PDA

View Full Version : Orgaanskenking



Lanie
Jul 22nd 2009, 06:51 AM
Wie van julle is orgaanskenkers? Hoe voel julle daaroor en is daar enige argumente vir of teen dit in die Bybel?

Die Filadelfieer
Jul 22nd 2009, 08:43 AM
Ek ken 'n vrou wat een van haar niere aan haar seuntjie geskenk het om hom aan die lewe te probeer hou (kanker?) , die operasie was nie 'n sukses nie en seuntjie is oorlede. (Bietjie van die punt af, sorry, maar 'n bewys dat daar nie perke aan sommige mammas se liefde vir hulle kinders is nie.)

As jy dood is het jy geen meer nut vir die liggaam wat God vormeer het nie, maar ander wel.....so hoekom nie ?

Johnny
Jul 22nd 2009, 12:07 PM
EK is nie seker nie. Ek het bietjie op die internet gekyk en sien nie regtig skrywe wat dit verbied uit 'n bybelse oogpunt nie. Ons kan se dat dit 'n skending van die liggaam is, of die "tempel" van God, net soos rook ens skadelik is vir die liggaam. Dan weer kry ons verheerlikde liggame wat onverganklik sal wees. Jy het dus nie jou ou liggaam nodig nie. Net nog 'n waarneming:

Het Adam, alhoewel hy geen insae gehad het nie, sy ribbebeen "geskenk" nie. Ek weet dit is nie 'n orgaan nie en dit was God se wil en Sy besluit. Almal van ons het ook al by geleentheid seker bloed geskenk. Dit is ook tog iets wat lewe en lewe aan die gang hou? Miskien sal die volgende verse ons laat besluit wat om te doen.


Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Fil 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Gene
Jul 22nd 2009, 01:39 PM
Die Bybel se die toppunt van liefde is iemand wat sy lewe afle vir iemand anders..... om 'n orgaan te skenk om iemand anders te laat lewe, is liefde! (Dis natuurlik 'n ander kwessie as daar vergoeding aan gekoppel word)

Francois Marais
Jul 24th 2009, 11:21 AM
Ek sal 'n orgaan skenk as ek dood is, maar terwyl ek lewe is daar nie iets wat ek kan skenk nie. Ek het 'n nier probleem gehad wat redelik skade aan my niere gerig het so paar jaar terug. Maar as ek sterf kan hulle my ligaam gebruik soos hulle wil. My gees en siel sal by God wees, nie my ligaam nie.

mari
Jul 24th 2009, 02:42 PM
As verpleegster het ek gesien hoe orgaanskenking 'n mens 'n tweede kans op lewe gee....... en vele wat na so 'n operasie wel tot geloof gekom het ......

my ma is meer as een keer 'n tweede kans gegun deur boedoortappings .......

( die enigste verwysing in die Skrif is wetlike voorskrifte in veral Lev. en Deut. waar die "eet" van enige vorm van bloed verbied word ....... )

......