PDA

View Full Version : BELANGRIK Dobbel is verkeerd



Etienne Marais
Jul 7th 2009, 10:24 AM
Dobbelary is 'n afgod in God se oe. Dit maak dat mens dink jy het al die geld wat jy nodig het en voor mens weer sien is al jou geld vinnig weer op. Dit dek plek vir die geluksgodin en die Bybel se uitdruklik mens moet geen plek vir die geluksgodin dek nie. Bly weg van dobbelary want dit is baie gevaarlik. Ek het al gehoor daarvan dat mense wat dobbel verslaaf raak daaraan en dit is baie verkeerd. Moet liewer nooit eers begin om te dobbel nie want om aan dobbel verslaaf te wees is baie gevaarlik.

Plekke soos casino's is gewoonlik plekke waar daar skelms uithang en dit is baie gevaarlik om by sulke plekke uit te hang. As dobbelary teen dit wat die Bybel se is hoekom doen mense dit nogtans? Hoekom weet mense nie dat jy as jy dobbel eintlik you geld verloor nie? As 'n Christen is ek baie gekant teen lotery en wil graag gesels oor die gevaar daarvan. Ek wil he julle moet asseblief saam met my bid dat die Here almal wat aan dobbel verslaaf is van die verslawing sal bevry en dat hulle ook moet hoor lotery is verkeerd. Ek verkondig baie graag die Evangelie van Jesus Christus aan mense maar dobbelary doen niks goed vir ons samelewing nie. Bly weg daarvan.:note::cry::mad::help::(:help:

Tonton
Jul 7th 2009, 11:31 AM
Ek stem saam - lees gerus hierdie traktaat deur Nico Van Der Walt (Antipas Baptiste):

http://www.antipas.org.za/articles/3691/1/Traktaat---Lotto-advies/Page1.html


Die traktaat (PDF) is hier: http://www.antipas.org.za/downloadattachment.php?aId=cb781c9f87b36634bce5db1 5ea353612&articleId=3691

Anton

Etienne Marais
Jul 7th 2009, 11:52 AM
Anton ek het na daardie webtuiste gaan kyk en ek sien hulle stem met ons saam dat dobbelary verkeerd is. baie dankie vir jou bydrae. Ek het hierdie getuienis geskryf met die doel om mense daarvan bewus te maak dat dobbelary verkeerd is. Lotery is 'n afgod in die Here se oe.

Ta-An
Jul 7th 2009, 05:06 PM
Laat mens nogals dink aan sommige kerk basaars waar hulle looitjies verkoop om geld in the samel...:D

Francois Marais
Jul 7th 2009, 05:39 PM
of waar 'n kerk kinders leer om lootjies te koop vir pryse by die kerke.

Soos in HELLO!!!! Word wakker mense. Die satan sal sy kloue enige plek in druk om God se kinders op die verkeerde pad te neem!

Wel gedaan van genoot vir die topic. Soos die britte sal sÍ, "Well done!"

Hannelie Pretorius
Jul 8th 2009, 06:30 AM
Sou julle sÍ dat om aan 'n kompetisie deel te neem waar pryse te wen is val ook onder hierdie kategorie? Ek wonder al lank hieroor

Tonton
Jul 8th 2009, 08:12 AM
Sou julle sÍ dat om aan 'n kompetisie deel te neem waar pryse te wen is val ook onder hierdie kategorie? Ek wonder al lank hieroor

Hannelie, dit is na my mening 'n baie geldige vraag hierdie. Dit vra basies: "waar trek jy die lyn?"

Elk moet met sy sy gewete vrede hÍ oor wat hy doen, en of hy die Here se Naam hooghou met wat ookal hy doen. Vir my persoonlik is enige loting wat nie aan die standaard van loting in die Bybel voldoen nie, verkeerd. Jy sal sien dat lotings in die Bybel nooit tot persoonlike gewin van die loter uitgewerk het nie. Soos bv. die loting vir die priesterorde en Matthias se loting - in beide gevalle is 'n Goddelike orde bewerkstellig na aanleiding van die loting.

Spr 16:33 sÍ: In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.
LW die 1983 - vertaling verdraai hierdie skrif deur te sÍ "jy mag loot..." - lees asb die eerste vertaling (1933/53)

Vir my is die lotery verkeerd, omdat dit:
1. Gebasseer is op gierigheid - 'n werk van die vlees (werk teen die Gees - Gal 5).
2. Die rentmeesterskap van God ontken. God het gesÍ Hy sal voorsien. Nou probeer ons Hom "help". Klink soos toe Abraham met sy slaaf omgegaan het.
3. Die geluksgodin/demoon bekragtig.
4. Die onkundige eenvoudiges mislei met 'n droom van (sÍ) R5 miljoen wen, en wie dan hul skaars geld mors aan 'n waarskynlikheid van 1/20miljoen. So het ek in die kassierstou in 'n kettingwinkel gestaan en sien hoe die vrou voor my vir haar kind sÍ sy't nie geld om 'n penne-sakkie (wat die kind nodig het vir skool) te koop nie, mar net daarna sien ek dieselfde vrou in die Lotto-tou staan...

Op die ou end is dit maar elk met sy eie gewete.

Anton

Francois Marais
Jul 8th 2009, 08:25 AM
sjoe nog nie so daaraan gedink nie...

Hannelie Pretorius
Jul 8th 2009, 02:31 PM
Hallo Anton

Ek stem heeltemal met jou saam. Wat is die verskil om aan 'n kompetisie deel te neem en sÍ bv R1miljoen te wen of dit met die lotto te wen. Vir my is dit eintlik een en dieselfde.

Tonton
Jul 8th 2009, 02:46 PM
Nog 'n punt wat so pas tot my deurgedring het (die kop is maar hard - goeters sukkel soms om deur te dring) is dat die staat skielik nou (deur die Lotto) beheer kry oor miljoene rande was spandeer word aan "welsyn", en dat die Staat daarom besluit waar om dit aan te wend. Welsynsorganisasies wat afkanklik was van klein bydraes van honderde mense wat harte het vir hul saak, moet nou skielik aan die "standaarde" van die Staat voldoen om befonds te word...

So gooi ons ons blessings met liefdadigheid aan die wolwe, en dit om 'n gierigheidsgees te voer.

Anton

Hannelie Pretorius
Jul 9th 2009, 08:25 AM
Ek het mos nou gister my standpunt gemaak ivm kompetisies. Gisteraand lui my telefoon. Die persoon wil met die eienaar van die lyn praat. Ja sÍ ek dit is ek sy kan maar praat. Wel sÍ sy omdat ek die eienaar van die lyn is het ek nou R15000 se begraifnis polis gewen. Hoe voel ek daaroor? My reaksie ek stel nie belang nie baie dankie. 'n Kompetisie waarvoor ek nie eers ingeskryf het nie...

Tonton
Jul 9th 2009, 09:23 AM
Ek het mos nou gister my standpunt gemaak ivm kompetisies. Gisteraand lui my telefoon. Die persoon wil met die eienaar van die lyn praat. Ja sÍ ek dit is ek sy kan maar praat. Wel sÍ sy omdat ek die eienaar van die lyn is het ek nou R15000 se begraifnis polis gewen. Hoe voel ek daaroor? My reaksie ek stel nie belang nie baie dankie. 'n Kompetisie waarvoor ek nie eers ingeskryf het nie...

Kompetisies waarvoor jy nie ingeskryf het nie = SCAM.

Ek moes nou die dag my baas oortuig dat hy NIE 2 000 000 Britse pond gewen het met so 'n kompetisie nie! Daat is gewoonlik een van 2 motiewe: Of hulle myn inligting om jou later te scam, of hulle gaan jou Írens laat betaal vir iets...

Anton

Etienne Marais
Jul 10th 2009, 01:16 PM
Ek se ook dobbel is verkeerd in die Here se oe. Moet nooit toelaat dat satan enige plek kry in mens se lewe nie.