PDA

View Full Version : Inligting Slipknot se musiek is gevaarlik



Etienne Marais
Jun 13th 2009, 01:11 PM
Nie net Eminem nie maar ek is ook as 'n Christen teen Slipknot se musiek gekant. Ek weet nie wie van julle onthou nog die storie van Morne Harmse wat gese het satan het gese hy moet moor nie. Hy was as gevolg van Slipknot se musiek onder die invloed van satan gewees. Hulle musiek bavat goed wat baie satanisties is en dit moet glad nie geluister word nie. Tieners kan eerder Gospel rock musiek luister as hulle hou van rock musiek want Slipknot se musiek doen niks goed vir ons samelewing nie. Bly weg van hulle musiek af!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Son of the South
Jun 14th 2009, 09:38 AM
Hi Etienne

Dat daar baie satanies geÔnspireerde musiek daar buite is, is 'n feit.

Ongelukkig het Satan 'n paar sogenaamde "Christelike" Rockgroepe ook in sy kloue. So moes ek ook twee van my CDs laasjaar vir die kaggelvuur voer.

Ek het 'n stelletjie van 4 DVDs getiteld "They Sold Their Souls for Rock & Roll". (Eintlik het ek net die laaste drie van die stelletjie van vier, maar dit ter syde). Jy sal na jou asem snak as jy sien hoe hierdie mense nie net "effens van die pad af" is nie, maar toegeweide satansaanbidders. Luister: HULLE IS NIE JOU VRIENDE NIE! As iets nie reg is met jou gees as jy na sekere musiek luister nie, wees dan maar gehoorsaam en SMYT DIE GOED DAT DIT DOER TREK!


Nie net Eminem nie maar ek is ook as 'n Christen teen Slipknot se musiek gekant. Ek weet nie wie van julle onthou nog die storie van Morne Harmse wat gese het satan het gese hy moet moor nie. Hy was as gevolg van Slipknot se musiek onder die invloed van satan gewees. Hulle musiek bavat goed wat baie satanisties is en dit moet glad nie geluister word nie. Tieners kan eerder Gospel rock musiek luister as hulle hou van rock musiek want Slipknot se musiek doen niks goed vir ons samelewing nie. Bly weg van hulle musiek af!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Etienne Marais
Jun 14th 2009, 02:05 PM
Baie dankie dat jy ook se Slipknot se musiek is duiwels goed. Ek waardeer dit baie. Ek koop net Gospel CD's en luister graag Gospel musiek. Om verkeerde goed soos Eminem, Slipknot, Britney Spears en 50 Cent te probeer is die heel laaste ding wat ek sal doen. Daardie musiek is verkeerd en moet nie geluister word nie. Bly weg daarvan want dit is verkeerd.

Son of the South
Jun 14th 2009, 05:03 PM
My persoonlike voorkeur in musiek is om te luister na goed waar mens die lirieke mooi kan uitmaak. M.a.w. ek wil kan hoor presies wat daar gesing word. En as jy vir my sÍ dit is 'n Christelike groep, dan wil ek glo dat hulle nie skaam sal wees om die Naam te gebruik nie: iewers in hulle lirieke sal hulle dit duidelik maak dat dit JESUS CHRISTUS is wat hulle aanbid en wil verheerlik.

Dis maar net my 2c.