PDA

View Full Version : Bespreking Choking game is gevaarlik



Etienne Marais
Jul 10th 2009, 03:01 PM
Wie van julle het al van die wurgspelletjie Choking game gehoor? Dit is baie gevaarlik en ek is as 'n Christen gekant daarteen. Ek het in 2006 een keer in die Huisgenoot 'n artikel oor die Choking game gelees en 'n slapelose nag daaroor gehad. Ek wil net feite gee oor hoekom dit so gevaarlik is.
Die bloed gaan in jou brein in en volgens dit wat ek in die Huisgenoot gelees het praat hulle van 'n lekker gevoel en se dit voel of jy vlieg. Dit is baie gevaarlik en as 'n Christen wil ek ouers daarvan bewus maak dit die speletjie gewild is onder kinders. Ouers moet nie toelaat dat kinders dit speel nie want dit kan jou kinders lewe in gevaar stel. Ek wil mense hiermee uit die goedheid van my hart daarvan bewus maak dat die Choking game gevaarlik is en dat dit niks goed vir ons samelewing doen nie. Bly weg daarvan.

CFJ
Jul 10th 2009, 04:18 PM
Dis die eerste keer wat ek daarvan hoor Etienne, maar nou weet mens daarvan en kan mens uitkyk vir dit. Eienaardige speletjie, moet sÍ... :o

Lanie
Jul 10th 2009, 04:53 PM
Ferdi, ek dink ons hare staan orent as ons moet leer wat alles onder die jeug aangaan vandag. :cry: