PDA

View Full Version : Inligting Wie was die "Puritane"?



Gene
Jun 26th 2009, 09:50 AM
Ek is tans besig met verdere studie in Bybelse berading, en moet onder andere ‘n boek van John MacArthur deurwerk. Daarin het ek vir die eerste keer die term “Puritans” gehoor. (Ek neem aan die Afrikaanse woord is “Puritane”) Soos ek kan aflei, was die “puritane” ‘n groep hervormers in Engeland gedurende die 16de en 17de eeu, wat o.a. ‘n positiewe invloed op die ontwikkeling van Bybelse berading gehad het.

Nou is ek nuuskierig. Dis vir my vreemd dat ek nog nooit voorheen die term gehoor het nie. Ek sal graag wil weet of iemand hier nie dalk meer inligting oor hierdie engelse “Puritane” kan verskaf nie. Presies wie was hierdie mense, en wat het hulle geglo? Watter invloed het hulle op die transformasie gehad?

Die Filadelfieer
Jun 26th 2009, 10:26 AM
Ek het nogals oor dieselfde ding (http://bibleforums.org/showthread.php?t=150458&highlight=puritane)gewonder so 'n ruk terug.


Hulle het op 'n kol Kersfees ook verban ! :pp

Gene
Jun 26th 2009, 11:36 AM
Ek het nogals oor dieselfde ding (http://bibleforums.org/showthread.php?t=150458&highlight=puritane)gewonder so 'n ruk terug.


Hulle het op 'n kol Kersfees ook verban ! :pp

Haai, ek het daardie gesprek gemis..... maar dan moet ek ter versagting byvoeg, dit het in Desember plaasgevind, en daardie tyd van die jaar het ek gewoonlik net een ding op die brein - VAKANSIE!!!! So dis geen wonder nie......

Dankie Fila, ek gaan gou so bietjie lees.

Philip dT
Jun 28th 2009, 04:10 PM
Hulle staan in Afrikaans bekend as die "Puriteine."

Gereformeerd en baie ingestel op persoonlike heiligheid.

Gene
Jul 2nd 2009, 06:25 AM
Ek het intussen so bietjie opgelees oor die "Puriteine" (dankie Philip) Hulle was "awesome" mense! Absoluut ingestel op heiligheid, met God sentraal in alles en die Woord as basis vir alles. Sekerlik was daar ook foute, maar hulle opregtheid en die integriteit wat hulle nagestreef het, raak aan my hart - voorwaar 'n voorbeeld vr ons vandag!

Veral hulle benadering tot berading is iets wat my beindruk. Hulle het geglo dat sonde die oorsaak is van alle menslike emosionele en geestelike probleme, en dat iemand nie gehelp kan word as hy/sy nie eers by God uitkom nie.... Hulle het geglo dat die mens se selfgesentreerdheid die kern van meeste probleme vorm, en dat wanneer God eerste kom in ALLES, meeste probleme opgelos sal wees. Miskien effens oorvereenvoudig, maar myns insiens beslis 'n siening wat deur meer beraders vandag gehandhaaf behoort te word.

Dit net so terloops.