PDA

View Full Version : Vader, waar is 'n diensvolk?



Psalm
Aug 19th 2009, 01:20 PM
Vader, waar is die mense, die mense wat in gees en waarheid wil aanbid? U wil aanbid? U wil wil doen? U mense wat nie te besig is vir U nie? U mense wat die heeltyd smag na U? U mense wat nie n geheime goue sleuteltjie soek wat n quick fix to all is nie.

Waar is U mense wat U waarlik liefhet, wat se hart roep na U vandat hulle opstaan in die oggende, oppad werk toe U aanroep, sukkel om te konsentreer op hulle werk omdat hulle U dinge bedink, smag na U met etenstyd, dink aan U Woorde oppad huistoe na n dag in die vyhand se stelsel, terwyl hul kosmaak dink aan U Woord, U onvervalsde Woord lees, en na U aanroep in die aande, gaan slaap en dink aan die dinge van U? Droom van U wil en selfs nog in hul drome stry teen die bose magte wat in ons gedagtes inwerk?

Waar is U uitverkore, diensvolk? Die wat nie eers ander prioriteite het om af te handel voordat hulle tyd vir U kan inwerk in hul aardse wereldse geldmaak, genotvolle lewe nie?

Waar is U kinders wat begeer om by U voete te sit, is daar enigsins meer as net twee of drie van hulle oor?

Die wereldse dinge bied my niks, geld doen niks meer vir my nie, genot en die genietinge van die vleeslike aardse dinge bevredig my gladnie, inderdaad, dis alles net soos Prediker s, net n gejaag na wind. Wat gaan jy doen as jy ooit eendag wind sou gevang kry, wat kan jy daarmee doen? NIKS, ja niks!

Nou weet ek in n mate hoe Dawid gevoel het in baie van sy psalms wat hy geskryf het, leeg sonder Vader, die wereld is net gevul met lee boosheid wat mens vul met niks, en dan nog boosheid daarby.

Ek wil nie meer werk vir geld nie, ek wil werk vir Vader, ja sonder geld verdienste, sonder om iets te verdien daarvoor want die verdienste bring begeerlikhede wat lei na die dood. Werk vir Vader omdat ek Hom liefhet, nie omdat ek iets terugsoek daarvoor ooit nie. Maak nie sin nie maar dis heerlik!

Wat is bekering? Bekering is om jouself totaal oor te gee aan Vader, sonder om iets terug te wil h. Net die gedagte dat jy in diens staan vir Vader, die almagtige van die heelal, van alles, is meer as enige iets anders, en dis wat Vader wil gee en nog baie BAIE meer, soveel meer as wat my brein nie kan insien nie!

Vat maar my huis, my kar, al my goeters, dis net staal en plasiek wat vergaan, maar die Woorde van God is lewe, lewe in oorvloed, sonder staal en plastiek, sonder sorge en pyn en afgodery en wereldse roes en stof.

Wandel in die nuwighied van die Gees, in Jahshua.
Ek verdrink in die Woord van God, Woorde van lewe en wysheid en krag en heerlikheid met Liefde wat onbeskryflik is. Waar is U mense wat dit kan verstaan en besef dat die stoflike is tydelik maar die geestelike is volhoudend, lewe en vervuldheid.

Niks anders as God kan mens se wese vervul nie, maar ander goed kan wel net bevlek en vuil maak en vernietig.

Dwaasheid is die dinge van die wereld, dwaas en vol dood.

Sterf af die tydelike en wandel in die Gees in die volheid van Sy krag en Sy wese, wandel in die Gees en lewe n lewe tot Sy eer, en Hy sal jou wese vervul met die ewige lewe!

CFJ
Aug 19th 2009, 03:53 PM
Dankie Psalm, dit is vrae wat voel of ek dit self kon vra en juis oor hierdie rede het ek veral Psalms soveel beter beleef, omdat Dawid en van die ander Psalm-skrywers telkens hierdie soort vrae vra...

Johnny
Sep 29th 2009, 06:31 AM
As ek na jou stukkie kyk, dan voel ek ook soos CFJ. My vraag is dus die volgende:


Waar is die sogeneemde herlewing?
Wat het geword van die Mighty Manne....
Wat het geword van die Worthy Womens....
MM en WW...klink vir my na 'n nuwe soort sjokolade.

Hierby volstaan ek weereens dat daar GEEN herlewing vir ware wedergebore kinders kom op massa skaal nie, maar vervolging. Jy sal wel 'n herlewing in jou hart ervaar, want Sy koms is naby en iets om na uit te sien.

MercyChild
Sep 29th 2009, 08:08 AM
Wat is bekering? Bekering is om jouself totaal oor te gee aan Vader, sonder om iets terug te wil h. Net die gedagte dat jy in diens staan vir Vader, die almagtige van die heelal, van alles, is meer as enige iets anders, en dis wat Vader wil gee en nog baie BAIE meer, soveel meer as wat my brein nie kan insien nie!

Vat maar my huis, my kar, al my goeters, dis net staal en plasiek wat vergaan, maar die Woorde van God is lewe, lewe in oorvloed, sonder staal en plastiek, sonder sorge en pyn en afgodery en wereldse roes en stof.

Sterf af die tydelike en wandel in die Gees in die volheid van Sy krag en Sy wese, wandel in die Gees en lewe n lewe tot Sy eer, en Hy sal jou wese vervul met die ewige lewe!

Jou bogenoemde gebed, het dit wat ek vir 'n tyd lank bepeins het, opnuut aangewakker......... Vir Hom alles of niks! Mag ons leef net vir HOM!:giveup:"I surrender"