PDA

View Full Version : Spesiale verjaarsdag!!!!



Lanie
Aug 13th 2009, 06:10 AM
Dit is vandag 'n 'n baie spesiale verjaarsdag vir 'n baie spesiale mensie....

MercyChild - Baie geluk met hierdie eerste verjaarsdag as kind van die Allerhoogste! Mag dit 'n wonderlike dag vir jou wees en die begin van 'n lewensjaar waarin jy God se liefde en vrede elke dag sal ervaar.

Ons is lief vir jou!

CFJ
Aug 13th 2009, 08:56 AM
Baie geluk Linda en mag die liewe Here jou bederf vandag!

Ta-An
Aug 13th 2009, 09:18 AM
Mag die HERE jou seŽn en jou behoed;
Mag die HERE Sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Mag Hy Sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Lekker verjaar
Be Blessed
:hug:

MercyChild
Aug 13th 2009, 09:36 AM
:hug:Dankie julle, dit voel nogal vreemd en ek is nie so seker wat om met myself aan te vang vandag nie. Die Here was vir my baie goed, en as ek daaraan dink loop my hart oor van blydskap vandag. Dis is 'n groot voorreg om hierdie jaar my verjaarsdag binne SY wil te herdenk. Waarvoor ek werklik dankbaar is, is vir GOD se genadekans. Daar is geen groter geskenk as dit nie! Ek was regdeur die jaar bederf deur GOD se goedheid en guns, nuwe vriende wat HY toegelaat het ek moet ontmoet, en dan was daar nog hope seeninge ook!!! Hy wag nie vir verjaarsdae nie. LOL!:pp

protea
Aug 14th 2009, 11:47 AM
Baie geluk Klynsis! Mag die Here jou seen met die keur van Sy seeninge! Ons is SO trots op jou en is BAIE lief vir jou.:kiss: X 777

Francois Marais
Aug 18th 2009, 06:53 PM
Hey baie geluk. Mag jy al hoe sterker en sterker in die Vader se woord groei!