PDA

View Full Version : Lekker Sjokoladekoek



Ta-An
Aug 22nd 2009, 06:34 PM
Lekker Sjokoladekoek

60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml vanilla geursel

STROOP
200 ml suiker
250 ml water
15 ml Rum geursel

Versiersel
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:
1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
3. Sif res van droŽ bestanddele by en meng goed.
4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20-25 min. of tot toetspen skoon uitkom.( hang af van di pan wat jy gebruik, ek bak sommer in 'n Glasbak :) )


Stroop:
1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg geursel by. Roer goed. .
2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

Versier:
1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.

protea
Aug 26th 2009, 04:10 PM
Ta-An!!! MOET jy ons so in die versoeking lei...?:saint:

Mia Ashton
Aug 27th 2009, 04:16 PM
Ta-An
Dankie vir hierdie heerlike resep. Ek was lankal opsoek na 'n besondere sjokoladekoek resep. Maar soos Protea se dis vreeslike 'versoeking' :lol: na alle kante.

Het iemand dalk vir my lekker maklike grootmaat resepte (35 mense). Ek raak somtyds bietjie moeg vir die kos wat ons elke dag vir ons mense moet maak. Sover kon ek niks op die Internet opspoor nie. Soek dalk op die verkeerde plek.

Dankie. :hug:
Mia

MercyChild
Aug 29th 2009, 10:17 AM
Ta An

Wanneer bak jy weer???? Ek belowe ek sal daar om kom om te kom eet....lol!!!!!! ;)

Ta-An
Aug 29th 2009, 05:11 PM
Ta An

Wanneer bak jy weer???? Ek belowe ek sal daar om kom om te kom eet....lol!!!!!! ;)Dis vir Maandag by die dans :D...

Ta-An
Aug 31st 2009, 04:47 PM
OK variasie oppie resep :idea:

Spar verkoop "Long life" room... wat die beste styklop room op die mark is :idea:

IEO om die kondensmelk oor die koek te smeer en met room te bedien, klits jy room styf en klits die blikkie karamel kondensmelk daarby in en smeer oor die koek..... :pp

protea
Sep 1st 2009, 08:13 AM
Dis vir Maandag by die dans :D...

Kan ons ook kom dans ....EN 'afterparty' hou...?;)

Ta-An
Sep 1st 2009, 10:06 AM
Kan ons ook kom dans ....EN 'afterparty' hou...?;)Jy is welkom!! :pp