PDA

View Full Version : Die mees awesome dag!!



Ta-An
Aug 31st 2009, 05:44 PM
Vroeg oggend luister ek Radio kansel, die onderwerp was oor ... einde van die winter, nuwe voornemens vir die lente.......
Ek staan sommer in die kombuis en bid, Here, mag dit ook vir my die einde van die winter in my lewe wees..

Dis my tweede verjaarsdag vandag (my Pa het my op die verkeerde datum gerigstreer so vir alle wetlike aspekte was vandag my verjaasdag, al was dit nie my geboorte dag nie... Ja ek weet, Gekompliseerd!! maar lekker om 2 dae in die jaar te verjaar en net 1 jaar ouer te word)

My vriendin bel om my geluk te wens, haar woorde aan my : Dit is die begintyd van bloeisel-tyd in jou lewe...:pp... (sy luister nie Radio Kansel nie).
By die dans groep het ons tee gedrink..... en daar kry ek toe 5 bosse blomme :pp, die mooiste mooi wit en pienk rose met wit gyp.
Geel orgidees
Geel ander blomme... ken nie die naam nie
Fluweel pers blomme in 'n potplant .... het dit nog nooit vantevore gesien nie
Spierwit varkore.

Onse Here het my uit my sokkies uit gebles :pp

Ek was so geseŽend om bevestiging te kry van 'n gebed,,,, :pp

Francois Marais
Aug 31st 2009, 08:02 PM
Dit is lekker as God mens so dag gee.
Al wat ek in die Gees sien is dat jy soos 'n tak in die wind was. Die ou blare moes eers afgewaai het om plek te maak vir die nuwe groei. Ek sien die bloeisels hou net aan en aan vernuwe en dat dit nie einde kry nie.
Dit is 'n praagtige beeld en ek sien baie "bees" (sorry my afrikaans is not that good) wat by jou kos kom kry.

Mag God jou die jaar nog meer seen!
Love in Christ!

CFJ
Aug 31st 2009, 08:05 PM
Ek het weer nie so dag gehad nie Anneke, maar dit is lekker om te lees van jou dag en dat ek weet mŰre kan ek ook hoop hÍ om God se teenwoordigheid soos jy te ervaar. Niks kom daarby nie...

Ta-An
Aug 31st 2009, 08:15 PM
Dit is lekker as God mens so dag gee.
Al wat ek in die Gees sien is dat jy soos 'n tak in die wind was. Die ou blare moes eers afgewaai het om plek te maak vir die nuwe groei. Ek sien die bloeisels hou net aan en aan vernuwe en dat dit nie einde kry nie.
Dit is 'n praagtige beeld en ek sien baie "bees" (sorry my afrikaans is not that good) wat by jou kos kom kry.

Mag God jou die jaar nog meer seen!
Love in Christ! Dankie..... die bye ;)....
Die lof-dans groep se naam is D'vorah wat beteken, By (bee) en Woord (skrif)
Ons Missie is om deur ons dans soos die by wat wanneer hy nektar kry, na die nes (Bee-hive) terug gaan, 'n dans doen om die ander bye te vertel van die nektar..... net so poog ons om deur die dans, die mense te neem na die nektar / Woord van G-d .

Baie Dankie :hug: ek kan bevestig, die vrou van vanoggend het ook gesÍ: Aanhoudende bloeisels...

Francois Marais
Aug 31st 2009, 08:27 PM
Sjoe. God is so getrou! Dit is wonderlik!

Die Filadelfieer
Sep 1st 2009, 08:59 AM
Awe ...... wait for it ......... some. :D

Die Filadelfieer
Sep 1st 2009, 09:01 AM
http://images1.fanpop.com/images/image_uploads/Barney-s-Poster-how-i-met-your-mother-859233_357_500.jpg

Die Filadelfieer
Sep 1st 2009, 09:06 AM
http://images1.fanpop.com/images/image_uploads/Legen-Poster-how-i-met-your-mother-859253_357_500.jpg