PDA

View Full Version : Raak my nie aan nie.

Henry
Jun 13th 2009, 07:36 PM
Jesus sÍ vir Maria,
(Joh 20:17) Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

'n Paar dae later sÍ Hy, (Joh 20:27) Daarna sÍ Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.

Waarom mag Thomas hom aanraak, maar Maria nie?

marline
Jun 14th 2009, 11:29 AM
Dis mos logies, Henry, toe die ander HOM mag aanraak was HY reeds by die Vader. Daar was 'n teitsverloop tussen die 2 gebeurtenisse.

Henry
Jun 14th 2009, 12:00 PM
Dis mos logies, Henry, toe die ander HOM mag aanraak was HY reeds by die Vader. Daar was 'n tydsverloop tussen die 2 gebeurtenisse.

So, Hy is gou gou hemel toe en toe kom Hy terug!!:idea: Ek wonder wat het Hy daar gaan maak.

Ta-An
Jun 14th 2009, 01:20 PM
Dear Henery

Volgens Matt, het hulle Sy voete aangeraak en gebid...

Wat sÍ die Grieks??:hmm::hmm:

Ta-An
Jun 14th 2009, 01:25 PM
Weet jy wat..... miskien wou Maria, soos 'n vrou dalk sou doen Hom vashou sodat Hy nie weer weg gaan nie....vasklou.... waar vir Thomas het dit gegaan oor bevestiging van geloof :hmm:

Henry
Jun 14th 2009, 04:01 PM
Dear Henery

Volgens Matt, het hulle Sy voete aangeraak en gebid...

Wat sÍ die Grieks??:hmm::hmm:

Ek is jammer as ek jou onder die indruk gebring het dat ek Grieks ken. Ek gebruik maar net Strongs en as dit by die nuanses van die taal kom, I am stumped. :B

Dis die ander weergawe van die opstanding. Moontlik kan mens dieselfde daaruit aflei, maar ek wil nie goeters in die teks inlees wat nie daar staan nie.

Henry
Jun 14th 2009, 04:02 PM
Weet jy wat..... miskien wou Maria, soos 'n vrou dalk sou doen Hom vashou sodat Hy nie weer weg gaan nie....vasklou.... waar vir Thomas het dit gegaan oor bevestiging van geloof :hmm:

Dis net een van daai "nice to know" goed en geensins belangrik nie. :D Of is dit dalk? Weetie.

Ta-An
Jun 14th 2009, 04:03 PM
Maria het dit nie betwyfel dat dit Hy was nie, Thomas het getwyfel...

Henry
Jun 14th 2009, 04:15 PM
Maria het dit nie betwyfel dat dit Hy was nie, Thomas het getwyfel...

(Joh 20:17) Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Ek lei hieruit af dat sy Hom nie moet aanraak nie omdat Hy nog nie opgevaar het nie. Maar dan sÍ Hy "gaan sÍ vir hulle ek gaan gou gou* opvaar."

* Ek het dit bygevoeg ter wille van 'n verduideliking oor hoe ek dink. Ek kan verkeerd wees, maar dis maar net 'n interessante ding wat ek opgemerk het en soos Fila iewers gesÍ het, Niks staan sonder rede in die Bybel nie.

Ta-An
Jun 14th 2009, 04:46 PM
Hier (http://www.hpcministries.co.za/html/hpc_resources_16.html)is 'n R20 CD wat jou dalk gaan help

Henry
Jun 14th 2009, 04:48 PM
Hier (http://www.hpcministries.co.za/html/hpc_resources_16.html)is 'n R20 CD wat jou dalk gaan help

Antwoord hulle daai vraag op die CD?

Ta-An
Jun 14th 2009, 04:53 PM
(Joh 20:17) Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Ek lei hieruit af dat sy Hom nie moet aanraak nie omdat Hy nog nie opgevaar het nie. Maar dan sÍ Hy "gaan sÍ vir hulle ek gaan gou gou* opvaar."

* Ek het dit bygevoeg ter wille van 'n verduideliking oor hoe ek dink. Ek kan verkeerd wees, maar dis maar net 'n interessante ding wat ek opgemerk het en soos Fila iewers gesÍ het, Niks staan sonder rede in die Bybel nie.Neeeee,Henery, hy het eers 40 dae na sy opstanding opgevaar :rolleyes:

Henry
Jun 14th 2009, 05:02 PM
Neeeee,Henery, hy het eers 40 dae na sy opstanding opgevaar :rolleyes:

Iets maak dan nie sin nie. Sien jy wat?

Ta-An
Jun 14th 2009, 05:13 PM
Niks in gou-gou nie :D

Henry
Jun 14th 2009, 05:19 PM
Niks in gou-gou nie :D

Nee man, lees die eerste pos.

Ta-An
Jun 14th 2009, 05:51 PM
Man, Hy sÍ vir Maria,,,,,, Moenie nou aan my hang nie vroumens, ek kom nie terug om hier op die aarde te bly nie.... moenie nou besitlik raak nie.... loop vertel die ander ek het opgestaan maar ek gaan opvaar na My Vader, en julle Vader... die feit dat Hy distinction maak tussen Hom en ons is om te wys dat op daardie stadium daar is skeiding is, Hy het reeds die dood oorwin... Hy is so stappie vooruit...

Asseblief,,, ek bedoel geen misagting van G_d in die pos nie...:)

Tonton
Jun 17th 2009, 09:14 AM

Ek dink jy raak die antwoord hier - dit wil vir my voorkom of dit oor die motief vir aanraking gaan.

Anton

Die Filadelfieer
Jun 26th 2009, 06:06 AM
Met die vraagstuk rondom Jesus se optanding wat nou weer in die nuus is, kan mens gerus weer na hierdie draad kyk.

Het Jesus letterlik uit die dood opgestaan ?
Natuurlik het Hy ! Sy fisiese opstanding na 3 dae in die graf was 'n laaste teken vir die halstarige jode, en die rede hoekom ons vandag Sy kinders is.

Wat die aard van Christus se liggaam na die Opstanding betref, kan 'n mesn gerus oor gesels : Was dit dieselfde liggaam as wat Christus voor Sy dood gehad het, of was dit 'n verheerlikte liggaam ? (Soos 'n koringaar wat ontkiem en 'n volwaardige plant word )

Was dit nie dalk die rede hoekom Maria nie Vir Jesus mag, of selfs kon aanraak nie ?

Ta-An
Jun 26th 2009, 07:56 AM
.

Wat die aard van Christus se liggaam na die Opstanding betref, kan 'n mesn gerus oor gesels : Was dit dieselfde liggaam as wat Christus voor Sy dood gehad het, of was dit 'n verheerlikte liggaam ? (Soos 'n koringaar wat ontkiem en 'n volwaardige plant word )

Was dit nie dalk die rede hoekom Maria nie Vir Jesus mag, of selfs kon aanraak nie ?Fila, daar word gemeld dat Thomas wel die Here se liggaam aanraak om die kruisigings wonde te bevestig... dus daar nie 'n probleem dan vir aanraking was nie..

Ta-An
Jun 26th 2009, 07:59 AM
Met die vraagstuk rondom Jesus se optanding wat nou weer in die nuus is, kan mens gerus weer na hierdie draad kyk.

Het Jesus letterlik uit die dood opgestaan ?
Natuurlik het Hy ! Sy fisiese opstanding na 3 dae in die graf was 'n laaste teken vir die halstarige jode, en die rede hoekom ons vandag Sy kinders is.

Ek sien nou die dag 'n "dokumentÍr" oor die opstanding..... grafte. kiste ens. en hulle beweer/bewys dat Sy liggaams beendere nog steeds in 'n kis is!!! Ek was so ontsteld dat hulle sulke goed 'dokumentÍr' kan noem :B

Die Filadelfieer
Jun 26th 2009, 08:05 AM
Ta-An,
Jesus se kruissigingswonde bevestig aan Thomas eerstens Sy identiteit, en tweedens dat Hy inderdaad uit die dood opgestaan het.
Kan 'n mens dus aanneem dat dit presies dieselfde liggaam was wat gesterf het ?

Ta-An
Jun 26th 2009, 08:13 AM
Fila, die Skrif sÍ verheerlikte liggaam.... waaraan ook ons gelykvormig sal word.... dus sonder skete en pyne..... dog het Syne littekens in...:hmm: as herinnering aan dat Hy vir ons gesterf het.

Die nie-aanraak van Maria sou dus Sy verheerlikte liggaam 'besoedel' die aanraak van Thomas was vir sy geloofsbevestiging... ??

Ta-An
Jun 26th 2009, 08:20 AM
:idea:1 Kor 6:20 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=46&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=20) Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Die dissiples het nog nie die Gees van G_d ontvang nie...... en Christus was klaar deur die dood.... Hy het wel nog nie na die Vader opgevaar nie..... maar was Hy al met die Gees vereening?? ...seker nie,,,, iets oor oordraging van geeste deur aanraking kom in my kop.....

ek kom terug gaan eers werk,,,;)

Tonton
Jun 26th 2009, 08:36 AM
Ek sien nou die dag 'n "dokumentÍr" oor die opstanding..... grafte. kiste ens. en hulle beweer/bewys dat Sy liggaams beendere nog steeds in 'n kis is!!! Ek was so ontsteld dat hulle sulke goed 'dokumentÍr' kan noem :B

Ja, die leuens het begin toe die wagte omgekoop is by Sy graf...

Matt 28:12-13 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee en gesÍ: Julle moet sÍ: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.

Anton

Die Filadelfieer
Jun 26th 2009, 09:20 AM
1 Cor 15:12 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sÍ sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?
13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

Tonton
Jun 26th 2009, 11:01 AM
Wat my tref is hoedat die omkopers, wetend dat hierdie Christus wie hulle verwerp het en geglo het nie die Messias is nie, steeds by hul oortuigings gebly het nadat hulle self gesien het Hy het opgestaan.

Dit wys net hoe vas jy kan wees aan lewelose vormgodsdiens. Die ouens se posisie in die samelewing het hulle verblind van die feit dat hulle self die messias gesien het...

Anton

Die Filadelfieer
Jun 26th 2009, 11:23 AM
Wat my tref is hoedat die omkopers, wetend dat hierdie Christus wie hulle verwerp het en geglo het nie die Messias is nie, steeds by hul oortuigings gebly het nadat hulle self gesien het Hy het opgestaan.

Dit wys net hoe vas jy kan wees aan lewelose vormgodsdiens. Die ouens se posisie in die samelewing het hulle verblind van die feit dat hulle self die messias gesien het...

Anton

Daardie tekste het my nog nooit so getref totdat jy bogenoemde geskryf het nie .....nou is ek ook 'n getrefde ! :pp

Hartseer soos wat dit is sien mens bogenoemde ook raak in die hedendaagse Christendom : onversetbare en onleerbare geeste wat glo hulle en hulle alleen die waarheid in pag het, en sover sal gaan as om die eintlike waarheid weg te steek om hulle eie punte te bewys

marline
Jun 26th 2009, 05:02 PM
Uit bitterkoue Witbank :eek:.
Jesus het opgestaan, "Luk 24:3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie."
Sy liggaam was weg.
"Joh 20:17 Jesus sÍ vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sÍ vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. "
Nou kon Thomas aan Hom raak want Hy was reeds by die Vader!!!!
Joh 20:27 Daarna sÍ Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig"
na nog baie tekens het Hy opgevaar om te sit aan die regterhand van G_D,
"Act 1:9 En nadat Hy dit gesÍ het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en Ďn wolk het Hom voor hulle oŽ weggeneem. "
:pp:pp Logies My dear Watson!!

Ta-An
Jun 26th 2009, 06:45 PM

:pp:pp Logies My dear Watson!!Marline????
Het Jesus opgevaar hemel toe en weer terug gekom om weer op te vaar?? :hmm:

Hy het 40 dae na opstanding opgevaar hemel toe.... en 10 dae daarna is die Gees op die dissipels uitgestort....

So my Dear Sherlock wat is jou antwoord?? :hmm:

Henry
Jun 26th 2009, 07:04 PM
Marline????
Het Jesus opgevaar hemel toe en weer terug gekom om weer op te vaar?? :hmm:

Interessant. Dit maak nogal sin, nie waar nie.

marline
Jun 26th 2009, 07:12 PM
Marline????
Het Jesus opgevaar hemel toe en weer terug gekom om weer op te vaar?? :hmm:

Hy het 40 dae na opstanding opgevaar hemel toe.... en 10 dae daarna is die Gees op die dissipels uitgestort....

So my Dear Sherlock wat is jou antwoord?? :hmm:

ja, so staan dit geskrywe,

Ta-An
Jun 26th 2009, 07:19 PM
ja, so staan dit geskrywe,
Wat staan geskrywe,,,, want uit jou vorige pos blyk jy te sÍ dat Hy meer as een keer opgevaar het hemel toe..?? :hmm:

marline
Jun 26th 2009, 07:36 PM
Jip Tante Ann, Dit is soos ek dit verstaan. Maria Magdalena mag nie aan Hom geraak het en Hom sodoende ontheilig nie, Hy moes eers opvaar na Sy Vader. Daarna het Hy aan die dissipels verskyn.

Ta-An
Jun 26th 2009, 08:16 PM
Jip Tante Ann, Dit is soos ek dit verstaan. Maria Magdalena mag nie aan Hom geraak het en Hom sodoende ontheilig nie, Hy moes eers opvaar na Sy Vader. Daarna het Hy aan die dissipels verskyn. Hy het net eenkeer opgevaar hemel toe ..... Thomas het Hom gesien voor dan :)

Henry
Jun 27th 2009, 06:53 AM
Man, Hy sÍ vir Maria,,,,,, Moenie nou aan my hang nie vroumens, ek kom nie terug om hier op die aarde te bly nie.... moenie nou besitlik raak nie.... loop vertel die ander ek het opgestaan maar ek gaan opvaar na My Vader, en julle Vader... die feit dat Hy distinction maak tussen Hom en ons is om te wys dat op daardie stadium daar is skeiding is, Hy het reeds die dood oorwin... Hy is so stappie vooruit...

Is dit jou interpretasie van die gebeure? As dit is en jy is tevrede daarmee, kan ander dit mos anders interpreteer en dis ook reg of hoe?

Nou ontstaan die vraag, as Hy een keer gou gou opgevaar en terugekom het, wat het Hy die eerste keer daar gaan maak?

Tonton
Jun 27th 2009, 01:19 PM
ja, so staan dit geskrywe,

Marline, ek kry ook nie die skrif nie. Waar staan dit?

Dankie,
Anton

Henry
Jun 27th 2009, 03:49 PM
Marline, ek kry ook nie die skrif nie. Waar staan dit?

Dankie,
Anton

Anton, dis in Joh 20:17. Die stukkie wat ek in die OP aangehaal het.

Ta-An
Jun 28th 2009, 01:57 PM
Is dit jou interpretasie van die gebeure? As dit is en jy is tevrede daarmee, kan ander dit mos anders interpreteer en dis ook reg of hoe?

Nou ontstaan die vraag, as Hy een keer gou gou opgevaar en terugekom het, wat het Hy die eerste keer daar gaan maak?Nou weet jy miskien?? :hmm:

Henry
Jun 29th 2009, 11:14 AM
Nou weet jy miskien?? :hmm:

Nie werklik nie, maar toe ek dit lees toe begin ek dink oor die moontlikhede. Die een wat vir my die meeste sin maak is dat Hy as die Vlekkelose Lam voor Sy Vader verskyn het en Sy bloed oor die "mercy seat" gaan uitgooi het. Nadat Hy dit afgehandel het, het Hy teruggekom vir die "grand finale". :D

Ek weet nie of dit belangrik is nie, maar dis interessant om daaroor te dink, nie waar nie?

Tonton
Jun 29th 2009, 01:57 PM
Anton, dis in Joh 20:17. Die stukkie wat ek in die OP aangehaal het.

Dankie Henry, maar ek soek die skrif wat sÍ dat Jesus by Vader was nadat Hy vir Maria gesÍ het om Hom nie aan te raak nie (Joh 20:17), maar voordat Hy Homself deur Thomas laat aanraak het. Ek lei af dat dit hierna is wat Marline verwys, maar ek is nie seker of dit haar argument is nie. (Sien Posts # 31-34 hierbo)

Anton

Henry
Jun 29th 2009, 03:23 PM
Dankie Henry, maar ek soek die skrif

Anton

Anton, daar is nie 'n skrif wat dit uitspel nie, maar die volgorde van gebeure en die voorwaarde verbonde daaraan, maak dit 'n logiese gevolgtrekking.

Moenie my aanraak nie, want... (voorwaarde om aan Hom te kan raak)

en 'n rukkie later sÍ Hy, Kom raak aan my en bevestig...

Wat het tussen daardie twee gebeure plaasgevind? Die voorwaarde is nagekom. Dis al wat sin maak. Hoe anders sou mens dit verklaar?

Dis myns insiens net 'n "nice to know" ding en nie baie belangrik nie.

Henry

Tonton
Jun 29th 2009, 04:10 PM

Henry,

Ek hoor jou, en het nie 'n beter verklaring nie, maar ek glo nie Hy het twee keer opgevaar nie.

God is egter alomteenwoordig...

Ek stem beslis saam dat dit net 'n "nice to know" ding is, en dat dit niks doen oor ons saligheid nie.

Groete in Jesus,
Anton

Henry
Jun 30th 2009, 06:24 PM
Ek hoor jou, en het nie 'n beter verklaring nie, maar ek glo nie Hy het twee keer opgevaar nie.

Nou het ek jou verloor broer. :D

Tonton
Jul 1st 2009, 02:55 PM
Nou het ek jou verloor broer. :D

Jesus was mos by beide Maria en Thomas voordat Hy opgevaar het na die hemel. As ons sou argumenteer Hy was by Thomas nadat Hy by Vader was, meen dit dat Hy voor die opvaarding reeds by Vader was. Dus twee keer.

Anton

Kobus Dippenaar
May 7th 2011, 10:47 AM
Kyk bietjie na Hebreers 9.
Daar is iets in omtrent Jesus se bloed en versoening en dan ook die "mercy seat" in die hemel. In die OT het die Priester met sy diens wat hy verrig het in die allerheiligste geloop en gese "Moet my nie aanraak nie" - Hy moes volgens my alleen daar gewees het. Maar sou iemand hom aanraak sou hy onrein wees en dan moet hy alles weer van vooraf doen. Ek sal weer hieroor gaan nalees.