PDA

View Full Version : Hoe bang is jy?



Henry
Jul 2nd 2009, 05:02 PM
Ek lees in hierdie berig (http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2535123,00.html) dat hierdie man verskriklik bang was. Waarvoor? Vir die dood miskien? Wat dan van HebreŽrs 2:14-15? Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.

Wie is bang om dood te gaan? Wie sien uit daarna? Wie warrie nie eintlik daaroor nie?

Ta-An
Jul 2nd 2009, 06:35 PM
Ek is bang oor die hoe van dood gaan.....

Henry
Jul 2nd 2009, 06:45 PM
Ek is bang oor die hoe van dood gaan.....

Bang dat dit pynlik en stadig is?

Ta-An
Jul 2nd 2009, 06:58 PM
Henry...ons bly in Afrika...... en die maniere waarop mense deesdae dood gaan, is skrikwekkend!!

Ek weet Ps 23 sÍ:"Al gaan ek deur die dal van Doodskaduwee, U is met my..." Ek weet dit,,,,,, die kat het nou die aand my kamerdeur oop gedruk, ek was so bang, ek het dadelik begin bid, ek was te bang om te roer in my bed :o toe voel ek iets op die bed.... ek was vrek bang....... ek het sommer ophou asem haal.... en so aan die slaap geraak.... later wakker geword want ek was selfs te bang om die elektriese kombers af te skakel, het so broei broei aan die slaap geraak,,,, toe ek later wakker word, en nog lewe, het ek die kombers eers afgeskakel....

Tonton
Jul 2nd 2009, 10:28 PM
Henry,

Ek het die berig gelees - die arme ou besef nie eers dat die Here sy gebed gehoor het nie!

Ek is eerlik nie bang om dood te gaan nie, maar ek stem met An saam - die onsekerheid oor hoe maak mens skrikkerig. :(

Blykbaar staan daar 366 keer in die Bybel dat ons nie moet vrees nie. Een vir elke dag, insluitend die skrikkeljaar! Vrees is seker maar 'n vorm van ongeloof, maar die vlees is mos maar swak, en die oorlewingsinstink is groot!

Anton

Tonton
Jul 3rd 2009, 08:24 AM
Henry,

Na aanleiding van my vorige inset: Ek sien hierdie in vanoggend se nuus:

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20090703052016777C630332

Die ou weet dat God hom gespaar het!

Anton

Ta-An
Jul 6th 2009, 06:25 PM
Ek lees 'n boek oor "Worship" danse, en daar lees ek die enkel sin raak, aan die einde van 'n bladsy, soort van 'signature'.... " Are you lacking anything in your life? Check your level of fear, it may need adjusting"

Vrees steel/beroof mens van lewens vreugde :(

Etienne Marais
Jul 10th 2009, 01:39 PM
Ek is nie bang vir die goed in die wereld daar buite nie omdat die Here by my is. Ons hoef nie vir die dood bang te wees nie want as ons wat in Jesus glo op aarde dood gaan gaan ons hemel toe.:lol::lol::lol::lol:

Henry
Jul 17th 2009, 07:41 AM
As ek die (http://static.panoramio.com/photos/original/724651.jpg) moet gaan doen is ek binne sekondes by my Skepper. :D

Lanie
Jul 17th 2009, 12:27 PM
Ek en jy altwee, Henry. :eek:

Willem
Jul 21st 2009, 10:26 PM
Wow Henry, ek maak my beste broek vuil as ek daar moet staan , maar ek wil die Heilige Vrees vir die Here he en Hom alleen vrees... dis die begin van wysheid het ek gelees..

Christa
Nov 12th 2009, 08:34 PM
VroeŽr was ek nooit bang vir doodgaan nie. Ek het altyd geglo ek sal die ewige lewe beŽrwe. Maar 'n paar maande gelede het 'n ander vrou in my slaai begin krap en kan nie my man uitlos nie. Hy geniet natuurlik vreeslik die aandag en is gereeld by haar. Van toe af het ek die lelikste gedagtes oor haar en sÍ die vreeslikste goed van haar. Ek het al hoeveel keer die Here gevra hy moet my vergewe en help dat ek nie meer die haat gevoel in my sal he nie. Daar lees ek toe 1 Joh 3:15 wat sÍ dat die een wat sy broer of suster haat nie deel het aan die ewige lewe nie. Van toe af is ek vreeslik bang vir doodgaan, want ek weet ek haat daardie ander vrou. Ek kry net nie die gevoel weg nie. Ek is regtig so bang ek sterf gou, en dan erf ek nie die ewige lewe nie. Ek is sommer vies vir myself. Kan iemand my sÍ hoe mens 'n haat-gevoel vir iemand kan verander?

Lanie
Nov 12th 2009, 09:22 PM
Hi Christa,

Ek wil jou graag nooi om 'n draad 'n Chat to the Moderators oop te maak vir my aandag of as jy nie gemaklik voel met my nie, dalk vir Gene, ons Afrikaanse berader, se aandag. Ek wil jou graag help maar dalk is die oop forum nie die plek om oor sulke persoonlike goed te gesels nie.

Groete
Lanie

banie
Nov 14th 2009, 07:16 AM
Hallo julle!

Ek voel skuldig oor all die slegte dinge wat ek aan gevang het.En is Bang as ek dood gaan ek eerder dalk hell to getuur gaan word.:B

Lanie
Nov 14th 2009, 07:26 AM
Hi Banie,

Welkom! Ek hoop jy geniet die forum.

Met jou registrasie het jy gesÍ dat jy 'n christen is. As dit die geval is, as jy waarlik 'n wedergebore christen is, het Jesus Christus reeds die prys vir al daardie lelike goed betaal en kan jy verseker wees dat die hel jou nooit sal sien nie. :D

Tonton
Nov 15th 2009, 09:04 AM
Aan Christa en Banie:

1 Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Liefde in Jesus,
Anton

AndreHa
Dec 3rd 2009, 06:32 AM
Groete broers en susters - ek's nog bietjie nuut hier (baie bly ek het die forum opgespoor :) )

Die dood maak my nie regtig bang nie. Maar ek moet se ek het al vroeer in my lewe doodsangs beleef. Ek was vyf jaar oud, toe lelike goed my gepla het - totdat ek Jesus gevra het om my te bevry.