PDA

View Full Version : Nog 'n kandidaat



lukeskywalker
Jul 9th 2009, 11:23 AM
Ek bestudeer die ou al so 10+ jaar. Na my mening 'n redelike sterk kandidaat om die antichris te wees

http://www.shareintl.org/maitreya/Ma_main.htm

Who is Maitreya?

He has been expected for generations by all of the major religions. Christians know him as the Christ, and expect his imminent return. Jews await him as the Messiah; Hindus look for the coming of Krishna; Buddhists expect him as Maitreya Buddha; and Muslims anticipate the Imam Mahdi or Messiah.


Although the names are different, many believe that they all refer to the same individual: the World Teacher, whose personal name is Maitreya (pronounced my-tray-ah).
Preferring to be known simply as the Teacher, Maitreya has not come as a religious leader, or to found a new religion, but as a teacher and guide for people of every religion and those of no religion.

At this time of great political, economic and social crisis Maitreya will inspire humanity to see itself as one family, and create a civilization based on sharing, economic and social justice, and global cooperation.

He will launch a call to action to save the millions of people who starve to death every year in a world of plenty. Among Maitreya's recommendations will be a shift in social priorities so that adequate food, housing, clothing, education, and medical care become universal rights.

Under Maitreya's inspiration, humanity itself will make the required changes and create a saner and more just world for all.



Die ou is dan sy "Johannes die Doper"

http://www.shareintl.org/background/bcreme/bc_main.htm

Johnny
Jul 10th 2009, 07:47 AM
Nog 'n baie goeie dvd reeks (2 dvd's) wat ek het is die van Joe van Koering se studie oor wie die antichris moontlik kan wees. Die Pous was ook nou onlanks by sy Moskee in Jordanie.

http://www.godsnews.com/ (http://www.godsnews.com/)

Joe Van Koevering: ZoomInfo Business People Information (http://www.zoominfo.com/people/Van%20Koevering_Joe_44906093.aspx)
The second book I consulted that proposes a Muslim Antichrist is one ... that the best candidate for the Antichrist is Crown Prince El Hassan bin Talal of ...

lukeskywalker
Jul 11th 2009, 07:12 AM
As die antichris vir Jesus Christus wil naboots, beteken dit nie hy gaan so tussen 30 en 40 moet wees as hy met sy openbare lewe begin nie? Die ou lyk bietjie oud...LOL!

lukeskywalker
Nov 21st 2010, 05:16 PM
Die ding het nou bietjie gevorder sedert ek die draad begin het, hierdie ou lyk of hy dalk die maitreya kan wees wat nou met sy "openlike" werk op aarde begin het: http://rajpatel.org/

CFJ
Nov 22nd 2010, 05:13 AM
Dis die eerste keer wat ek van hom hoor, lukeskywalker...

Philip dT
Nov 22nd 2010, 08:31 AM
Maitreia is maar net die New Agers se verwagte Messias. Jy kan dit o.a. vind op Lucis (Lucifer) Trust se blad: www.lucistrust.org. Die Lucis Trust het konsultatiewe status op die VN. Die interessante ding is dat baie van die ander godsdienste dieselfde "Messias" gaan erken, m.a.w. dieselfde "Messias" gaan al die gosdienste se "Messias" wees. En raai wat, ja ook die Jode s'n! ;)

Die Filadelfieer
Nov 22nd 2010, 09:00 AM
. En raai wat, ja ook die Jode s'n! ;)

Ek was eintlik so half versigtig om dit te noem, maar nou dat jy dit gedoen het kan ek ook seker maar saam stem ! :)

Philip dT
Nov 22nd 2010, 10:08 AM
Ek was eintlik so half versigtig om dit te noem, maar nou dat jy dit gedoen het kan ek ook seker maar saam stem ! :)

...to seduce, if it were possible, even the elect.

lukeskywalker
Nov 22nd 2010, 03:16 PM
Maitreia is maar net die New Agers se verwagte Messias. Jy kan dit o.a. vind op Lucis (Lucifer) Trust se blad: www.lucistrust.org. Die Lucis Trust het konsultatiewe status op die VN. Die interessante ding is dat baie van die ander godsdienste dieselfde "Messias" gaan erken, m.a.w. dieselfde "Messias" gaan al die gosdienste se "Messias" wees. En raai wat, ja ook die Jode s'n! ;)

Die new agers se verwagte messias is per definisie ons Christene se anti-chris, of hoe?

David2
Nov 23rd 2010, 03:55 AM
Daar gaan twee antichriste wees, die dier en die valse profeet. Dit kan wees dat die een meer vir Jode en nominele Christene aanvaarbaar sal wees en die ander een meer vir Moslems. Maar selfs in so 'n scenario sal dit nou maar baie moeilik gaan vir enige persoon of enige twee persone om hulle as die antichris-paar vir die hele wÍreld aanvaarbaar te maak. Om die rede stel Eseg. 38 en Openb. 6 dit dat Die Antichris sal kom om oorlog te maak. Voordat hy nog 'n verbond van vrede gaan sluit en die Jode gaan beskerm, gaan hy eers sy eie mag en leierskap van die wÍreld met oorlog en wapengeweld bevestig. Dit sal ook gepaard gaan met tekens en wonders van die leuen. Vir die van ons wat ook aan die wegraping glo lyk dit vir my dat volgens die kronologie van Openbaring, die opkoms van die antichris deur oorlog en geweld, ook eers na die wegraping gaan plaasvind. Die persoon wat op die oomblik die beste "middelgrond" tussen Jode, Moslems en nominele Christene inneem, is Obama.

Die Filadelfieer
Nov 23rd 2010, 05:58 AM
David, baie interesante pos. Ek het dit verstaan dat die antichris eerder vrede gaan bewerkstellig as oorlog...waar in die tydlyn pas hierdie oorlog in ?

Johnny
Nov 23rd 2010, 06:51 AM
waar in die tydlyn pas hierdie oorlog in

Die valse profeet glo ons gaan die pous wees wat op daardie stadium gaan lewe. Hierdie een staan ook alreeds met sy een voet op 'n piesangskil. Ons glo ook die volgende pous sal die laaste pous wees. 'n Voorsmakie van hoe naby ons aan die einde is. Hy en die antichris is 2 verskillende persone. Die antichris gaan ook nie 'n Jood wees nie.....al dink baie so en ons het ook aanvanklik so gedink. Ons het ook gedink 'n Moslem kan dalk die antchris wees.......maar Israel gaan hulle so uitwis met die Psalm 83 oorlog dat dit ook dalk onwaarskynlik gaan wees. Dus is dit moeilik om te "pinpoint" wie dit sal wees. Is dit nie dalk 'n "sisteem" inplaas van 'n mens nie? As ek na die volgende vers kyk dan lyk dit dalk nie of dit 'n mens kan wees nie?

Openbaring 13:15 En dit is hom gegee om Ďn gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

As julle wil kan julle na die laaste 9 oorloe (http://www.oospoort.co.za/source/eindtyd.html) kyk om te sien in watter tydlyn hierdie oorlog gaan inpas. Die voledig reeks kan by my bestel (jvandmerwe@g5.co.za) word......as julle wil........natuurlik gratis.

David2
Nov 24th 2010, 04:35 AM
David, baie interesante pos. Ek het dit verstaan dat die antichris eerder vrede gaan bewerkstellig as oorlog...waar in die tydlyn pas hierdie oorlog in ?

Fila
Ja, die antichris gaan aan die begin van die verdrukking 'n verbond van vrede sluit. Maar tog lyk dit of hy eers, voor die verdrukking, sy mag gaan bevestig met oorlog. Ons het altyd Openb. 6 verstaan as die begin van die verdrukking, maar dit pas nie mooi in by die gegewens wat in Dan. 9 aangebied word nie. Volgens Dan. 9 begin die 7 jaar met 'n verbond van vrede, maar in Op. 6 kom die antichris met oorlog. Dit lyk dus of ons eerder aan Op. 6 moet dink as gebeure wat net voor die aanvang van die verdrukking plaasvind. So is dit ook in die profetiese rede waar dieselfdse oorlog as "die begin van die smarte" (voor die verdrukking) beskryf word. Iran se alliansie met Rusland en hulle opbou van kernwapens lyk na die werklike opbou tot hierdie oorlog wat die antichris sal gebruik om sy mag te vestig.

Let ook op dat Op. 6 die breking van die seŽls is. Die seŽls word die eerste keer in Op. 5 genoem. Die seŽls moet gebreek word voor die boek oopgemaak kan word. As die boek die oordele van die verdrukking is, dan moet die breking van die seŽls voor die verdrukking gebeur.

Daar dien ook op gelet te word dat die 24 ouderlinge in die hemel is (Op. 5) wanneer die breking van die seŽls aan die orde kom. Vir my beteken dit dat die kerk, die liggaam van Christus, reeds in die hemel is as die seŽls gebreek word. 'n Ouderling kan tog nie wys op engele nie, ouderlinge staan vir die kerk.

Dan is daar ook nog die oorlog van Ps. 83 wat deel van die oorlog van Eseg. 38 kan wees, of dit kan ook 'n ander oorlog wees waarin Israel eers die vyande om sy grense gaan verslaan. As dit die geval is, sal die Rusland-Iran en ander groot magte van Eseg. 38 se alliansie kwaad wees en nog meer aangespoor om Israel eens en vir altyd van die gras af te maak.

Hoe dit ookal sy, Israel is by al die oorloŽ betrokke en Israel is nou terug in hulle land. Voor 1948 was dit nie moontlik dat hierdie eindtydse gebeurtenisse kon plaasvind nie, want Israel, die heel belangrikste komponent in dit alles, het nie bestaan nie. Eseg. 38-39 beskryf hierdie sentrale rol van Israel in die eindtydse gebeure baie duidelik. Ons leef werklik in die mees dramatiese en opwindendste tyd dan die geskiedenis. Wat is ons aandeel in dit alles? Wees waaksaam. Bestudeer die tekens, interpreteer dit, praat en preek daaroor en waarsku die mense om hulle te skaar by die enigste veilige vesting, Jesus Christus.

Johnny
Nov 24th 2010, 05:39 AM
David 'n baie goeie samevatting. As ek sien wat besig is om te gebeur tussen Noord en Suid Korea.....en Rusland en China wat hulle waarsku dat hulle nie moet voortgaan met hulle aggresiewe optrede nie.......dan voorspel dit net groot probleme. Obama wat Jerusalem wil verdeel en natuurlik Iran en al die ander Moslem lande wat Israel van die kaart af wil vee, is alles in plek. China is die vinnigste groeiende ekonomie en is besig om die wereld oor te neem. 'n Groot militere mag van 300 000 000 miljoen wat maklik op die been gebring kan word binne dae. Nog 'n eintyd profesie wat voor ons oe in vervulling tree.

lukeskywalker
Jun 15th 2011, 05:10 PM
Die persoon wat op die oomblik die beste "middelgrond" tussen Jode, Moslems en nominele Christene inneem, is Obama.

Ek wonder of Obama vir 'n 2de termyn herkies sal word...indien nie, is hy nog net 1.5 jaar aan die stuur van sake, so sy tyd raak min om iets te doen as hy die antichris is.