PDA

View Full Version : Benodig raad Internet - help asb!

Gene
Jul 24th 2009, 07:59 AM
Ek het raad nodig, en hier is heelwat "kenners" op hierdie forum. Ek is maar redelik dom met al hierdie moderne tegnologie... Tot nou toe het ek hoofsaaklik by die werk internet gebruik, wat gratis tot my beskikking is. Maar die tyd het aangebreek dat ek ook tuis internet moes aanskaf, en na heelwat navrae het ek by 'n selfoonmaatskappy 'n data-kontrak aangegaan wat vir my 500 meg data per maand gratis gee. Soos ek verstaan het, behoort dit voldoende te wees vir my doeleindes (hoofsaaklik hierdie forum, e-posse en banksake) Maar nadat ek vir die eerste keer tuis op die net was vir ongeveer 20 minute, het ek ontdek dat ek byna 100 meg opgebruik het, en toe skrik ek groot! Teen hierdie tempo gaan die gratis data my nie lank hou nie en dan gaan ek deur my nek betaal vir die res....

Nou wil ek graag bietjie raad he by julle ouens wat kennis van hierdie goed het. Waarvoor moet ek versigtig wees om nie te veel data te gebruik nie? (Veral op hierdie forum.) Wat gebruik baie data en hoe moet 'n mens te werk gaan om die minimum data te gebruik? Dink julle 500 meg gaan voldoende wees (ek is van plan om dit hoofsaaklik saans en naweke te gebruik) of moet ek maar gaan vir 'n beter kontrak met meer data?

Gee asb raad aan 'n "tegnologies gestremde" ou man...:D

Johnny
Jul 24th 2009, 08:38 AM

Ek is by Vodaphone. Ek het dieselfde skok as jy gekry. Toe vind ek uit elke keer wanneer jy 'n nuwe "bladsy" oopmaak, dan neem hulle aan dat jy data aflaai. Elke "pop-up" is data aflaai, elke nuwe internet webblad of skakel wat jy oopmaak is "data" aflaai. Ons leef voorwaar in die era van geldgierigheid. Ons SAL net nie wen nie. So....die heuning om die mond wat hulle smeer vertel nie vir my en jou dat jy data aflaai met elke skakel/webblad wat jy net besoek nie, sonder om fisies data af te laai nie.

Gene
Jul 24th 2009, 09:56 AM

Johnny,

Beteken dit dat wanneer ek bv tussen die subforums en drade beweeg, dan vreet dit elke keer data? Jo...! Sal maar versigtig moet wees. Dankie!

Johnny
Jul 24th 2009, 10:11 AM
Johnny,

Beteken dit dat wanneer ek bv tussen die subforums en drade beweeg, dan vreet dit elke keer data? Jo...! Sal maar versigtig moet wees. Dankie!

Ek weet dat jou rekenaar inligting en blaaie kan stoor waar jy alreeds was sonder om dit weer oor te laai, maar daardie blaaie kan gedurig verander of opgedateer word wat beteken dat hy die nuwe blaai weer moet aflaai met die nuwe inligiting op. Dit is hoe ek dit verstaan. Mag dalk hier en daar verkeerd wees, maar ek glo nie te veel nie.

Die Filadelfieer
Jul 24th 2009, 10:50 AM
Ek gaan ook deur so 60-70 megagrepe 'n dag, en vind dat my 1Gig 3G kontrak baie kere nie voldoende is nie....ek vermoed egter mens kan sonder dat dit baie meer kos na 2Gig opskuif ? Ek sal self daarna moet kyk.

As mens natuurlik vir mense wat in eerste wreld lande vertel wat ons betaal vir bandwydte wil hulle hulleself gewoonlik dood lag dat ons so simpel kan wees om dit te wil betaal. Hopelik verander die prentjie nou met ons nuwe ondersese datalyn.

Lanie
Jul 24th 2009, 10:56 AM
Hopelik verander die prentjie nou met ons nuwe ondersese datalyn.

Vertel bietjie vir die tegnologiese gestremdes meer asseblief?

Die Filadelfieer
Jul 24th 2009, 11:05 AM
Vertel bietjie vir die tegnologiese gestremdes meer asseblief?

Ok, dit is soos 'n telefoonlyn n, maar net onder die see. Hy is onder die see want die pantser-omhulsel dryf glad nie. :D

Nee maar regtig, die projek se naam is SEACOM, dit is 'n allemintige bre-band lyn (1.28 Terabytes per sekonde) en word saam met ouens soos CISCO (baie groot netwerkmaatskappy) bedryf. Hier is 'n kort artikel oor die projek. (http://www.gadget.co.za/pebble.asp?relid=1366)

Francois Marais
Jul 24th 2009, 11:09 AM
Maak seker dat Microsoft Update nie aan is nie.
Maak seker dat Adobe nie updates aflaai nie. Dit is so blokkie met 'n sirkel in. Dit vreet data soos niks nie.
MSN Msg vreet ook baie data en ook as jy skype gebruik.
Laat weet as die post nie verstaan word nie.
Groete
Cois

Willem
Jul 24th 2009, 08:10 PM
Maak internet explorer oop, gaan na tools , internet optionss , general settings tab en dan settings.... as die settings is vit automaties te kyk vir nuwe of update blaaie van sites , verander dit na every visit to the page, dan download dit nie in background jou laaste klomp sites elke keer as jy aanlog nie ;)

Lanie
Jul 24th 2009, 08:19 PM
Waar gaan verander ek dit as ek Safari of Firefox gebruik?

marline
Jul 25th 2009, 12:15 PM
1 Gig is ook nie baie as jy gratis programme aflaai nie. (Veral as my jongste tuis is, het hy al die rekenaars gelyk op internet.):spin::bounce::spin:

Ek het 'n "wireless" koneksie, kos my R350 pm. met geen beperking. Ons up-load en down-load 24/7. Dit isie van die vinnigste koneksies nie, maar ek kan met die prys saamleef.
Het julle nou julself vasgeteken met 'n kontrak? Jy het die voordeel met so kontrak om met daardie muisie thingie oral te kan konnekteer, wat ek met my wireless nie kan doen nie, Lekker surf!!!!

Gene
Jul 25th 2009, 12:20 PM
Maak seker dat Microsoft Update nie aan is nie.
Maak seker dat Adobe nie updates aflaai nie. Dit is so blokkie met 'n sirkel in. Dit vreet data soos niks nie.
MSN Msg vreet ook baie data en ook as jy skype gebruik.
Laat weet as die post nie verstaan word nie.
Groete
Cois

Baie dankie - dit was my probleem. Ek het ontdek dat daar 'n skermpie is wat deurentyd vir my wys hoeveel dat ek gebruik, sodat ek dit heeltyd kan monitor. En ek het gesien dat dit 'n klomp data vreet sonder dat ek eers op 'n webwerf ingegaan het. Toe vind ek uit dat my "automatic updates" ens aan is, en ook dat 'n sekere webwerf as default webwerf gestel was - elke keer as die internet oopmaak, dan verdwyn 'n sak vol data sonder dat ek iets gedoen het. Nadat die settings reggestel is, lyk dit sommer spanne beter.

Ek het groot geskrik - was op die punt om die kontrak te kanselleer, want teen daardie tempo sou ek dit beslis nie kon bekostig nie. Ek gaan my maandelikse data verhoog, teen 'n relatiewe klein bedrag ekstra. Dan behoort ek redelik maklik deur te kom.

Wys jou, nooit te oud om te leer nie..... Baie dankie vir julle hulp en raad.

Francois Marais
Jul 25th 2009, 01:51 PM
Waar gaan verander ek dit as ek Safari of Firefox gebruik?

Nope, tensy mens diep in die stellings gaan rond speel :D
Maak altyd seker dat die updates gestel is sodat mens in kennis gestel word van nuwes sodat mens kan besluit om dit self te laai.
Dit sal keer dat kuber kraakers mens se stelsels lam l en skade aan die rekenaar keer.
Kyk ook na watter programme julle laai. Soms sal dit self updates aflaai (Soos Photoshop en Adobe readers)

Dit gebeur soms dat 'n virus ook data kan stuur na 'n bediener die hele tyd, so maak maar seker dat die anti virus sagteware altyd aan is.

Francois Marais
Jul 26th 2009, 08:04 AM
Vanoggend gesien my PC is besig om verwoed iets aftelaai....

Gaan kyk onder C:\Program Files (x86)\Common Files\Adobe\Updaterx (x64) of C:\Program Files\Common Files\Adobe\Updaterx (x32) vir Adobe_Updater.
Laad die program loop (gaan kyk vir updates) en sal 'n lys van updates gee.
Haal die regmerk uit van Check for updates.

Behoort die 3G mense te help. Adobe wou 550 MB se se updates aflaai :mad: