PDA

View Full Version : Skillie se 'face lift'.



protea
Jul 2nd 2009, 02:31 PM
Ons bure se seun is n vee-arts in China en een van sy kliente het sy troetel waterskilpad ingebring kliniek toe en let wel nie vir n kosmetiese operasie nie! Hierdie Red Ear Terrapin het ingekom met n lipoma( kanker van die vetselle) onder sy keel. Met jare se irritasie het dit net groter en groter geword en begin 'ulcers' maak soos die skilpad dit getrek het oor die grond. Hy kon ook later nie meer swem nie want die gewas het hom van balans af gegooi in die water. Skillie is onder algemene narkose gesit en die die gewas is toe verwyder d.m.v. n 'lumpectomy'. Baie steke is ingesit wat vir 8 weke moes inbly. Honde en katte s'n bly gewoonlik net 7 tot 10 dae in. Dis darem seker die mees dramatiese 'before' en 'after' fotos wat ek al ooit gesien het!;)

Ta-An
Jul 2nd 2009, 06:44 PM
Wat 'n groot sny vir 'n "lumpectomy" :o

Siestog.... darm is frustrasie ook verlig...

Dikvellige ou diertjie...8 weke?? :D

Die Filadelfieer
Jul 3rd 2009, 06:05 AM
Die ander vraag is hoe op dees aarde word mens 'n veearts in China van alle plekke ?

protea
Jul 3rd 2009, 07:37 AM
...Vra nie vrae nie en jy sallie liegstories hoorie....;)

marline
Jul 3rd 2009, 01:48 PM
Die ander vraag is hoe op dees aarde word mens 'n veearts in China van alle plekke ?

Sou ek ook graag wou weet, veral na die program nou die dag oor die wreedhede teenoor honde en katte. Ek dink dit was 50/50? Of was dit Carte Blanche, in ieder geval was ek so ontsteld ek kan nie eers onthou watter kanaal was dit nie.