PDA

View Full Version : BELANGRIK Hoekom staan Jesus buite.....?



Johnny
Jul 31st 2009, 08:41 AM
Vergun my die geleentheid om ons jeugleier se maandbrief aan ons kerk se jeug hierdie maand te plaas.




"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My." Open. 3:20
Die konteks van hierdie vers is natuurlk die kerk van die Laodicense. Laodicense beteken "Menseregte". Wanneer mens n studie van die eindtyd profesie maak dan besef mens dat die 7 gemeentes aan wie Johannes skrywe in Openbaring 2-3 die verskeie kerk tydperke uitbeeld. En dan is daar geen twyfel dat ons vandag in die laaste kerk era leef, nl. die kerk van Laodicense, die kerk van menseregte nie.
Hoe hartseer dat in hierdie gedeelte lees ons dat Jesus buite die kerk staan, Hy klop aan die deur terwyl die mense binne in die kerk is. Wat maak Jesus buite die kerk?! Leef Hy dan nie onder die lofsange van Sy volk nie? Is Hy dan nie in die "gelowiges" se midde nie? Wat van "Waar twee of meer in My Naam vergader, daar is Ek ook"?
Die vraag is, waar staan die grootste deel van die kerk vandag? Hoe lyk die geloof van die modern kerk? Het hul nog saligmakende geloof?
"Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van my af." Matt. 15:8
Jesus haal hier uit Jesaja 29:13 aan. Daar skryf Jesaja die rede hiervoor daaraan toe, dat die vrees vir die Here n aangeleerde gebod is, m.a.w. slegs dooie tradisie.
Die kerk van die laaste dae sal n aangeplakte godsdiens h, waar dit bloot uit tradisie beoefen word as uit n ware, heilige vrees vir die Here. Dit sal n kerk wees wat n gedaante van godsaligheid het, maar wat die krag daarvan verlon het.
"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verlon het. Keer jou ook van hierdie mense af." 2 Tim. 3:1-5
Hy praat daar van die kerk, mense wat hulself Christene noem, maar wat lewe presies soos die wreld. Kyk maar na die kerk van vandag. Die musiek klink net soos die wreld sin, die prediking is meer gefokus op selfverheerliking as God verheerliking. Dit fokus meer op hoe om jouself te verbeter as oor die ware evangelie. Sonde word nie meer genoem nie. Dit word toegeskryf aan n swak selfbeeld. Die kerk van vandag fokus op selfverheerliking in plaas van self verloning! Is dit die boodskap van die evangelie?
"En Hy s vir almal: As iemand agter My aan wil kom moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg." Luk. 9:23
Die kerk van die laaste dae is n kerk sonder bekering. Dit is duidelik uit die gedeelte van 2 Tim. 3, maar kyk ook die konteks van Open. 3:14-22.
Loadicense is die lou kerk, wat nie die Here met liefde en eerbied dien nie, maar vir eie gewin. Wat dink dat hy ryk is en aan niks gebrek ly nie, en dit is sekerlik so, wat aardse dinge aanbetref, maar diep in hul harte doen hul dit als net vir eie gewin. Daar is nie n vrees vir God nie, dit is die onbekeerde kerk, terug gevalle kerk en die kerk wat deur die groot verdrukking sal gaan.
Die Here s "Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk ek staan by die deur en ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek in-gaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. Wie n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die Gemeentes s." Open. 3:19-22
Hoe lyk jou hart vandag? S jy jy is n Christen, maar eintlik is jou hart ver van God? Dien jy slegs die Here vir wat jy daaruit kan kry, m.a.w. vir eie gewin? Vandag staan Jesus dan buite jou hartsdeur en Hy klop. Gaan jy die deur oopmaak of gaan jy maar aangaan met n dooie godsdiens wat sonder die krag van godsaligheid is?
"...Vandag as julle Sy stem hoor, verhard julle harte nie" Heb. 3:15

RR van Wyk
Feb 5th 2010, 05:59 AM
Hi Johnny,

Dit is interrasant wat jy hier geplaas het. Jy s Laodicense beteken"menseregte" en dat die verskillende gemeentes wat hier genoem word sewe verskillend eras aandui. Dit is vir my interresant, ek het nog nie hierdie "angle" gehoor nie. Waarvoor staan die ander ses gemeentes dan, en die eras wat hulle voorstel?

Interresant dat "menseregte" huidiglik om elke hoek en draai wreldwyd met ons keelgatte afgeprop word.... Interresante verbintenis..

Ongelukkig is dit ook waar wat jy s van die huidige toestand van ons kerke.

Freek
Feb 5th 2010, 08:34 AM
Johnny, wat is reg? Die gereformeerde kerke trek die streep op 'n plek waar die gawes van die Gees uitgesluit word. Die charismatiese kerke trek die streep sodat dit ingesluit word en dan is daar kerke wat die streep nog verder weg trek en 24/7 bid en wonderwerke vind daar plaas. En die een word deur die ander sektes, weidos en allerhande name genoem en vice versa. So kan ek voortgaan. Waar l die waarheid? Dan praat ek nog nie oor Bybel interpretasie nie.

Freek
Feb 5th 2010, 08:46 AM
Dien jy slegs die Here vir wat jy daaruit kan kry, m.a.w. vir eie gewin?

Wat is anders die doel? Ek het brandversekering uitgeneem toe ek die stap geneem het om die Here aan te neem. Ek verstaan nie werklik wat jy hiermee bedoel nie.

RR van Wyk
Feb 5th 2010, 08:49 AM
Ek het bietjie gaan kyk na die betekenis van Laodicense, ek kan nie eintlik sien hoe kom ons by "menseregte" uit nie... Ek het gaan kyk na die ander ses gemeentes ook, maar dit lyk maar taamlik grys daar ook wat hierdie betref...

Maar terwyl ons nou praat oor hierdie gemeentes. Ek het eendag 'n predeker hoor s dat om jou kerk te vergelyk met hierdie sewe briewe 'n goeie indikator is van die gesondheid van jou kerk. Ek het nog nie dit self op die proef gestel nie... Ek wonder nou of enige van hierdie briewwe enigiets noem van evangilisasie. Indien nie, is hierdie teorie seker ook taamlik gryserig...