PDA

View Full Version : Mmc 2010



Francois Marais
Aug 19th 2009, 07:08 PM
Ek het vandag die pos in die elektroniese boksie gekry van oom Angus se volgende MMC.

Maar ek het nie die honger om na oom Angus te gaan luister meer nie. Ek weet nie of dit is omdat mens gaan om oom Angus te gaan sien en nie vir die woord nie, of wat regtig my weerhou om te gaan nie.

Ek dink dit is omdat meeste mense wat daarheen gaan als wat hulle daar gehoor het die eerste 2 minute op die pad vergeet. Die manne jaag so besete mense. Hulle is ongeskuk en dit voel vir my dat ek nie in die grootste 4x4 byeenkoms wil wees in 2010 nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek waardeer die werk wat ooom Angus doen, maar steeds. Iets weerhou my om volgende jaar soontoe te gaan...

Hoe voel julle ander manne? :hmm:

Willem
Aug 19th 2009, 07:39 PM
Francois,

ek stem saam, as jy nie voel om te gaan nie, moenie, die Here sal die wat moet gaan daar laat uitkom , daar sal ook wees wat net vir die event gaan, maar dis maar soos alles, ons moet onsself ondersoek ne'?

Johnny
Aug 24th 2009, 08:15 AM
Iets weerhou my om volgende jaar soontoe te gaan...


Jy het reg....hou maar verby. Ek het nog nooit gegaan nie en is nie van plan om te gaan nie.

Merweda
Dec 14th 2010, 09:17 PM
Jy het reg....hou maar verby. Ek het nog nooit gegaan nie en is nie van plan om te gaan nie.
Aanvanklik wou ek nie na se MMC 2010 gaan nie, maar `n vriend het my oortuig en min het ek geweet wat GOD in stoor het vir my gehad het, eintlik het daar `n wonderlike deur vir my oop gegaan. Die Saterdagaand na Oom Anchus se Woord verkondiging, was ons by ons kampplek besig om te gesels, toe iemand my vra wat ek doen. Ek vertel hulle toe dat ek voltyds sendingwerk doen en dat ek besig is met `n projek in Lesotho, waar ons die kerkie wat daar gebou is, te herstel ens. Twee jaar terug toe ek daar bedien het, het ek vir die HERE gevra om my te help, sodat ek hulle van die nodige boumateriaal kon voorsien om die kerkie te herstel. Iemand sÍ toe vir my om vir hom te e-pos te stuur en te sÍ wat ek alles nodig sou hÍ, en wat ek toe ook later gedoen het. hy laat weet toe terug na enkele dae dat hy met sy werkgewer gepraat het en dat diŤ gesÍ het dat ek boumateriaal wat ek nodig het, by hulle, wat `n groot konstruksie maatskappy is, te kom afhaal. Wat vir my na `n doellose geryery bleik te sou gewees het, het daar iets mooi`s en wonderbaarlik uit gekom

Tonton
Dec 16th 2010, 08:31 AM
Gelukkig was jy nie hardkoppig teen die stem wat vir jou gesÍ het om wel te gaan nie.

Daar is talle manne met wonderlike getuienisse hoe God hulle aangeraak het by die MMC.

Ek verstaan 2010 was die laaste MMC? :(

Anton

Francois Marais
Dec 20th 2010, 06:07 AM
Was dit nie die laaste een op oom Angus se plaas gewees nie? Ek het iets gehoor van MMC Karoo?

Tonton
Dec 20th 2010, 06:26 AM
Was dit nie die laaste een op oom Angus se plaas gewees nie? Ek het iets gehoor van MMC Karoo?

Hmmm...

Halfpad nader aan Wes-Kaap!

Hoop jy's reg!

Anton

NS: Ek is mal oor jou blessing in jou onderskrif!

mari
Dec 21st 2010, 11:42 AM
aaaaai .........

miskien kan die manne wat nie voel om hul vriende saam te nooi na 'n Christen Manne byeenkoms nie ..... en veral di wat oom Angus en sy boodskap so kritiseer ....... maar eerder hul manlikheid gaan ontdek by die mankind project spul ? .....

.................... ;) ...................

Francois Marais
Dec 23rd 2010, 09:34 AM
Nou kom ons kyk wat het gebeur toe ek soontoe gegaan het...

My pa het verander vir 3 dae, toe weer sy ou self geword. My neef wat ek saam genooi het, het sy meisie 'n buite egtelike kind gewek, en sterk betrokke geraak met okkulte.

Ek wat geweet het daar is fout met my het gaan hulp soek, en is tans besig om 'n berader te sien vir my probleme. Het ek iets by die kamp geleer? Jip... Mense plaas oom Angus op 'n troon in plaas van Yeshau! Gaan kyk maar. As daar een boek uitkom van oom Angus is die een van die top verkopers. Dalk is dit omdat mense honger is, ek weet nie, maar as hulle die dag ophou om oom Angus op 'n troon te plaas sal dinge beter gaan. FOKUS OP YESHUA en minder op die boodskappers!

Ta-An
Dec 23rd 2010, 12:04 PM
aaaaai .........

miskien kan die manne wat nie voel om hul vriende saam te nooi na 'n Christen Manne byeenkoms nie ..... en veral di wat oom Angus en sy boodskap so kritiseer ....... maar eerder hul manlikheid gaan ontdek by die mankind project spul ? .....

.................... ;) ................... :rofl: :rofl: :rofl: :rofl: :rofl:

Ta-An
Dec 23rd 2010, 12:06 PM
Nou kom ons kyk wat het gebeur toe ek soontoe gegaan het...

My pa het verander vir 3 dae, toe weer sy ou self geword. My neef wat ek saam genooi het, het sy meisie 'n buite egtelike kind gewek, en sterk betrokke geraak met okkulte.

Ek wat geweet het daar is fout met my het gaan hulp soek, en is tans besig om 'n berader te sien vir my probleme. Het ek iets by die kamp geleer? Jip... Mense plaas oom Angus op 'n troon in plaas van Yeshau! Gaan kyk maar. As daar een boek uitkom van oom Angus is die een van die top verkopers. Dalk is dit omdat mense honger is, ek weet nie, maar as hulle die dag ophou om oom Angus op 'n troon te plaas sal dinge beter gaan. FOKUS OP YESHUA en minder op die boodskappers!
Elke outjie sal vir sy eige sondes sterwe Francois, maak jy maar net seker jou saak is reg met die Here :)

Tonton
Dec 25th 2010, 07:51 AM
Nou kom ons kyk wat het gebeur toe ek soontoe gegaan het...

My pa het verander vir 3 dae, toe weer sy ou self geword. My neef wat ek saam genooi het, het sy meisie 'n buite egtelike kind gewek, en sterk betrokke geraak met okkulte.

Ek wat geweet het daar is fout met my het gaan hulp soek, en is tans besig om 'n berader te sien vir my probleme. Het ek iets by die kamp geleer? Jip... Mense plaas oom Angus op 'n troon in plaas van Yeshau! Gaan kyk maar. As daar een boek uitkom van oom Angus is die een van die top verkopers. Dalk is dit omdat mense honger is, ek weet nie, maar as hulle die dag ophou om oom Angus op 'n troon te plaas sal dinge beter gaan. FOKUS OP YESHUA en minder op die boodskappers!

Francois,

Ek is regtig jammer dat jy en jou familielede wat daar was nie seŽn ervaar het nie. Ek bid saam met jou vir jou pa en jou neef.

Daar is egter duisende wat wel seŽn ervaar het, en wat nie vir Angus as meer as 'n mens met 'n boodskap en met 'n hart vir Jesus sien nie - en ek is bitter dankbaar daaroor.

SeŽn vir jou,
Anton

mari
Dec 27th 2010, 10:56 AM
( die draad oor George se gebedsbyeenkoms vir reen is missing, so ek post maar hier )

bietjie meer as 'n jaar gelede het George se mense in hul duisende saamgetrek by ons sport terrein vir 'n gebedsdag om reen ..... ons dam was so 27% ...........

in Julie het die Japanners se sokkeballe op dieselfde terrein rondgedryf .......

'n maand of wat gelede was daar weer so 'n saamtrek, die keer danksegging vir die seeninge wat op ons geval het .... die dam was 80% vol .........

dis oujaar 2 maande later, en die dam staan oor die 100% !!!!!! ........

ja, oom Angus was een van die sprekers by beide geleenthede ...... sy boodskap : neem verantwoordelikheid en sorteer die deurmekaarspul in jul leierskap uit, maak Jesus jul prioriteit, en die seen sal volg - en begin in jou eie huis .......... iewers het iemand geluister..... nie na oom Angus nie, maar na die boodskap van versoening en verantwoording .........

dog ma net ............ m

Johnny
Jan 27th 2011, 10:11 AM
Nou kom ons kyk wat het gebeur toe ek soontoe gegaan het...

My pa het verander vir 3 dae, toe weer sy ou self geword. My neef wat ek saam genooi het, het sy meisie 'n buite egtelike kind gewek, en sterk betrokke geraak met okkulte.

Ek wat geweet het daar is fout met my het gaan hulp soek, en is tans besig om 'n berader te sien vir my probleme. Het ek iets by die kamp geleer? Jip... Mense plaas oom Angus op 'n troon in plaas van Yeshau! Gaan kyk maar. As daar een boek uitkom van oom Angus is die een van die top verkopers. Dalk is dit omdat mense honger is, ek weet nie, maar as hulle die dag ophou om oom Angus op 'n troon te plaas sal dinge beter gaan. FOKUS OP YESHUA en minder op die boodskappers!

Ek reken MASSA byeenkomste beteken nie noodwendig MASSA herlewing of bekering nie. Ek dink daar is maar min ware opregte bekering by sulke byeenkomste. Die feit dat George se dam 100% vol is kan dalk ook nie toegeskryf word aan gebed nie. Die hele land se damme is oor die 100% vol. Die hele wereld ervaar ongekende oorstromings. Australie byvoorbeeld is besig om die see in te spoel.....en so baie ander dele in die wereld. Dalkies het hulle net so 'n bietjie te veel gebid vir reen.:hmm: Ek reken eerder die Here is besig om die wereld WAKKER te skud en Hy gerbuik die natuur om dit te doen, want Sy koms is naby.Dalkies......net dalkies het George se vol dam NIKS te doen met Angus of sy byeenkoms nie.

protea
Jan 27th 2011, 04:40 PM
Die laaste groot MMC op Angus se plaas was in 2010. Die Karroo saamtrek hierdie jaar is in Middelburg KP en die Overberg streek s'n is op Tarrentaalkraal by Greyton (naby Caledon) die derde week in Februarie al. Dit stel ook baie meer manne in staat om die byeenkomste by te woon. Dit was maar n groot 'perd-opsaal' om almal by Shalom te kry. Nou is dit letterlik op party manne se drumpel.

Ek glo dat Angus eendag sy beloning sal kry vir sy gehoorsaamheid . Verseker gaan hy nie verantwoordelik gehou word vir van die manne se terugval nie! Ek glo ook hulle is ver in die minderheid. Angus se bediening het ons gebede nodig en nie ons kritiek nie!

Johnny
Jan 28th 2011, 05:35 AM
Angus se bediening het ons gebede nodig en nie ons kritiek nie!

Beslis het hy ons gebede nodig. Kritiek is glad nie 'n slegte ding nie. Ek word al vir jare gekritiseer op die forum en is nognie dood daarvan nie. Die Bybel verwag van ons om alles te ondersoek. Oppas net dat julle nie vir Uncle Angus op 'n "podium" plaas as "manna" wat uit die hemel geval het nie.