PDA

View Full Version : Bespreking Is daar "verskillende vlakke" in die hemel?

Henry
Jun 30th 2009, 08:20 AM
Ek moet erken ek het nog nie eintlik hierdie onderwerp in diepte bestudeer nie. Ek het iewers gelees dat wanneer Smith Wigglesworth vir siele gebid het, die teenwoordigheid van God so intens was dat party mense dit nie kon hanteer nie en padgegee het. Ander het dit weer met "redelike gemak" hanteer. Sal ek en jy dit kan hanteer?

Gaan jou "mansion" langs God se troonkamer wees of effe verder of baie ver?

Wat sÍ die Bybel hieroor?

Ta-An
Jun 30th 2009, 10:58 AM
Ek is bly daar is BAIE mansions in die hemel :pp

RR van Wyk
Jun 30th 2009, 11:33 AM
Wat is die Hemel presies? Bedoellende tot waar strek sy grense? As die Hemel basies die hele hemelruim is....

Die ruimte is so groot, dat toe die hubble teleskoop 'n donker kolletjie bestudeer, hulle gesien het dat daardie donker kolletjie in werklikheid uit honderde galaksies uit bestaan!

As dit die Hemel is, gaan dit ons 'n ewigheid vat om God se grootheid te aanskou!! Die beste van als is, as jy dit deurgewerk het, kan jy maar van voor begin, want daar waar jy begin het lyk lankal nie meer dieselfde!! :)

Die Filadelfieer
Jun 30th 2009, 12:01 PM

Dit is nou wraggies een van die beste beskrywings van wat die hemel moontlik kan wees wat ek nog gelees het !

Die Bybel praat , soos ek dit verstaan, van drie hemele (nie 7 nie !) : Die eerste is die atmosfeer van die aarde, die tweede is die hemelruim met al die planete en sonnestelsels en dinge wat ons nie eers amper kan begin verstaan nie, en die derde is die hemel waar o.a. God se troon staan.
Klink dit min of meer reg ?

Henry
Jun 30th 2009, 12:01 PM
Wat is die Hemel presies? :)

Met hemel bedoel ek daar waar God bly. Ons kan nou filosofeer oor die nuwe hemel en die nuwe aarde, maar niemand weet hoe dit daar gaan lyk nie. Al wat ons het is die Bybel en die getuienisse van mense wat daar was en teruggekom het.

Henry
Jun 30th 2009, 12:02 PM
Dit is nou wraggies een van die beste beskrywings van wat die hemel moontlik kan wees wat ek nog gelees het !

Die Bybel praat , soos ek dit verstaan, van drie hemele (nie 7 nie !) : Die eerste is die atmosfeer van die aarde, die tweede is die hemelruim met al die planete en sonnestelsels en dinge wat ons nie eers amper kan begin verstaan nie, en die derde is die hemel waar o.a. God se troon staan.
Klink dit min of meer reg ?

Dis soos ek dit ook verstaan.

Ta-An
Jun 30th 2009, 01:25 PM
Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesÍ het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Wanneer Jesus plek gaan voorberei vir ons..... amazing hoe dit gaan lyk...of dalk reeds lyk :pp

RR van Wyk
Jun 30th 2009, 01:31 PM
Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesÍ het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

Wanneer Jesus plek gaan voorberei vir ons..... amazing hoe dit gaan lyk...of dalk reeds lyk :pp

Dit is interresant... Baie wonings.. Die aarde is 'n woning. Beteken dit daar is nog baie ander aardes?

CFJ
Jun 30th 2009, 02:15 PM
Ek hoop nie ek trek nou die draad skeef nie, maar hier is iets wat ek nogal interessant gevind het. Dr. Willie Marais het eendag 'n fiktiewe verhaal oor die hemel vertel, wat basies so gegaan het.

Daar was 'n baie ryk en gesiene ryk vrou, wat feitlik alles besit het wat geld kan koop. Sy het 'n wonderlike bediende gehad en hulle was baie lief vir mekaar, omdat hulle persoonlikhede bepaalde raakpunte gehad het. Die bediende was baie gelowig en a.g.v. hiervan het dit die ryk vrou beÔndruk, soveel so dat sy ook haar eie saak met die Here reg gemaak het. Die bediende het gesterwe en 'n paar jaar later, die ryk vrou ook.

Toe die ryk vrou in die hemel kom, het hulle haar geneem tot by 'n ongelooflike imposante woning, iets wat hierdie ryk vrou geweldig beÔndruk het, want sy het in al haar glorieryke bestaan nog nooit so buitengewone indrukwekkende plek gesien nie. Sy dog eers dit is haar tuiste, toe sy meegedeel word, nee, 'dit is jou bediende se woning'. Dit het haar baie opgewonde gemaak, want as haar bediende so buitengewone plek besit, wat gaan sy nie besit nie!? :pp

So beweeg hulle aan en sy druk ook sommer aan dat hulle maar vinnig moet maak, want sy kan nie wag nie. Net toe, stop hulle by so kleinerige plekkie en sy beveel hulle om eerder te ry, want sy kan werklik nie langer wag om by haar plek te kom nie. Sy word toe meegedeel dat hulle juis by haar plekkie gestop het, dit was 'n netjiese plekkie maar baie plein en niks besonders nie, volgens die ryk vrou se smaak natuurlik.

Die 'punch line' is, dat terwyl jy op aarde is, moet jy reeds nou al die boumateriaal opstuur waarmee jou woning gebou gaan word en hierdie ryk vrou het baie minder boumateriaal as haar geliefde bediende opgestuur... :idea:

Henry
Jun 30th 2009, 03:32 PM

Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op?

Kyk hierdie teks. Siele lÍ God na aan die hart. Dan 12:3 En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.

Sielewenners kry bietjie baie meer glorie as die plebs lyk dit my.

Ta-An
Jun 30th 2009, 05:47 PM
Nou net Demons and Angels gekyk, en saam met die draad my nogals weer net laat besef hoe GROOT G_D is en hoe klein ons is, en tog hoe hy vir ons omgee tot op die detail om te weet hoeveel hare op ons kop is :pp

CFJ
Jun 30th 2009, 10:44 PM
Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op?

Miskien moet ons so draad oopmaak Henry, maar in die oop forum. Ek dink dit kan nogal 'n interessante gesprek raak. Iemand sÍ my so rukkie terug, dat hy die Here gevra het om elke dag iemand na hom toe te stuur wat hy kan bedien. Hy sÍ dit is nogal vreesaanjaend...

Gene
Jul 1st 2009, 06:47 AM
Alhoewel die Bybel dit nie in soveel woorde uitspel nie, is daar beslis aanduidings dat almal nie oor dieselfde kam geskeer sal word in die hemel nie (sommige se loon sal groter as ander s'n wees) Maar Lukas 12:47 se: "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; 48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis."

Hiervolgens is dit duidelik dat daar in die hel verskillende "vlakke" sal wees - die wat nie geweet het nie, sal nie so swaar gestraf word as die wat willens en wetens gesondig het nie. Daarom is ek geneig om te glo dat dit ook in die hemel die geval sal wees. Soos die verhaal wat Ferdi vertel het, sal sommiges beslis beter daaraan toe wees as ander. Dit gaan uit en uit oor wat ons op aarde doen, hoeveel skatte ons in die hemel bymekaar maak (hoeveel boumateriaal ons opstuur)

1 Kor 3:15 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=46&CHAP=3&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=15) "as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen"

Henry
Jul 1st 2009, 09:22 AM
Ek dink vandag, ek moet meer braai. :D Ek glo nie ons gaan dit in die hemel gedoen kry nie, want watse vleis eet mens daar? Watter diere gaan jy slag? Ons gaan almal vegetarians wees.:mad: Tot die leeus gaan seker vrugte eet. :)

Ek soek 'n lekker Afrika styl huis op 'n plot met paar leeus en so aan soos die ou (http://www.youtube.com/watch?v=7nwpg2ipcjM). :D

Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart. :OFFT:, maar dit is mos die topic of hoe?

Henry
Jul 1st 2009, 12:36 PM
Iemand sÍ my so rukkie terug, dat hy die Here gevra het om elke dag iemand na hom toe te stuur wat hy kan bedien. Hy sÍ dit is nogal vreesaanjaend...

Vertel my meer asseblief.

CFJ
Jul 1st 2009, 12:51 PM
Vertel my meer asseblief.

Sy gebed was dat die Here ťlke dag iemand op sy pad moes stuur, wat hy kan bedien. Hy was al baie keer hartseer oor sy eie onvermoŽ, veral die dae wat hy werklik gevoel het hy kan nie bedien nie. Ek het hom nou nie gevra nie, maar ek lei af van ons gesprek dat hy eerder sou wou bid, Here, stuur wanneer U wil, iemand op my pad wat ek kan bedien, so gereeld soos U dit goeddunk en U die beste weet. Hy alleen is immers almagtig en alwetend en mens moet dit seker in ag neem wanneer mens bid.

Mens moet oppas wat jy vir die Here vra as mens dit binne jou raamwerk wil plaas, soos doen dit ťlke dag Here. Dit is beter om die Here te vra om dit te doen soos Hy beter weet en dat die beheer syne bly en mens nie self wil beheer of self wil voorskryf in mens se eie beperktheid nie. Dit hang sekerlik ook af wat die versoek of gebed is, want dit gaan verskil van versoek tot versoek...

Henry
Jul 1st 2009, 12:58 PM

Het hy elke dag toe iemand gekry, maar party dae bietjie "down" gevoel?

mari
Jul 3rd 2009, 08:34 AM
Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op? ........

( tong innie kies )

Die rykste man in die wereld sterf en beland voor die pearly gates ........
Hy vra vir Petrus of hy maar nie 'n bydrae kan maak vir sy blyplek, of vir van die ander wonings nie ...........

Na diepe nadenke en berading met die engele, stem Peterus toe maar in om hierdie keer 'n uitsondering te maak ....... ( hy was 'n uiters vrygewige man op aarde )........ een voorwaarde - net wat die man kan dra ....

Die ou is groot en sterk en kom swoeg en sweet terug met 'n klomp suiwer goudstawe ......

"Ag dankie", se Petrus met 'n laggie ........ "nooit gedink ons plaveistene kan te min word nie .... " .....

:spin: ...........

Ta-An
Jul 3rd 2009, 08:14 PM
Bou materiaal = goeie werke ... :hmm:

CFJ
Jul 4th 2009, 08:23 AM
Het hy elke dag toe iemand gekry, maar party dae bietjie "down" gevoel?

Ek dink hy het gevoel dat op daardie dae hy net verwoesting in God se koninkryk gebring het, nie dat dit noodwendig so is/was nie, maar dis maar hoe hy gevoel het.

Willem
Jul 5th 2009, 08:51 PM
Miskien moet ons so draad oopmaak Henry, maar in die oop forum. Ek dink dit kan nogal 'n interessante gesprek raak. Iemand sÍ my so rukkie terug, dat hy die Here gevra het om elke dag iemand na hom toe te stuur wat hy kan bedien. Hy sÍ dit is nogal vreesaanjaend...

Ek dink die draad sal dalk goed wees ,maar mag die fokus nie dalk uiteindelik skuif na ons werke en weg van die Here nie..? :bounce:

Henry
Jul 5th 2009, 09:14 PM
Ek dink die draad sal dalk goed wees ,maar mag die fokus nie dalk uiteindelik skuif na ons werke en weg van die Here nie..? :bounce:

Willem, die probleem is hoe ons genade verstaan. Alles alles is genade, onverdiende guns alleen. Ons dink ons hoef niks te doen nie. Dus doen ons niks, terwyl die Bybel wel sÍ dat ons baie dinge moet doen. As gevolg daarvan bly ons geestelike babas.

Ons redding is uit genade, maar dis al. Die res verg inspanning, glo my.

Francois Marais
Jul 6th 2009, 07:39 PM
As mens die Apokriewe geskrifte lees kan mens meer van die hemel lees.
Die boek van Henog bevat baie van die Hemel.
Ek kan nie onthou in water boek van die Apokriewe OT en NT (Jan vd Watt, Francois Tolmie) Daar is van die geskrifte (wat ek nog nie deur gewerk het nie) wat meer beskrywend is oor die saak van die hemel. Dink ek het in Henog gelees daar is 7(?) vlakke in die hemel http://wesley.nnu.edu/biblical_studies/noncanon/ot/pseudo/enoch.htm

Ta-An
Jul 15th 2009, 08:40 AM
Eish, Hoe stuur mens boumateriaal op?

Romeine 2:5 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=45&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=5) Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God .

Ons boumateriaal is maar ons skatte....

So wat is ons skatte?? Dit is ons boumateriaal :idea:

Gene
Jul 15th 2009, 11:59 AM
Ons boumateriaal is maar ons skatte....

So wat is ons skatte?? Dit is ons boumateriaal :idea:

Dankie Ta-An, nou weet ek presies......:confused

Ta-An
Jul 15th 2009, 12:50 PM
Gene,,,,, wat se skatte maak ons in die hemel bymekaar?? :hmm: