Blood Prince een van die dae kom. As 'n Christen vra ek bid asseblief dat die Here kinders wat in die fliek sit wanneer hulle dit kyk sal beskerm teen daardie gemors en dat almal dan sal besef dat Harry Potter verkeerd is. Ek wil net nog 'n gedagte deel hoekom kinders van Harry af moet weg bly. Die Harry Potter boeke bevat donker kunste en al daardie lelike goed is deel van satan se plan om mense te mislei. Moet nooit toelaat dat satan met sy trix wegkom nie. Bid dan ook asseblief dat die Here almal sal oortuig dat die Bybel se mens moet met towenaar goed niks te doen he nie en as van hulle nie die Here ken nie dat hulle dadelik na Jesus toe sal draai.

Tonton
Jun 17th 2009, 07:00 AM
...As 'n Christen vra ek bid asseblief dat die Here kinders wat in die fliek sit wanneer hulle dit kyk sal beskerm teen daardie gemors en dat almal dan sal besef dat Harry Potter verkeerd is...

...Bid dan ook asseblief dat die Here almal sal oortuig dat die Bybel se mens moet met towenaar goed niks te doen he nie en as van hulle nie die Here ken nie dat hulle dadelik na Jesus toe sal draai.

Ek bid saam hieroor.

Ek kan nie anders as om te dink hoedat ouers verantwoording sal doen oor hoe hulle in hul onkunde (onkunde = onwilligheid om te hoor, want al die inligting hieroor is beskikbaar vir wie ore het om te hoor) hul kinders hieraan blootgestel het nie.

Ek dank die Here vir sy genade om my kinders die onderskeiding gegee het om deur Potter te sien.

Anton

Etienne Marais
Jun 22nd 2009, 01:19 PM
Anton ek is baie bly om te hoor jy stem met my saam dat Harry Potter duiwels goed is. Ek dink ons moet bid dat die Here moet voorsien dat die 7 de fliek Harry Potter and the Deathly Hallows nie eers moet gebeur nie. Harry Potter kom reguit uit die hel uit en dit is baie gevaarlik. Ouers wat toelaat dat hulle kinders Harry Potter kyk of lees weet nie dat hulle hulle kinders toelaat om verkeerde goed te lees en te kyk nie. Dit is as Christenne ouers se verandwoordelikheid om seker te maak dat kinders wegbly van Harry Potter of enige boeke met heksery in. Ek is ook gekant teen die Liewe Heksie stories want daar is ook towenaar goed in. Ouers moet baie versigtug wees vir wat hulle hulle kinders toelaat om te kyk. As 'n Christen se ek mens moet geen boeke met towenaar goed lees nie want dit is die duiwel se plan om ons te mislei. Ek dink die hele wereld wat so mal is oor Harry Potter luister nie as die Here se dit is verkeerd nie. Ons moet luister as God se Harry Potter is verkeerd.:cry::cry::cry::cry:

Tonton
Jun 22nd 2009, 02:32 PM
...Ek is ook gekant teen die Liewe Heksie stories want daar is ook towenaar goed in. Ouers moet baie versigtug wees vir wat hulle hulle kinders toelaat om te kyk. As 'n Christen se ek mens moet geen boeke met towenaar goed lees nie want dit is die duiwel se plan om ons te mislei...:cry::cry::cry::cry:

Interresant - voor my wedergeboorte het ek gehoor hoe die "Jesus freaks" (dis nou ouens soos ek nou, na my wedergeboorte) kla oor die "onskuldige" liewe Heksie, en ek het eerlik gedink die ouens is die kluts kwyt. Hoe kan die ou onskuldige onnosele heksietjie dan nou van die duiwel wees? Ek onthou hoe ek as kind Spooky, Wendy ("the 'good' little witch"), Casper, ens. onskuldig gekyk het.

Die ding is dat ek glo nie dat die skrywers van Liewe Heksie slegte bedoelings gehad het nie, maar dat hulle weens hul onkunde deur die vyand gebruik word om die mens "sag" te maak vir goed soos heksery. Hulle dra by tot ons kinders se verderf weens die volk se gebrek aan kennis - hul gebrek, en die gebrek van ons, wat ons kinders toelaat om blootgestel te word.



HOS 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.


Satan is orals en gedurig besig om ons voor te berei om te buig vir sy verleidings. Ons is so ingeweef in sy wÍreld, en ek is seker dat ons baie goed gebruik wat ook later ontbloot sal word as sy werk om ons sag te maak. Bv. krediet en kredietkaarte: wat volg? smart-card. En dan? Wie weet, dalk 'n chip in die hand?

Ons moet sorg dat ons krities is oor alles, en verwerp wat ons kan mislei.

Ons moet ook bid vir onderskeidingsvermoŽ van ons kinders. My kind het al vir my gesÍ sy is ongemaklik met iets - dan moet ons sensitief wees en haar aanhoor. Hulle is dikwels minder afgestomp as onsself.

Anton

protea
Jun 22nd 2009, 05:18 PM
Ettienne, ek voel regtig soos n 'stem roepende in die woestyn' as ek net melding maak van hoe gevaarlik Harry se verhale is en hoe fyn-fyn die indoktrinering is. As die skryfster haar as n self erkende heks voorstel , gaan sy dinge aangaande ons Jesus verkondig of gaan sy satan verkondig ? Selfs n onderwyseres het gese : Ag , maar Harry is dan so n OUlike ou seuntjie... Niemand is so doof as die wat nie wil hoor nie.......

Anton , in prof Walter Veith se DVD's oor die Nuwe Wereldorde verduidelik hy dat die embleme wat in die Liewe Heksie verhale gebruik word dieselfde is as wat n splintergroep van die Vrymesselaars gebruik , nl. die Silwer Roos en ook die koning se naam ,koning Rosekrans. So alles is nie so onskuldig soos dit lyk nie. Ek wou ook nie aanvanklik aan die kritiek byt teenoor Liewe Heksie nie ,maar is gelukkig al jare gelede bekeer daaroor.

Gene
Jun 23rd 2009, 06:55 AM
Interresant - voor my wedergeboorte het ek gehoor hoe die "Jesus freaks" (dis nou ouens soos ek nou, na my wedergeboorte) kla oor die "onskuldige" liewe Heksie, en ek het eerlik gedink die ouens is die kluts kwyt. Hoe kan die ou onskuldige onnosele heksietjie dan nou van die duiwel wees? Ek onthou hoe ek as kind Spooky, Wendy ("the 'good' little witch"), Casper, ens. onskuldig gekyk het.

Die ding is dat ek glo nie dat die skrywers van Liewe Heksie slegte bedoelings gehad het nie, maar dat hulle weens hul onkunde deur die vyand gebruik word om die mens "sag" te maak vir goed soos heksery. Hulle dra by tot ons kinders se verderf weens die volk se gebrek aan kennis - hul gebrek, en die gebrek van ons, wat ons kinders toelaat om blootgestel te word.

Satan is orals en gedurig besig om ons voor te berei om te buig vir sy verleidings. Ons is so ingeweef in sy wÍreld, en ek is seker dat ons baie goed gebruik wat ook later ontbloot sal word as sy werk om ons sag te maak. Bv. krediet en kredietkaarte: wat volg? smart-card. En dan? Wie weet, dalk 'n chip in die hand?

Ons moet sorg dat ons krities is oor alles, en verwerp wat ons kan mislei.

Ons moet ook bid vir onderskeidingsvermoŽ van ons kinders. My kind het al vir my gesÍ sy is ongemaklik met iets - dan moet ons sensitief wees en haar aanhoor. Hulle is dikwels minder afgestomp as onsself.

Anton

Anton

Ek kan identifiseer met dit wat jy hier se. Selfs na my wedergeboorte was ek lank van mening dat (sommige) Christene die dam onder die eend uitruk deur oor alles te kla. Ek meen, Liewe Heksie...... Ek ken die skryfster van Liewe Heksie, Verna Vels (nie persoonlik nie), en moet tog nie vir my kom vertel dat sy enigsins iets met heksery te doen sal he, of dit sal wil promoveer nie. Om nie eens te praat van die "spokies" waarvan jy melding maak nie - ek het daarmee grootgeword, hoe kan hulle nou skielik vir my kom vertel dat dit duiwels is....?

Maar weet jy, ek het besef dat die duiwel hierdie goed gebruik om saadjies in kinders se verstand te saai, wat op 'n later stadium in daardie kind se lewe gaan water kry en begin ontkiem. Al hierdie "onskuldige" goedjies vorm deel van sy plan om mense op 'n sagte en subltiele manier te bereik. En die skrikwekkende daarvan is dat dit begin alreeds vrugte afwerp. En as mens jou oe oopmaak, sal jy sien dat dit reeds vandag besig is om te gebeur. Dink maar hoe sou die einste Harry Potter 30 jaar gelede ontvang word. Ek dink dit sou in meeste westerse lande verban gewees het. Maar ons is al so "saggemaak" deur die jare dat dit vandag sondermeer aanvaar word, selfs in christen-geledere. Dink maar aan popgroepe soos Skipnot, of selfs daardie "polieskar" groep van SA. Twintig jaar gelede sou dit nie geduld gewees het nie. Maar vandag..... En kyk maar net na die invloed wat sulke groepe en rolprente vandag op die jeug het - kyk maar na die toename in geweld in skole (bv die sogenaamde "swaard-moord) Hoe dink jy gaan die wereld oor 30 jaar van vandag af lyk? (As die Here nog nie teen daardie tyd gekom het nie)

Nee wat, ek dink dis tyd dat christene hulle oe oopmaak en sien waarmee die satan besig is!

Tonton
Jun 23rd 2009, 03:41 PM
Nee wat, ek dink dis tyd dat christene hulle oe oopmaak en sien waarmee die satan besig is!

Sowaar!

Vir die wat nog wonder oor Potter, gaan kyk gerus hier:

http://www.lasttrumpetministries.org/tracts/tract7.html

Groete,
Anton

Tonton
Jun 23rd 2009, 03:54 PM
Anton , in prof Walter Veith se DVD's oor die Nuwe Wereldorde verduidelik hy dat die embleme wat in die Liewe Heksie verhale gebruik word dieselfde is as wat n splintergroep van die Vrymesselaars gebruik , nl. die Silwer Roos en ook die koning se naam ,koning Rosekrans. So alles is nie so onskuldig soos dit lyk nie. Ek wou ook nie aanvanklik aan die kritiek byt teenoor Liewe Heksie nie ,maar is gelukkig al jare gelede bekeer daaroor.

Hmmm! Ek het nie eers hiervan geweet nie. Dit verbaas my altyd hoedat die vyand sy stempel op sy werk afdruk...

Etienne Marais
Jun 29th 2009, 11:04 AM
Anton ek het gegaan na die webtuiste wat jy genoem het en wil net se hoe bly ek is jy het daardie webtuiste genoem. Hulle stem met ons saam dat Harry Potter duiwels goed is en dat die Bybel se mens moet met towenaar goed niks te doen he nie. Ek en jy moet so aan hou om die wereld daarvan bewus te maak dat Harry Potter verkeerd is sodat mense niks met dit te doen moet kry of he nie.

Tonton
Jun 29th 2009, 02:02 PM
Ja.

Dit kommer my oor hoeveer Christene nie probleme het met Potter nie. Kyk gerus hier op die Engelse forum. Dit wys vir my hoe sterk die misleiding reeds staan...

Anton

Etienne Marais
Jul 6th 2009, 10:47 AM
Anton dit kommer my ook. Ek se ook dit is deel van satan se plan om mens te mislei. Moet nooit toelaat dat satan met sy trix wegkom nie. Harry Potter is duiwels goed en dit moet nie gelees of gekyk word nie. Bly weg daarvan.