PDA

View Full Version : Eetgewoontes....



Ta-An
Jul 9th 2009, 08:02 PM
Raak jy honger in die winter....
Eet jy vars slaai in die winter, of verkies jy gaar groente en bredies?
Drink jy genoeg water in die winter..... sal die skaal jou verklik dat dit winter is :o

Lanie
Jul 11th 2009, 07:26 AM
Ek voer oorlog met my skaal, maar daar is op die oomblik 'n skietstilstand. Ek gebruik een van die beste vroulike wapens - ek kap hom 'n vet ignore....:D Ek is lief vir kraakvars slaaie in die somer. Ek het ook 'n wonderlike maklike man wat enige iets eet en hy self verkies slaaie in die somer. Hy sal soms as daar nou regtig 'n hittegloed hier is vra vir tunaslaai vir aandete ipv 'n warm bord kos. Ons is lief vir bredies en sop en kerries in die winter. En partymaal bederf ek die kiddies en dan maak ek my ekstra spesiale anderse melkkos. Njammie!