PDA

View Full Version : Oom Angus se preek in Londen.



Henry
Jun 24th 2009, 05:01 AM
Hier (http://www.sagemeente.com/Media/PlayMedia.aspx?download=file&media_id=31552&file_id=34096) kan julle die preek van Oom Angus in Londen aflaai. Dis die eerste keer dat ek hom gehoor het.

Tonton
Jun 24th 2009, 07:48 AM
Dankie!

Sal hom hierdie naweek luister.

Die oom is darem aan die woel, nÍ?

Anton

Ta-An
Jun 24th 2009, 10:32 AM
Dankie vir die link... ek hoor 'n ghele paar paartjies wat sommer net saam gebly het, het na die tyd gevra dat hy hulle asb. in die huwelik sal bevestig :pp

Wat sÍ doe Bybel oor 'n :"A Prophet is without honour in his own town...?" of so iets :hmm:

Ek is so bly Oom Angus laat hom deur die Here gebruik :pp

Hannelie Pretorius
Jun 24th 2009, 11:52 AM
Hi julle

Die 2 goed wat my die meeste van oom Angus raak wat hy sÍ is:
1) Goeie mense kom nie in die hemel nie, gelowiges wel.
2) As iemand net na hom luister of kyk en nie Bybel lees nie, moet hy onmiddelik sy radio of TV afsit en sy Bybel gaan lees.

Dit sÍ vir my hy is waarlik 'n kind van die Here.

Tot later

Die Filadelfieer
Jun 24th 2009, 12:21 PM
... ek hoor 'n ghele paar paartjies wat sommer net saam gebly het, het na die tyd gevra dat hy hulle asb. in die huwelik sal bevestig :pp



12 paartjies as ek reg verstaan .... dit wil gedoen wees !

Hoe kan dit nie die Heilige Gees wees wat in hierdie mense se harte gewerk het nie ?
Saambly en saamslaap voor die huwelik is so aanvaarbaar deesdae dat ek sukkel om te glo dat dit bloot menslike skuldgevoelens was wat hierdie mense tot so 'n drastiese stap gedwing het.


( NS : Verbeel jou die telefoongesprekke na die tyd : " Ma-An , dis sussie hier uit Londen uit ....raai wat ..... )

Ta-An
Jun 24th 2009, 01:28 PM
( NS : Verbeel jou die telefoongesprekke na die tyd : " Ma-An , dis sussie hier uit Londen uit ....raai wat ..... ) :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: :pray: