PDA

View Full Version : God van guns en genade



MercyChild
Jul 15th 2009, 04:30 PM
Dit is met groot dankbaarheid, dat ek Vader kan dankie se dat Hy werklik in elke behoefte voorsien. Ek is vandag in kennis gestel dat ek suksesvol was vir 'n betrekking en sal Maandag reeds begin werk.

Altyd gaan nie alles soos ons dit wil he nie, en miskien is die pos nie werklik die rigting waarin ek wil beweeg nie, maar het vandag erken dat God ons soms toevertrou met klein dingetjies, en as ons dit nie kan oppas met die beste van ons vermoens nie, hoe kan ons groter en beter dinge verwag.

Ek is dankbaar dat ek God se guns ontvang het om suksesvol te wees om wel te begin werk!

Dankie vir julle gebede:hug:

Tonton
Jul 15th 2009, 04:46 PM
Die Here is en bly getrou.

Anton

MercyChild
Jul 15th 2009, 04:52 PM
Die Here is en bly getrou.

Anton

As ek maar net in woorde alles kan verduidelik wat God die afgelope tyd gedoen het! God is sooooooooo groot en ek verkies om Hom in beheer te los van sake, al verstaan ek nie altyd Sy tydsberekening nie, weet ek dat Hy net die heel beste vir ons in stoor het!:pp

protea
Jul 15th 2009, 05:22 PM
Dis WONDERLIK nuus! Die Here het voorsien soos elke keer as ons Hom vertrou met ons hele hart!:pp Hy het Sy eie tyd , maar Sy hulp is nooit te laat nie. Prys Sy almagtige Naam onder alle name!

Lanie
Jul 17th 2009, 11:57 AM
Ek is saam met jou dankbaar, MC. Sterkte met die nuwe werk. Die Here het voorsien en ek glo jy sal gelukkig wees. :)