PDA

View Full Version : Bespreking Jona: Profeet?



David2
Jul 21st 2009, 02:34 PM
Jona is deel van die 12 klein profete. 'n Algemene kenmerk van die klein profete is dat hule almal praat oor die ballingskap op een of ander wyse. Sommige pre- en ander post- . Jona is waarskynlik oud en sal waarskynlik ook pre-eksilies wees. Maar is Jona 'n profeet in die gewone sin van die woord? Indien wel, wat profeteer hy?

Dit is natuurlik waar dat in die geledere van teoloŽ wat voorsegging in profesie wil minimaliseer, daar gesÍ word dat profesie eintlik net prediking is en dat voorsegging net 'n terloopse bysaak van profesie is en nie noodwendig deel daarvan nie. So gesien kan Jona natuurlik 'n profeet wees sonder dat hy enige voorsegging van latere gebeure gedoen het.

Ek glo egter dat profesie slegs bestaan as die profeet geroep is om mense te waarsku van toekomstige gebeure, sekere inligting daaromtrent gee, eksplisiet of implisiet, en dan sy boodskap daarop bou. Was Jona so gesien wel 'n profeet? Wat het hy voorspel? Of was hy net 'n profeet omdat hy Nineve moes waarsku oor God se komense oordeel oor hulle? Praat Jona geensins van die ballingskap van Israel soos wat al die ander klein profete doen nie?

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2009, 06:09 AM
Ek het nog altyd verstaan hy word as 'n profeet gesien bloot omrede hy in die rol gestaan het vir Nineve... was Israel enigsens ter sprake in die tyd wat Jona geleef het ? Kan Nineve of haar bevolking op een of ander manier by Israel ingeskakel word ?

David2
Jul 22nd 2009, 05:33 PM
Fila
Tog was Jona se profesie dat Nineve veroordel gaan word ook nie 'n "profesie" in die gewone sin van die woord nie, want (1) dit het nie profetiese betekenis vir die lesers van die Bybel nie en (2) die profesie is toe ook nie vervul nie want God het Nineve gespaar. Tog is Jona deel van die 12 klein profete - hoe moet ons daaroor dink?

lukeskywalker
Jul 22nd 2009, 07:23 PM
Jona was mos ook 'n vooruitwysing van Jesus, soos Jona drie dae in die buik van die vis was, was Jesus drie dae in die graf.

David2
Jul 22nd 2009, 10:02 PM
Luke
Jy is reg. Let egter op dat dit nie voor die tyd bekend was nie. Eers nadat Jesus die vergelyking gemaak het, kon mense dit weet.

Tog reken ek dat hier profesie in Jona voorkom wat mense nie so algemeen van bewus is nie. Vat bv. die verwysing na "see" en "land" in Jona 2. Dit is 'n bekende beginsel in profesie dat "see" in profesie verwys na die nasies en droŽ land na Palestina. Dat Jona in die buik van die vis uitgewerp is in die see, dui op Israel wat vir drie dae tussen die nasies verstrooi is (een dag = 1000 jaar). Die eerste ballingskap begin byna 1000 VC en tot vandag is dit dus 3000 jaar wat Israel deur vreemde nasies oorheers word. As hulle dan op land uitgespoeg word, is hulle terug in hulle land.

protea
Jul 23rd 2009, 01:36 PM
Joe David , dis baie interessant! Ek was ook van mening dat Jona se hoof (enigste?) 'claim to fame' was om vir Nineve te gaan waarsku. Ek het 2 aande gelede Jona deurgelees en die indruk wat Jona as mens op my gemaak het was min meer as n nukkerige tiener wat sy speelgoed uit die 'cot' gooi as hy nie sin kan kry nie en die lang lip kan ek my net voorstel omdat die grote God nie maak soos Jona gemeen het dinge moet gebeur nie. Is baie van ons as gelowiges se houding nie ook so nie? Ons sal die Here graag wil dien MAAR in n adviserende hoedanigheid....;)

David2
Jul 25th 2009, 01:38 PM
In watter opsig is Jona 'n profesie?

Jona is nie 'n profesie in die gewone sin van die woord nie. Jona sÍ bv. nie "So sÍ die Here" nie, behalwe net op een plek waar hy voorspel het dat Nineve verwoes gaan word en toe gebeur dit ook nie eers nie. Hier word nie direk in Jona voorspellings gemaak van Israel se toekoms soos by die ander profete nie. En tog, ja, Jona is 'n profesie. Deur die verhaal heen word hier meer van Israel se toekoms voorspel as wat mens nogal mag dink.

Wat profeteer hy?

Jona is 'n tipe van die volk Israel. Wat met hom gebeur, het met Israel gebeur. Jona is geroep om te gaan preek vir 'n heidense stad, maar hy wou nie. Israel is van die begin af onder Abraham geroep om 'n seŽn vir die nasies te wees, maar hulle wou nie en het dit nooit gedoen nie. Ook Jesaja maak dit duidelik dat Israel in diens van die nasies moes wees en dit nie gedoen het nie. Uiteindelik is die 12 Israelitiese apostels uitgestuur om
namens Israel na die uiterste eindes van die aarde te gaan, maar hulle het dit nou nog nie gedoen nie. In Gal. 2 gee die 12 hulle opdrag om na die nasies te gaan aan Paulus oor. Nie eers die 12 apostels wou na die nasies gaan nie, laat staan nog Israel self.

Jona 2:3 praat van die see. Wat beteken "see" gewoonlik in profesie en wat beteken dit hier?

Toe word Jona gestraf vir sy onwilligheid. Hy beland vir drie dae in 'n vis in die grote see. Israel het sy profeties-bestemde rol om God se agent in diens van die nasies te wees, gemis en is gestraf. Duisend jaar is vir God soos een dag en die eerste ballingskap het kort na 1000 vC gebeur. Israel is nou al drie duisend jaar onder die straf van "die see", dit wil sÍ onder die straf van die nasies. In Openbaringe en ook elders in profesie
is die see die nasies en die land is Israel (die dier uit die see en die dier uit die aarde in Openbaring). Selfs voordat Israel in die eerste ballingskap weggevoer is, is hulle reeds erg deur heidense nasies gepla en geteister. Dit gaan nou al vir drie duisend jaar aan. Ons kan dus sien dat die einde van Israel se straf nou naby is.

Jona 2:4 praat van die tempel. Kan dit dalk 'n profetiese verwysing na die herboude tempel van Israel wees?

Lees Jona se gebed in Jona 2:2-4 as Israel se gebed in hulle tyd van benoudheid en beproewing. Nie dat Israel se benoudheid nou verby is nie. Hulle staat is wel in 1948 gevorm, maar hulle verdrukking aan die hand van vreemde volke duur elke dag nog voort en die ergste lÍ nog voor. En wat bid hy in vers vier van die tempel? Is dit nie ook vandag nog Israel se groot gebed om weer die tempel te sien nie? Ons weet natuurlik dat die
gebed vandag verkeerd is en dat tempels en offers nou geen plek meer het nie en dat God nou nie meer so werk nie, ook nie met Israel nie. Tog is dit nog steeds die groot versugting van Israel vandag. Jona 2: 2-7 klink beslis vir my baie profeties en is verseker nie net van toepassing op die persoon Jona alleen, in die maag van die vis, duisende jare gelede nie. Uiteindelik sal hulle weer offers in die tempel bring (v. 9).

"Die heil behoort aan die HERE" - Jona 2:9.

Ons verstaan verlossing vandag geestelik as verwysende na die soenverdienste van Christus, maar vir Jona was verlossing fisies, net soos dit ook vir Israel aan die einde van die groot verdrukking sal wees wanneer die Here weer kom om die oorblyfsel van sy volk uit die kloue van sy vyande te verlos.

Jona was onteverede dat God nie Nineve veroordeel het vanweŽ hulle ongeloof nie. Wat kan die profetiese betekenis hiervan wees? Jona 4.

Jona was ontevrede dat God nie die stad veroordeel het nie. Hy het buite die stad onder 'n skuiling gaan sit. 'n Boom het vinnig opgegroei om vir hom skuiling te bied, maar is net so gou weer deur wurms opgevreet. Israel het in 1948 'n staat geword, maar was nog nie in lyn met God se ideale nie. Die wyse waarop God sy oordeel van die heidene afgewend
het en vir hulle vergifnis geskenk het, was vir Jona nie goed nie. Israel se nuutgevonde voorspoed in hulle staat en hulle vinnige ekonomiese en landbou-oplewing is vandag reeds onder groot bedreiging. Hulle skuiling wat vinnig opgebou is, gaan net so gou weer afgebreek word. Groot ellende wag vir hulle in die groot verdrukking wat nou voor hande is.

Jona 4 is vir my baie betekenisvol en 'n baie groot profesie oor die tyd waarin ons leef. Dit is ons plig om uit ons stad uit te gaan en met Jona te gaan praat daar waar hy onder sy skuiling sit. Hy is nie meer in die buik van die vis nie en dink alles is nou reg, maar dit is nie. Hulle is nog baie ver van God se wil af en iemand moet dit vir hulle gaan sÍ. Hulle verstaan nog nie die "verlossing van die Here" (Jona 2:9) nie en ons wat dit ken, moet dit met groot ywer uitdra, ook aan Israel.