PDA

View Full Version : Inligting Israel toe......

Johnny
Jul 14th 2009, 11:55 AM
As 'n mens die Bybel beter wil verstaan, as jy jou Bybelstudie lewendig wil maak dan is 'n besoek aan die Heilige land Israel 'n moet vir elke christen. Ek was bevoorreg om al 3 keer daar te wees en as dit die Here se wil is weer in September 2009 (http://www.oospoort.co.za/source/toer2009.html).

As jy lees van die See van Galilea...dan kan jy jouself daarmee vereenselwig....daar waar Jesus op die water geloop het, want jy was DAAR!. Dit is asof jy die naderende wederkoms van Jesus daar kan "aanvoel". 'n Land so groot soos die Kruger wildtuin...en tog draai die HELE wereld se bestaan af van wat daar gebeur.

'n Bom wat enige oomblik kan bars en die 3de wereld oorlog te weeg bring!

Matteus 20:18 "Kyk, ons gaan op na Jerusalem......."

Ta-An
Jul 14th 2009, 12:53 PM
Indien jy gaan,,,,,, gaan jy vir ons inkopies doen??

Johnny
Jul 14th 2009, 01:00 PM
Indien jy gaan,,,,,, gaan jy vir ons inkopies doen??

Ta-An.....ek gaan beslis. My kaartjies is laasweek betaal. Wat moet ek vir jou terugbring.....of "skimp" jy dalk vir 'n plekkie in een van my tasse?

David2
Jul 14th 2009, 02:40 PM
Johnny
Vat sommer jou traktaatjies ook saam. Daar is te veel Christene wat meen dat Jode OK is omdat hulle ook "Die God van die Bybel" aanbid. Maar ek glo dit glad nie. Die God wat hulle aanbid is 'n absolute enkelvoud en laat geen plek vir Jesus Christus nie. Jode is so verlore as enige ander verlore mens en daar wag nog baie swaar tye vir hulle. Dit is ons plig om hulle daarvan te vertel. Dit mag wel gevaarlik wees om daar evangelisasiewerk te doen; die Israeli regering duld dit nie eintlik nie, maar dit bly ons plig.

Ek was in '87 laas daar en hoop om weer die kans te kry.

Ta-An
Jul 14th 2009, 03:41 PM
Ta-An.....ek gaan beslis. My kaartjies is laasweek betaal. Wat moet ek vir jou terugbring.....of "skimp" jy dalk vir 'n plekkie in een van my tasse?Weet jy, as jy my in jou tas sal pak, was ek 'n hele jaar lank elke dag jou motor vir jou :idea:

Ek soek Messiaanse dans videos/dvd....

Ek het te laat geleer hoe om Israel toe te gaan.... mens gaan met le tasse... sodat dit vol kan terugkom :pp

Gaan besoek gerus die ou : Antony Simon by Voice in the Wilderness... 'n Messiaanse gemeente in Jerusalem.

Johnny
Jul 15th 2009, 05:31 AM
Weet jy, as jy my in jou tas sal pak, was ek 'n hele jaar lank elke dag jou motor vir jou :idea:

Ek soek Messiaanse dans videos/dvd....

Ek het te laat geleer hoe om Israel toe te gaan.... mens gaan met le tasse... sodat dit vol kan terugkom :pp

Gaan besoek gerus die ou : Antony Simon by Voice in the Wilderness... 'n Messiaanse gemeente in Jerusalem.

Ta-An, ek het alreeds een wat ek vir jou kan stuur. As jy my jou posadres kan e-pos, dan pos ek dit sommer nog die naweek vir jou. Ons is juis 1 dag af in Jerusalem. Sal kyk of ek daar kan 'n draai maak. Die karwas klink baie goed....maar ek vat jou verniet saam mits jy in my tas kan pas. Jy se mos ons moet hom leeg vat en vol terug bring. Die kanse is goed dat jy daar sal moet bly want ek sal ander dinge moet terug bring.:pp

Johnny
Jul 15th 2009, 05:36 AM
Johnny
Vat sommer jou traktaatjies ook saam. Daar is te veel Christene wat meen dat Jode OK is omdat hulle ook "Die God van die Bybel" aanbid. Maar ek glo dit glad nie. Die God wat hulle aanbid is 'n absolute enkelvoud en laat geen plek vir Jesus Christus nie. Jode is so verlore as enige ander verlore mens en daar wag nog baie swaar tye vir hulle. Dit is ons plig om hulle daarvan te vertel. Dit mag wel gevaarlik wees om daar evangelisasiewerk te doen; die Israeli regering duld dit nie eintlik nie, maar dit bly ons plig.

Ek was in '87 laas daar en hoop om weer die kans te kry.

David2, dit is waar wat jy se, maar glo my, daar is nie veel tyd vir evangelisasie op ons toere nie. Jy is 7uur al op die bus en kom eers teen 6uur die aand by jou hotel. Ons gebruik elke oomblik wat ons kan om die Heilige land te deurkruis. Ek het al met Jode gepraat in ons af tye in die aand, maar dit is nie maklik om te oortuig nie. Aan die ander kant glo ek dat God self 'n afspraak met hulle het tydens die 2de helfde van die verdrukking waar Hy hulle as 'n volk sal red.

Ta-An
Jul 15th 2009, 07:32 AM
Ta-An, ek het alreeds een wat ek vir jou kan stuur. As jy my jou posadres kan e-pos, dan pos ek dit sommer nog die naweek vir jou. Ons is juis 1 dag af in Jerusalem. Sal kyk of ek daar kan 'n draai maak. Die karwas klink baie goed....maar ek vat jou verniet saam mits jy in my tas kan pas. Jy se mos ons moet hom leeg vat en vol terug bring. Die kanse is goed dat jy daar sal moet bly want ek sal ander dinge moet terug bring.:ppHoe s my pa?: "So bek moet heuning kry :pp"

Die rede hoekom my man nie wil h ek moet Israel toe gaan nie, is omdat hy weet ek sal nie terug kom nie.... So, dankie,:pp ek sal in jou tas pas, (Jy vat mos 'n groot tas) maar los my asseblief in Israel agter..... ek sal maklik werk kry daar, het al 'n werks aanbod gehad. :D

Philip dT
Jul 15th 2009, 08:42 AM
Jammer, ek het hier 'n plasing geplaas wat vir 'n ander draad bedoel was...

protea
Jul 15th 2009, 12:22 PM
Hoe s my pa?: "So bek moet heuning kry :pp"

Die rede hoekom my man nie wil h ek moet Israel toe gaan nie, is omdat hy weet ek sal nie terug kom nie.... So, dankie,:pp ek sal in jou tas pas, (Jy vat mos 'n groot tas) maar los my asseblief in Israel agter..... ek sal maklik werk kry daar, het al 'n werks aanbod gehad. :D

Ta An,
jy is nie net lief vir Israel nie , jy het n PASSIE vir hulle! Waar kom dit vandaan?:hmm:

Hierdie keer gaan julle nog sonder my , maar my skip gaan definitief voor die volgende geleentheid arriveer en dan hop ek en Hubby ok op!:pp

Johnny
Jul 15th 2009, 01:09 PM

Protea, net soos Ta-An, het ek ook 'n passie. Ek dink die eindtyd lering wat ek ontvang, die raadsplan wat God vir Israel en Sy volk het, die profetiese dinge wat rondom Israel en die Midde-Ooste aan die gang is, die terugkeer van die Jode na hul land sedert 14 Mei 1948 na bykans 2500 jaar, het baie daarmee te doen. En natuurlik as jy al hiedie dinge ervaar, leer en weet en jy besoek die land, dan is dit asof God persoonlik met jou 'n ontmoeting daar het. Dit is amper soos ware bekering (wedergeboorte). Hoe verduidelik jy aan iemand as die Heilige Gees in jou kom woon, hoe God jou hele lewe kom verander? Dit is amper dieslefde gevoel.....iets wat jy nie aan iemand in woorde kan beskryf nie...tot jy self daar was. Dit is 'n liefde wat net God in jou kan plaas vir Sy land en Sy volk.

David2
Jul 15th 2009, 01:54 PM
David2, dit is waar wat jy se, maar glo my, daar is nie veel tyd vir evangelisasie op ons toere nie. Jy is 7uur al op die bus en kom eers teen 6uur die aand by jou hotel. Ons gebruik elke oomblik wat ons kan om die Heilige land te deurkruis. Ek het al met Jode gepraat in ons af tye in die aand, maar dit is nie maklik om te oortuig nie. Aan die ander kant glo ek dat God self 'n afspraak met hulle het tydens die 2de helfde van die verdrukking waar Hy hulle as 'n volk sal red.

Johnny
Die punt wat ek wil maak is dat Israel, voordat hulle aan die einde van die verdrukking gered gaan word, deur geweldige swaar tye sal gaan. Minstens twee derdes van hulle gaan teen die einde van die verdrukking nie meer wees nie. Dit is God se straf oor hulle ongeloof en verwerping van die Messias. En wat so tragies is, is dat die Jode self dit nie besef nie. Hulle interpreteer hierdie dele van die Bybel heeltemal anders. Dit is dus die plig an Christene om Israel te waarsku teen dit wat vir hulle wag, en die feit dat Jesus Christus die enigste uitweg is.

Daar is 'n Christen-ambassade in Jerusalem, met watter doel? Doen hulle evangelisasiewerk onder Israel? Nee! Hulle is daar om finansiele en ander steun te betoon aan die volk Isreal. Die klem is op die verkeerde plek. Die groot verdrukking is voor die deur. Wanneer die oordele oor Israel toesak, gaan daar nie dalk verwyte in Christene se harte wees nie. Christene soos die wat in die ambassade is en nie evangelisasiewerk in Israel doen en aanmoedig nie. Wat gaan die Jode binnekort van Christene dink wanneer daardie oordele, lyding en moord op hulle toesak? Fundamentele Christene het 'n geweldige belang by en oog op Israel. Christene is elke dag in Israel in die oog, tog word bitter min gedoen om Jode te waarsku en Jesus as enigste hoop vir hulle aan te bied.

Dit is waar dat Jode verhard is en nie maklik sal luister nie. Maar dit is ons taak, omdat ons Israel lief het, om hulle te waarsku en dan, wanneer die verdrukking kom, te weet dat ons ons deel gedoen het om die ontvlugting uit die moeilike tye voor die tyd vir hulle aan te bied (Openb. 3:10).

Groete en geniet julle toer!

Ta-An
Jul 15th 2009, 03:49 PM
Ta An,
jy is nie net lief vir Israel nie , jy het n PASSIE vir hulle! Waar kom dit vandaan?:hmm:
Dis in my bloed :)

Ek het 'n 'erf sakkie' wat aan my pa se ma/ouma behoort het, my ma het dit vir haar haarkrullers gebruik....:rolleyes:

Dit is 'n Tallis bag, of te wel, 'n gebeds-mantel sakkie.... met die ster van David daarop borduur...

My pa het altyd ges dat hy van Duits-Joodse afkoms is :)

Ta-An
Jul 15th 2009, 03:54 PM
David2, dit is baie gevaarlik om 'sending werk' in Israel te doen.
Ek het kontak met Antony Simon by Voice in the Wilderness, was by hom aan kerk gewees ook. Hy vertel hoe hulle met klippe gegooi word, en op gespoeg word.... en nooi ons toe uit om een dag saam te gaan traktaaities uit deel..... ons kon egter nie... maar dit gebeur :)