PDA

View Full Version : Inkopies



Ta-An
Jul 9th 2009, 08:00 PM
Hoe doen jy jou maandelikse inkopies?
Koop jy grootmaat?
Koop jy soos jy benodig?
Koop jy spesiale aanbiedings?

Ek wonder altyd oor hoe ander vroue hulle kombuise bestuur :D

Lanie
Jul 11th 2009, 07:32 AM
Wel....op die oomblik koop ek soos en wanneer iets klaar is en dan ook net as ek geld het om dit te vervang. :rolleyes:

Maar as die ekonomie en inkomste dit toelaat verkies ek om een keer 'n maand 'n lys te maak van alles wat nodig is. Ek het toe ek fluks was 'n spyskaart vir 'n maand uitgewerk met 'n lys van alles wat mens nodig het vir daardie maand se resepte. Dis eintlik 'n lekker oefening want jy koop defnitief net wat jy gaan gebruik en mens staan nie in die aand en wonder "wat gaan ek vannaand vir my mense gee om te eet" nie.

Mia Ashton
Sep 10th 2009, 07:13 PM
Wanneer ek gaan inkopies doen is dit vreeslik snaaks om mense se reaksies te sien. Hier loop ek met my inkopietrolie en agter my volg een van "my plaaskinders" met nog 'n trolie. Een bevat 20 x 2 liter melk en die ander 30 brode. Een omie vra eendag vir my" Sorry mevrou, maar hoe groot is jou familie nou eintlik" Sy oe het gerek toe ek se 35.:lol:

Dis omtrent 'n missie om vir die klomp te gaan kruideniersware koop. Sonder vooropgestelde spyskaarte is ek verlore. Ek stem saam met Lanie, dit is lekker om te weet jy het al die nodige vir die etes wat jy moet maak. Ek hoop nog daar is van julle wat vir my 'n paar resepte het vir 35 mense.

Lekker koop.!!

Ta-An
Sep 10th 2009, 07:32 PM
Mia my reseppte is vir 50 :rolleyes:

Mia Ashton
Sep 11th 2009, 07:36 AM
Ta-An,
Dis doodreg. Ek sal dit aanpas.:idea:
Lekker dag.
Mia

Ta-An
Sep 11th 2009, 09:01 AM
PM jou pos adres..................... :)

Sonia Smit
Sep 21st 2009, 01:41 PM
Ons doen inkopies op 'n maandelikse basis, maar ons werk nie noodwendig van resepte af nie.

Ek is bevoorreg om my skoonma by ons te he, so in die aande wanneer ons by die huis kom staan die kossies al klaar reg (en kan sy kreatief wees!). Ek mis dit om self kos te maak, maar ek sien nie kans om 7 uur in die aand te staan en swoeg in die kombuis nie!

Marinda
Sep 24th 2009, 01:18 PM
My inkopies is die goedkoopste dink ek. Ons het ons eie huis gebou, en het op die oomblik nie krag nie, so die stoof en al die yskaste al's is dood, en ek gaan nie gas goed koop nie. Ek persoonlik dink in elkgeval dit werk nie soos elektriese yskaste nie-nie in ons hitte nie. So...ek betaal vir 'n tuisnywerheid elke week P200.00 en kry 2 borde kos (ek en my seun deel 1) en dis vleis, rys of stamp, 2 groentes en 2 slaaie. So ek doen nie inkopies nie, en as ek skoon maak goed ens kort, stuur ek die cleaner as sy bank toe gaan, dan koop ek nie onnodige goed nie, want ek's 'n koop slaaf.

protea
Sep 24th 2009, 05:14 PM
Marinda, gaan na die Botswana draad op Alles en nog wat. Daar is n paar vrae wat ek graag antwoorde op wil he.

Ta-An
Sep 24th 2009, 05:37 PM
Ek koop/leef deesdae op Spar se spesiale aanbiedinge :D en pas my spyskaart aan by hulle spesiale kopies ;)

Ek het bv. verlede week heel hoenders gekoop teen R17p.kg, self in porsies gesny en bevries :idea:
Ek koop melk op Woensdag want dan is die prys R2 per L minder, dan vries ek die heflte sodat dit nie suur word voor volgende Woensdag nie :D