PDA

View Full Version : Bespreking Christen huwelike.



Die Filadelfieer
Jul 27th 2009, 07:41 AM
Die storm wat hierdie week rondom Retha Wiid en haar beoogte "Worthy Woman" kongres los gebars het, het my aan die dink gesit.
Sy word van alle kante (Christen en nie-Christen) gekritiseer oor sy durf waag om die vrou se rol in 'n huwelik te definieer volgens Bybelse voorskrifte, en omrede sy, volgense sommige kritici, hopeloos te "eksplesiet" oor die fisiese sy van 'n huwelik gesels. Angus Buchman word oor amper dieselfde onderwerp, maar hierdie keer die man se posisie en rol in die huwelik, oor die kole gehaal.

Die vraag is, hoekom hierdie storm ?
Het ons al ooit stil gaan staan en wonder hoekom Suid Afrika nie net een van die hoogste skei-syfers in die wêreld het nie, maar ook een van die hoogste vigs-syfers en tiener swangerskap syfers ? (Op 'n stadium wou die "powers that be" kraamverlof vir skoliere gee ! ) .

Duidelik is daar iets fout !


Hoekom skop mense, selfs Christene, so daarteen om hulle huwelike, elke faset daarvan (ja, ook die fisiese), aan die Here op te dra ? Daar is soveel getuienis daarbuite (en hier binne ook) dat God self kom en die balans dan sal stel soos wat Hy dit wil hê.. nie noodwendig eensklaps en onmiddelik nie, maar definitief.

Ek sit my kop op 'n blok met die volgende stelling : 'n Huwelik konstant tot eer van die Here sal NOOIT verbrokkel nie.

Johnny
Jul 27th 2009, 10:44 AM
'n Huwelik konstant tot eer van die Here sal NOOIT verbrokkel nie.


Fila, ons is getroud in 'n kerk sonder dat een van ons wedergebore was. Dit het absoluut geen waarde gehad nie. Na amper 6 jaar se stryd het ons die Here gevind en dieselfde dag ( 13 Maart 2001) in sak en as tot bekering gekom. Alles het verander, nie dat daar nie nog so nou en dan 'n onenigheidtjie is nie, maar dat ons al daai jare gemors het sonder die Here, is vir my amper onbegryplik. Voorwaar is HY die een wat 'n huwelik kan herstel en aanmekaar hou. Die bybel voorspel egter dat al hierdie dinge sal vermeerder namate die tyd nader kom.

Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

Die Filadelfieer
Jul 28th 2009, 09:05 AM
Jonny, ek kan maar net beaam wat jy skryf, God anker 'n huwelik op 'n manier wat amper nie woorde het nie.

Hannelie Pretorius
Jul 28th 2009, 10:58 AM
Jonny, ek kan maar net beaam wat jy skryf, God anker 'n huwelik op 'n manier wat amper nie woorde het nie.

Ek kan ook dit beaam. Te meer nog toe ek besef dat my man koning, priester en profeet in die huis moet wees. Ja daar is nog verskilletjies maar rusies omtrent nooit meer nie.

Marinda
Jul 30th 2009, 11:11 PM
Ek stem 100% saam met jul. God is eerste, dan my man en dan ek. My man is die hoof van ons huis, die priester van ons huis. Ek glo natuurlik dat baie huwelike sukkel omdat die man nie sy amp in die huis verstaan en volstaan nie, soos met verhouding tussen man en vrou, kinders, verantwoordelikheid ens. As 'n man nie sy verantwoordelkik nakom nie, wie moet dit dan doen, die vrou en baie keer word die rolle omgeruil. En jammer om te se, satan gebruik al hierdie geleethede om huwelike te breek, jou verhouding met God lei daaronder. Ek dink ons kan die Gelykenis van die huise wat op sand en rots gebou is ook deurtrek na ons huwelik, as ek my huwelik op God bou, Sy Woord as my riglyn gebruik, waarborg ek 'n gesonde huwelik.

Tonton
Jul 31st 2009, 09:04 AM
Ek stem 100% saam met jul. God is eerste, dan my man en dan ek. My man is die hoof van ons huis, die priester van ons huis. Ek glo natuurlik dat baie huwelike sukkel omdat die man nie sy amp in die huis verstaan en volstaan nie, soos met verhouding tussen man en vrou, kinders, verantwoordelikheid ens. As 'n man nie sy verantwoordelkik nakom nie, wie moet dit dan doen, die vrou en baie keer word die rolle omgeruil. En jammer om te se, satan gebruik al hierdie geleethede om huwelike te breek, jou verhouding met God lei daaronder. Ek dink ons kan die Gelykenis van die huise wat op sand en rots gebou is ook deurtrek na ons huwelik, as ek my huwelik op God bou, Sy Woord as my riglyn gebruik, waarborg ek 'n gesonde huwelik.

AMEN!

Ons loop onsself gereeld vas aan wêreldse definisies van wat "vroulike onderdanigheid" en "manlike hoofskap" beteken, terwyl die Bybelse verklaring daarvan ryn en duidelik is:

Efesiërs 5:
:19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,
:20 terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
:21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.
:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
:28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

Ons moet ook besef - God berei ons voor om die bruid van Jesus te wees. Hoe kan ons verwag om Sy bruid te wees indien ons nie bruidskap verstaan nie?

Ek haal my hoed af vir elke man of vrou wat opstaan vir 'n Goddelike man/vrou verhouding.

Anton

Gene
Aug 3rd 2009, 02:21 PM
Ek kan maar net beaam wat almal van julle gese het. Weet julle, ek besef elke dag meer en meer dat die Here aan absoluut ALLES gedink het, en 'n oplossing vir ELKE moontlike menslike probleem het - mits daar by Sy voorskrifte gehou word. Mense skop teen 'n Bybelse model vir 'n huwelik, maar soos julle ook tereg opgemerk het, dit is die ENIGSTE waarborg vir sukses! Sielkundiges en ander slim mense kan probeer soos hulle ookal wil, maar die ongeluk en seer in die lewe kan op geen ander manier opgelos word as op God se manier nie.

God se die man moet die hoof van die huishouding wees, die mens se nee! En kyk net die chaos in vandag se huwelike. God se die mens mag nie skei wat Hy saamgevoeg het nie, maar die mens se nee. En kyk maar net na die chaos van gebroke huwelike - kinderlewens wat verwoes word en eindelose hofgedinge om praktiese probleme wat egskeiding meebring, te probeer oplos. God se seks voor die huwelik is verkeerd, maar die mens se nee, solank dit net veilig is, is alles reg. En kyk hoeveel tienerlewens word verwoes, om nie eens te praat van die ontelbare onwelkome babas wat in die wereld gebring word, of selfs deur aborsies vermoor word nie.... God se 'n huwelik is 'n instelling tussen 'n man en vrou, die mens se nee, twee mense van dieselfde geslag kan ook trou. En kyk maar na die chaos, gebroke lewens, en wie weet wat nog alles. God se egbreuk is verkeerd, die mens se nee, en kyk maar...... so kan ek aangaan. God se sus, die mens se so, en klokslag dop die mens 'n toets!! Elke enkele menslike besluit loop uit op probleme waarvoor daar nie oplossings bestaan nie.

Wanneer gaan die mens leer......?

Tonton
Aug 3rd 2009, 02:36 PM
Selfs Salomo, waarskynlik die wysste man wat nog op die aarde was, kon dit nie regkry nie - hy het vroue wat afgode dien geneem, en hul afgodery gefasiliteer. En hy is 'n man wat met God gepraat het (hoewel in 'n droom), en sy pa, David is die een na die hart van God.

Die volk gaan verlore weens 'n gebrek aan kennis - en weens astrante tergery van God, deur Sy wil teen te staan.

Anton

Ta-An
Aug 3rd 2009, 05:28 PM
Ek het so pas die van 'n vriendin ontvang ...alhoewel in Brits gaan ek dit nie oorvertaal nie

I attended a 50th wedding celebration recently of a dear couple in the L-RD. The gentleman I sat next to at the celebration lunch had the same interest I have in the Hebraic Biblical view of the Scriptures. During the course of the dinner he made a rather shocking statement regarding “coverings” which shook me to the core. He said words to the effect that a woman who seeks the counsel of any man other than her husband is contributing to his emasculation and is setting him up to be spiritually infertile. He said that our churches were full of women who looked up to their pastor, priest etc as being the “ideal” man thus elevating him to the position of a “herd bull” no wonder their husbands didn’t develop their own relationships with the L-RD, they felt the competition was too stiff! Hard words to swallow and I had to go back to Father and repent of anything I had done in my own life to promote such a sprit operating in my own life! :)

Die Filadelfieer
Aug 4th 2009, 05:49 AM
Ek het so pas die van 'n vriendin ontvang ...alhoewel in Brits gaan ek dit nie oorvertaal nie :)


Dit is nogals harde woorde Ta-an, maar ek vermoed dit is die situasie in meer huise as wat ons wil besef.

Tonton
Aug 4th 2009, 06:48 AM
Ek het so pas die van 'n vriendin ontvang ...alhoewel in Brits gaan ek dit nie oorvertaal nie :)


I attended a 50th wedding celebration recently of a dear couple in the L-RD. The gentleman I sat next to at the celebration lunch had the same interest I have in the Hebraic Biblical view of the Scriptures. During the course of the dinner he made a rather shocking statement regarding “coverings” which shook me to the core. He said words to the effect that a woman who seeks the counsel of any man other than her husband is contributing to his emasculation and is setting him up to be spiritually infertile. He said that our churches were full of women who looked up to their pastor, priest etc as being the “ideal” man thus elevating him to the position of a “herd bull” no wonder their husbands didn’t develop their own relationships with the L-RD, they felt the competition was too stiff! Hard words to swallow and I had to go back to Father and repent of anything I had done in my own life to promote such a sprit operating in my own life!



An,

Dit is waar! Dit bring vir my Efesiërs 5 in konteks. Dankie hiervoor.

Anton

Ta-An
Aug 4th 2009, 03:52 PM
Gerrit Nel, bied Huweliks verrykings kursusse aan, die naweek in Potchefstroom, mens moet bespreek, maar jy kan die nr kry by Radio Kansel ;) ook op ander plekke, maar ek was stadig met die pen .... :rolleyes:

Hierdie man weet waarvan hy praat, het vanoggend na hom geluister.

Hy sê onder andere, 'n man is nie kompleet mens indien hy nie een is met sy vrou nie.... G_d het mens gemaak, en die vrou uit die mens geneem, en dit wat oorgebly het, was man... Slim mannetjie daai :idea:

Ek dink mens kan Radiokansel se programme wat uitgesaai is aflaai oor die net...... rk dink dit was die 09H30 program.... :hmm: