PDA

View Full Version : Katolieke begrafnis



Tonton
Jul 17th 2009, 01:27 PM
Vandag moes ek vir die tweede keer in my lewe oor die drumpel van 'n Rooms-katolieke kerk gaan - en dit om die begrafnisdiens van my oorlede tante by te woon. (Die eerste keer is sowat twee jaar gelede toe haar man oorlede is).

Ek was so hartseer om al die beeltjies en sinnelose simbole, rosary, kerse, knie-bankies, mense wie se knieŽ knak vir 'n sement-beeld van Jesus aan die kruis, 'n "mass" waar die priesters brood en wyn verheilig, ens. te sien, en te sien hoedat mense as totale ritueel deelneem aan die diens - in my oŽ totaal ritueel, en geen lewende gees nie. Toe hulle eers die watertjies en wierook aanwend, en bid namens die oorledene vir haar sonde, voel dit of iemand my hart sonder epiduraal uit my ribbekas ruk!

Ek dank die Here dat ek vry is van rituele en simbole en tekens, en dat ek weet ek is gered, en dat ek my hande in die lug kan gooi (in lofprysing en gebed) wanneer ek wil, en nie wanneer andere dit van my verwag nie!

My hart bloei vir mense wat in hierdie binding is, en ek dank die Here dat AL die tante se kinders vry is daarvan.

Anton

Ta-An
Jul 17th 2009, 07:17 PM
Anton, ek was gevra om in 'n Anglikaanse kerk te gaan dans,,,, eers wou ek niks weet nie, toe sÍ die Here, Vat my Lig in..... en nou gaan ek dit doen,,,

Ek dans op hoofsaaklik Hebreeuse/Engelse (Messiaanse) musiek,,,,, so...

Hier gaan ek.....

Tonton
Jul 17th 2009, 09:21 PM
Sterkte - ten minste kan jy dalk vir iemand daar seŽn met jou danse. Waar ek was kon ek net kyk...

Anton

Willem
Jul 21st 2009, 10:09 PM
Nee man Anton, jy kan kyk EN bid boet ! Bid omdat die Here daar sal wees as 2 of meer van ons daar was , was Hy ook teenwoordig en dinge gebeur as ons Here teenwoordig is. ;)

protea
Jul 22nd 2009, 06:06 AM
Anton, ek het die ander middag net so op die end van n inbelprogram oor Harry Potter by die radio gekom toe een vrou inbel om te reageer op n aantyging teen die Rooms Katolieke Kerk. Die RKK probeer mos deesdae so bietjie erkenning gee aan Jesus as profeet maar nie as Verlosser van die wereld nie. Maar sy se toe duidelik waarvoor die RKK staan: 'Ons bid deur Moeder Maria om vir ons in te tree by God'. Hulle maak dus van Moeder Maria hulle middelaar. Ons weet dis waarvoor die RKK staan ,maar ek het die erkenning net lanklaas so duidelik uitgespel gehoor.:(