PDA

View Full Version : Benodig raad Gebed vir my seun



manieverster
Jun 27th 2009, 10:26 AM
Wel, hy is eintlik my stiefseun maar alhoewel ek en hy al baie vasgesit het in die verlede en ek hom al beskuldig het dat hy aan sy ma se roks pante vasklou is hy nogtans soos my eie seun vir my. Hy het my selfs al Pa genoem en wanneer hy suksesse het is ek net so trots op hom. Sy ma dink natuurlik anders. Sy, enige vrou eintlik, verstaan nie manne se vehoudings met mekaar nie. Ek wil he hy moet op sy eie voete staan maar sy ma dink ek wil hom net uit die huis uit jaag. Wel, die jongman het nou al 'n paar liefdes teleustellings in sy lewe gehad en die laaste een was net te veel vir hom. Hy het homself nou gewend na dwelms.:cry::cry::cry: Ja, ek huil snot en trane en ek het nou al so gebid vir wysheid van die Here af en ek was al kwaad en wou hom uit die huis uit smyt maar ek kan dit nie doen nie. Ek vra myself Wat Sou Jesus Doen! Ek is raadop, het nou al so geworstel met die Here. Bid en advies groot asseblief!!!:B:help:

Tonton
Jun 27th 2009, 12:38 PM
Manie, Ek bid saam met jou vir die seun.

My advies is dat jy twee goed doen:

1 - Moet hom NOOIT verwerp nie. Verwerping is die wapen van satan. Dit verbreek verhoudings, en los nie die kern van die probleem op nie.

2 - Moet nooit sy verkeerde gedrag as aanvaarbaar beskou nie. Hy moet weet jy is lief vir hom, maar dat sy gedrag verkeerd is.

Ek wil sterk aanbeveel dat jy goeie tyd met hom spandeer. Gaan veld toe met 'n tent en 'n Bybel. Lees vir hom, en bid met hom en vir hom. Wees 'n plek waar hy veilig voel en ondersteuning kry.

Groete,
Anton

manieverster
Jun 27th 2009, 02:27 PM
Manie, Ek bid saam met jou vir die seun.

My advies is dat jy twee goed doen:

1 - Moet hom NOOIT verwerp nie. Verwerping is die wapen van satan. Dit verbreek verhoudings, en los nie die kern van die probleem op nie.

2 - Moet nooit sy verkeerde gedrag as aanvaarbaar beskou nie. Hy moet weet jy is lief vir hom, maar dat sy gedrag verkeerd is.

Ek wil sterk aanbeveel dat jy goeie tyd met hom spandeer. Gaan veld toe met 'n tent en 'n Bybel. Lees vir hom, en bid met hom en vir hom. Wees 'n plek waar hy veilig voel en ondersteuning kry.

Groete,
Anton
Anton, baie dankie vir jou ondersteunende woorde en nee, ek sal hom definitief nie verwerp nie. Die Bybel en tent idee veld toe is self waaraan ek al gedink het. Ongelukkig moet die mannetjie werk die naweek maar ek gaan daai definitief in gedagte hou. Ekdink dit sal ons altwee goed doen om alleen saam weg te gaan. Ek het hom alreeds mooi verduidelik dat dit nie aanvaarbaar is wat hy doen nie en hy het my verseker hy het dit nog net 1 of 2 keer gebruik en nog nie weer nie. Ek hou hom fyn dop enbid baie hard.

protea
Jun 27th 2009, 04:33 PM
Manie , Anton se raad is kosbaar . Ons sal bid dat die Here jou seun uit die mag van satan sal wegruk. Sy selfbeeld is baie laag op die oomblik a.g.v. die verwerpings wat die gevolg is van die gebroke verhoudings. Die opbou van n selfbeeld terwyl hy moet weet dat jy sy gedrag nie goedkeur nie , is nie maklik nie. Maar die Heilige Gees sal jou die nodige wysheid gee om jou seun weer terug te wen sodat julle as gesin sal uitjubel : Ek en my huis sal die Here dien!:pp

Ta-An
Jun 27th 2009, 05:58 PM
:cry:

:hug:

Dis net die liefde van Jesus wat hulle uit kan help....

Die Filadelfieer
Jun 29th 2009, 05:44 AM
Ek bid ook vir jou Manie.
Dit hang natuurlik van die tipe dwelm af wat ter sprake is, maar met sommige dwelms gaan jy dalk mediese hulp nodig h om die verslawing te breek.

Tonton
Jun 29th 2009, 11:20 AM
Manie,

Sommige middels is verslawend na so min as een blootstelling, so jy moet versigtig wees. Ek stel voor jy vind uit wat hy gebruik het, en vind meer hieroor uit.

Die webtuiste www.settingcaptivesfree.com bied gratis, Bybel-gebasseerde, Jesus-gefokusde kursusse aan om mense te help wat "captive" is aan enige vorm van verslawing.

Die kursusse leer jou (hom) om die Lewende Water te soek, en die verleidelikhede van satan te weersteen.

Hoop dit help.

Anton

manieverster
Jul 1st 2009, 06:06 AM
Soos gewoonlik is ek nie teleurgestel hier by die Lighuis nie want die lig skyn hier dag en nag. Ek het geweet ek kan op julle ondersteuning staatmaak. Dankie ouens, ek het vir Juan in die Here se hande gesit en ek vertrou dat Hy agter hom sal kyk. Ek wil graag vandag se vers 'n dag van bybel.co.za met julle deel en ek hoop dat die goeie deel hiervan op Juan van toepassing sal wees. Die gebruik van my naam hierin is toevallig heeltemal fiktief.


Wat sal jy kies? (Psalm 14; Deuteronomium 30)
Deur: Benescke Botha

Het jy die prentjie Saterdag op Loftus dopgehou toe die eindfluitjie geblaas is? Het jy die verligting en opgewondenheid van die Springbok-ondersteuners gesien? Kon jy die pyn en teleurstelling op die Britse Leeus se gesigte lees? Besef jy dat daar n skare is wat jou ook vandag dophou? En die keuses wat jy vandag maak, sal bepaal wat hulle reaksie gaan wees ...

Die gedugte krygers aan weerskante van die vallei stap nou doelgerig nader. Op die oog af lyk hulle identies. Stap egter nou nader en jy sien n kontras wat koue rillings teen jou ruggraat laat afgly.

Aan die een kant van die vallei is die krygers lank, sterk en groot gebou. Hulle goue wapenrusting pas perfek en glinster in die lig. Uit elke kryger se o straal ongekende liefde en vrede.

Aan die oorkant van die vallei is dit egter n donker, onheilspellende gevoel wat jou begroet. n Boosheid wat jou na jou asem laat snak. In stede van goue wapenrustings, is dit swart skubbe wat hierdie gedrogte bedek. In stede van liefde en vrede, is dit haat wat uit elke gedrog se o skyn.

Dan besef ek met n skok. Dit is die hemel se weermag aan die een kant en die hel en sy demone aan die ander kant. Hier waar hulle nou op die rante van die vallei staan, het hulle gekom om na n wedstryd te kyk en dt wat op die skerm in die middel van die vallei afspeel ... Ek kyk n oomblik lank na die skerm.

In die laatmiddag-spitsverkeer op pad huis toe sien ek vir Manie. Instinktief is dit asof ek alles van hom af weet. Dat hy n suksesvolle besigheidsman is. n Louwarm Christen. Dat Manie en sy vrou Suzette huweliksprobleme het. Hier waar Manie in die verkeer sit, sit hy ook voor n keuse: Gaan hy huis toe waar hy vanaand saam met sy vrou na die huweliksberader sal gaan of gaan hy na die hotelkamer in die stad waar sy sekretaresse reeds op hom wag?

Skielik flits die skerm na Trisia waar sy alleen in haar klein woonstelletjie sit en huil. Instinktief weet ek dat hierdie enkelma van drie kinders n rowwe lewe gehad het voor haar bekering n paar maande gelede. Ek weet nie net dat haar drie kinders elk n verskillende pa het nie, maar dat sy ook hard probeer om n nuwe lewe te begin, weg van haar drankverslawing. Tog, n uur gelede het sy die nuus gekry dat sy haar werk verloor het. Hier waar sy nou na die Whiskey-bottel op die kombuiskas sit en kyk, sit sy voor n keuse: Gaan sy na God draai, of sal sy haar sorge wegdrink?

Dan flits die skerm na Jonathan wat laatnag voor sy rekenaar sit. Hoe hard hy ook al probeer om dit te ontken is sy pornografieverslawing besig om die oorhand te kry. Vir n oomblik sluit Jonathan sy o en hy moet kies: Gaan hy sy rekenaar afsit of gaan hy die gebied van die verbode webwerwe betree?

Dan besef ek met n skok. Hierdie krygers aan weerskante van die vallei ken nie net vir Manie, Trisia en Jonathan nie. Hulle ken elke persoon op aarde ook vir jou en my. Op hierdie oomblik hou hulle ons ook met afwagting dop. Hulle wil kyk watter keuses ons gaan maak.

Ek wil vir n oomblik na Manie uitskree om huis toe te gaan. Na Trisia om die bottel drank uit te gooi. Na Jonathan om die rekenaar af te sit. Maar ek besef: Elkeen moet self di keuses maak. En elkeen van ons moet self die gevolge daarvan dra.

Skielik is daar n opgewonde gejuig van die hemel se weermag. Ek staan nader en kyk na die skerm. Net betyds sien ek nou hoe Manie van die hotelkamer af wegdraai, hoe hy sy foon optel en n SMS vir die sekretaresse stuur dat hy nooit weer na die hotel sal kom nie. Dan is daar nog n gejuig. Dit is Trisia. Deur haar trane sien ek hoe sy nou besig is om die bottel drank by die drein af te gooi. Sy het haar vertroue in God geplaas.

Maar dan word dit effens stiller voordat die bose gelag en skree opklink. n Boosheid wat koue rillings teen my ruggraat afstuur. Dit is Jonathan. Hy het voor die versoeking geswig. Hy het die kuberruimte na die verbode webtuistes ingereis ...

Deuteronomium 30:19 Ek roep die hemel en die aarde op om getuies te wees dat ek julle vandag die keuse gee tussen lewe en voorspoed en die dood en tespoed. Kies die lewe.

Psalm 14:2 Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar een verstandige is een wat na die wil van God vra.

In watter situasie sit jy vandag? Gaan jy die waarheid praat? Gaan jy jou woord hou selfs al kan dit jou skade berokken? Gaan jy met integriteit optree? Of gaan jy die maklike uitweg kies? Onthou, vandag is dit nie die skare toeskouers op Loftus wat jou dophou nie, maar die hele hemel. Wag, as jy mooi luister kan jy dalk hoor hoe hulle na jou uitroep om die regte keuses te maak! Sterkte!

Vader God, dankie dat ek kan weet dat U o op my hou vandag. Dankie dat ek U vandag kan vra om my sterk te maak om die regte keuses te maak. Help my om U vandag trots te maak met my keuses. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Ek wil graag julle gedagtes hoor.
O ja, Juan het my verseker dat dit net een of twee keer gebeur het en dat hy dit nou nie mee gebruik nie. Ek weet dat met dwelms dit nie so maklik is nie maar met julle aanhoudende gebede en myne en my wat hom my volle ondersteuning gee, en bowen alles die Here se hulp sal hy die regte ding doen.:pp:pp:pp:hug:

Die Filadelfieer
Jul 2nd 2009, 05:43 AM
Hierdie is werklik 'n treffende stuk en het my erg aan die dink gesit, baie dankie dat jy dit met ons deel Manie.

manieverster
Jul 2nd 2009, 07:17 AM
Hierdie is werklik 'n treffende stuk en het my erg aan die dink gesit, baie dankie dat jy dit met ons deel Manie.
En hoe?! En toe ek die lees besef ek dat Juan (my seun) ook sy eie besluit moet neem - vir of teen dwelms. Maar weet jy Fila, ek kan vir hom bid en hom leiding gee wat nie al die mense op die aarde het nie. Weet jy, ek wil so graag met hom sit en gesels maar die woorde droog op en ek kan maar net se: Ek is hier vir jou. Net soos Jesus ook hier is vir ons.Ons het al die gebede nodig wat ons kan kry.
Ek het darem ook nou hulp gekry van iemand wat self daardie paadtjie geloop het.:pray::pray::pray::pray::pray::pray::pray::pra y:

Ta-An
Jul 2nd 2009, 07:24 AM
Deuteronomium 30:19 Ek roep die hemel en die aarde op om getuies te wees dat ek julle vandag die keuse gee tussen lewe en voorspoed en die dood en tespoed. Kies die lewe.

Here, help ons om elke dag die lewe in U te kies :pray:

manieverster
Jul 2nd 2009, 07:38 AM
:pray:As julle die storie oor die hemelse en helse weermagte geniet het wil ek julle graag nooi om in te teken vir vers 'n dag by die volgende skakel. Dit kos niks en nee, ek kry nie kommissie nie. Ek vind dit baie opbouend en leersaam. http://listmail.mattelo.co.za/?p=subscribe&id=2
Hier is vandag s'n. Dit voel of die Here hier direk met my praat oor my seun en gebed.


HY HOOR AS JY BID... (PSALM 18, 65, 66)
Deur: Benescke Botha

27 Junie 2008. Wimbledon.

Dit was 7 uur die Vrydagoggend toe ek en my suster met ’n swaar hart verby die lang ry mense stap. Mense wat reeds die vorige aand hier in Londen aan die buitekant van die Wimbledon-arena kom kampeer het om die lang ry vry te spring. Met “lang ry” bedoel ek dat jy tot vyf ure lank kan staan en wag om aan die binnekant van die arena te kom as jy enigiets na 8:00 daar opdaag.

My plan was ook om hierdie ry te mis. Ons het immers by vriende oornag wat letterlik net ’n 100 meter van die Wimbledon-ingang bly. Toe, laat die Donderdagaand het ons die nuus gekry dat my suster se visum vir ons beplande Europa-toer (waarop ons die Sondag sou vertrek) nog nie gearriveer het nie. Ons moes dus terug na die ambassade gaan.

Omdat ek net vir ’n paar dae by haar gaan kuier het, het ons ’n beperkte skedule gehad en Vrydag was die enigste dag dat ons Wimbledon sou kon bywoon. Vir my, die opportunis, was die “stap verby die bane”-gedeelte dus ’n geweldige bitter pil om te sluk. Ons was dan so naby. Uit pure frustrasie het ek net daar sommer klip hard in Afrikaans gebid: “Ag, Here. U weet hoe graag ons hier wou ingaan. Ek bid dat die visumprobleme gou uitgesorteer word. En ek bid dat wanneer ons vanmiddag terugkom, ons nie so lank in die ry hoef te staan nie.”

Die uur of twee waarop ek gehoop het dat ons die visumprobleem sou uitskakel, het egter gou agt geword. Later het ek nie eens meer op my horlosie gekyk nie.

Kort voor vyfuur het ons eindelik met groot verligting die ambassade verlaat. Visum in die hand. Nou het ons tog terug na die Wimbledonbane en die lang ry begin.

Groot was die verbasing toe ons egter na net ’n uur se wag in die ry die arena betree. Ons was nog besig om soos tipiese Chinese toeriste van alles en almal rondom ons foto’s te neem toe twee Australirs reg op ons afpyl met die woorde: “Do you want to go and watch the game?” Vir ’n oomblik wou ek nog vra: “Which game?” aangesien daar maklik twintig wedstryde op een slag in die arena gespeel word. Dit is toe dat ek die woorde op die twee kaartjies lees wat hy na ons uithou: Centre Court. Hulle was op pad huis toe en ons kon hulle kaartjies oorvat. Absolute ekstase!

Tien minute later sit ons toe saam met heelwat adellikes op van die beste plekke op die hoofpaviljoen. En voor ons? Serena Williams wat Amlie Mauresmo in twee stelle verslaan! Later sou ons uitvind dat een so kaartjie eintlik sowat 675 (R8708.05) kos...

Het God my gebed daardie oggend gehoor? Ek betwyfel dit vir geen oomblik nie. Luister Hy vandag na jou gebede? Vir seker. Luister net hoe Dawid na God in Psalm 65 verwys: “O Hoorder van gebed, na U toe sal alle mense kom.” Ook in Psalm 66:16: “God het my werklik gehoor en na my gebed geluister.” En ook in Psalm 18: “In my nood het ek die Here geroep en God gesmeek om my te help. In sy tempel het Hy my stem gehoor en my gebed het sy ore bereik.”

Besef jy dat God, die Almagtige Skepper van die Heelal vandag in die details van jou lewe belangstel? Besef jy dat hy elke gebed wat in opregtheid en met geloof gebid word hoor - hy het immers daardie oggend na my eenvoudige, maar opregte gebed geluister!

God het jou oneindig lief. Hy wag dat jy Hom ’n kans sal gee om meer van Sy liefde aan jou te kom openbaar. En wees op die uitkyk. Soms is dit op die vreemdste maniere wat hy jou met Sy geskenke en verrassings kom oorrompel. Sterkte.

Vader God, dankie vir U liefde en genade. Dankie dat U betrokke is by elke aspek van my lewe. En dankie dat U werklik ’n verhouding met my as mens wil h. Ek wil U vra om my vandag opnuut bewus te maak van U teenwoordigheid in my lewe. Maak my o oop sodat ek nie U verrassings wat U oor my pad stuur sal mis kyk nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

*Benescke Botha is ’n vryskutskrywer vir verskeie geestelike en inspirasietydskrifte

Ta-An
Jul 2nd 2009, 07:00 PM
O Hoorder van gebed, na U toe sal alle mense kom. Ook in Psalm 66:16: God het my werklik gehoor en na my gebed geluister. En ook in Psalm 18: In my nood het ek die Here geroep en God gesmeek om my te help. In sy tempel het Hy my stem gehoor en my gebed het sy ore bereik.

Manie, een ding weet ek vir seker, die Here hoor ons gebede... Hy hoor!! EN HY ANTWOORD

manieverster
Jul 3rd 2009, 02:24 PM
O Hoorder van gebed, na U toe sal alle mense kom. Ook in Psalm 66:16: God het my werklik gehoor en na my gebed geluister. En ook in Psalm 18: In my nood het ek die Here geroep en God gesmeek om my te help. In sy tempel het Hy my stem gehoor en my gebed het sy ore bereik.

Manie, een ding weet ek vir seker, die Here hoor ons gebede... Hy hoor!! EN HY ANTWOORD
Dankie Ta-An, dis wonderlik hoe die Here werk. Ek hoef nie eens te glo nie want ek WEET dat die Here gebede, opregte gebede, hoor en dan moet ons darem glo wat ons bid ook.
Gister ry ek so in die busen ek kry so oorwelmende begeerte om te bid vir die kinders. Ek het hulle altwee in die Here se hande gesit en weet dat hy agter altwee van hulle sal kyk.:pp:pp:hug:

Etienne Marais
Jul 10th 2009, 01:12 PM
Ek is baie jammer om van u seun te hoor. Ek sal bid dat die Here hom in sy hande sal vashou en sal deur dra.

manieverster
Jul 10th 2009, 09:07 PM
Hallo almal,

Baie Dankie vir julle ondersteuning en dat julle so baie gebid het vir my. Ons het darem nou vasgestel dat hy nie verslaaf is nie en dat dit net 'n eenkeer ding was. Ek het ook hulp gekry en advies ensovoorts van iemand wat self deur die dinge was.:pp:pp

protea
Jul 11th 2009, 11:48 AM
Dis wonderlike nuus Manie! Nou bid ons die Here se beskerming oor hom en sommer oor al ons 'groen koring' op die land . Mag Hy hulle beskerm van die versoekinge wat satan oor hulle pad bring en dring om die regte keuses te maak.:pray:

manieverster
Jul 11th 2009, 07:39 PM
Dis wonderlike nuus Manie! Nou bid ons die Here se beskerming oor hom en sommer oor al ons 'groen koring' op die land . Mag Hy hulle beskerm van die versoekinge wat satan oor hulle pad bring en dring om die regte keuses te maak.:pray:
Dankie Protea, ek waardeer regtig al die gebede en ondersteuning hier. Ek onthou nog toe my pa hulle altyd gepraat van groen koring op die lande en nou is dit my beurt. Ja, genade van Bo is alwat sal help.:pray::pray: