PDA

View Full Version : Help asseblief Skrif



Ta-An
Aug 13th 2009, 09:36 AM
Kom help my Skrif soek wat gebruik kan word as teenvoeter vir slegte gedrags patrone... of slegte emosie.....

Soos Bv. Teen vrees
2Tim 1:7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.

Teen moedeloosheid:
Job 29:24 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=18&CHAP=29&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=24) Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
Klink vi my soos Lag terapie??

Verswlaenheid/ vrolik
Spreuke 17:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=20&CHAP=17&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Neerslagtigheid/vrolikheid
Spreuke 17:13 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

Die: Klink vir my soos Lag terapie?? :lol:

Hoeveel keer per dag lag jy regtig uit jou maag uit??
Miskien sal ons meer gesond wees as ons lag??

:rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

Ta-An
Aug 13th 2009, 07:19 PM
Kolosense 3:5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

MAAR:

10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.

12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

************************************************** *****

Bely en lê af:

hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie
MAAR beklee met :
kennis na die beeld van sy Skepper, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
13 Verdra mekaar en vergewe mekaar .
14 En beklee julle bo dit alles met die liefde .laat die vrede van God,in julle harte heers, en wees dankbaar.

Die dinge wat ons moet aflê is sondige "persoonlikhede" en dit wat die opdrag is om mee beklee te word is kennis, liefde en vrede van ons Skepper.... dus gelyk aan die Vrug van die Gees