PDA

View Full Version : Inligting My bediening



Etienne Marais
Jun 12th 2009, 10:06 PM
Ek het 'n bediening om God se Woord per gratis CD's te versprei. Ek het laas jaar 'n CD waarop ek praat op geneem en daar is ook musiek snitte op my CD. Al die musiek op my CD was nog nooit deur ander kunstenaars opgeneem nie. Die doel van my bediening is om God se Woord aan so veel mense as moontlik te verkondig. Daar is so baie gemeentes van die NG en die Hervormde Kerk waar ek as 'n gas spreker wil optree maar ek hoor nie van die dominies nie. Ek kyk op die webtuistes www.ngkerk.org.za (http://www.ngkerk.org.za) of op www.nhk.co.za (http://www.nhk.co.za) as ek gemeentes soek waar ek wil optree. As julle meer wil weet oor my bediening ek het 'n webtuiste www.etiennemaraisministries.com (http://www.etiennemaraisministries.com) Julle is baie welkom om na my webwerf te gaan kyk.

Etienne Marais
Jun 13th 2009, 06:12 PM
Is daar enige een van julle wat my dalk by julle gemeente as 'n gas spreker wil he om van my bediening te vertel?

Johnny
Jun 15th 2009, 09:51 AM
Is daar enige een van julle wat my dalk by julle gemeente as 'n gas spreker wil he om van my bediening te vertel?

Ettienne, dit is nie maklik om vir die Here te werk nie en beslis 'n voorreg. Uit ondervinding in ons gemeente die afgelope 9 jaar weet ek dat ons leraars en kerkraad (gemeente ingesluit) nie daarop ingestel is op gospel sangers, sprekers en "motivational" speakers nie. Ons vertrou op God dat die Heilige Gees deur ons leraars se prediking werk.

Sterkte vir jou. Jy kan ook my webblad gerus besoek.

www.oospoort.co.za (http://www.oospoort.co.za)

Etienne Marais
Jun 15th 2009, 11:41 AM
Johnny vertel my is jy 'n dominie en is www.oospoort.co.za (http://www.oospoort.co.za) jou gemeente se webwerf. Dalk moet ek juis by daar 'n spreekbeurt kom doen om mense van my bediening te kom vertel.

Johnny
Jun 19th 2009, 06:34 AM
Johnny vertel my is jy 'n dominie en is www.oospoort.co.za (http://www.oospoort.co.za) jou gemeente se webwerf. Dalk moet ek juis by daar 'n spreekbeurt kom doen om mense van my bediening te kom vertel.

Ek is net 'n lidmaat van 'n gemeente en dit is my eie persoonlike webwerf.