PDA

View Full Version : Ek het raad nodig



Mia Ashton
Sep 1st 2009, 02:51 PM
Hi Vriende

Ek het al vir julle vertel van die vrou wat hier op die plaas is en wat haarself so baie sny. (Skuilnaam Anne) Ek het al so baie met haar gepraat en vir haar gebid.

Sy was nou vir ongeveer 5 maande in die hospitaal vir skokbehandeling en haar medikasie is drasties verhoog. Sy was egter pas terug op die plaas of sy het weer begin sny. Sy is verslaaf aan die snyery. Van haar kant wil sy egter geen poging aanwend om dit te probeer beveg nie. Indien ek met haar daaroor praat dan beweer sy ek gee nie meer vir haar om nie. Ek het haar ongelukkig toe sy hier gekom het toegelaat om op my rekenaar te werk, sy het egter die voorreg misbruik en vroeg of laat in ons kamer gekom. Ons het later geen privaatheid meer gehad nie.

Ek moes dit stop. Ek het haar ook gese dat sy nou self verantwoordelikheid moet neem vir haar snyery en nie vir my moet sms in die nag om haar te kom verbind nie. Ek het die saak met haar ma bespreek en sy bevestig dat Anne probeer om my te manupileer.Sy misbruik my omgee vir haar, sodat sy kan sny wanneer die drang te sterk word, en ek sal kom verpleeg.

Sy stuur gereeld vir my sms'e. In een van die laastes het sy my daarvan beskuldig dat ek haar verstoot en dit vererger net sake. Hierdie sms het ek nounet van haar gekry: "I know how much u care and that is why i not going to get u involved. If i do cut then it's my responsibility. It's better we don't get emotionally involved." Wat lees julle hierin?

Anne wil nie self iets aan haar probleem doen nie. Sy wil he dat of die medikasie of die hospitaal haar moet genees. Sy wil nie 'n besluit neem soos enige ander verslawing dat sy gaan en wil ophou nie. Dit pas haar om in 'n omgewing te wees waar sy weg van haar ouers, kan sny en ek moet nie 'involved' wees nie.

Gee my asb. raad!!!!
Dankie
Mia

protea
Sep 1st 2009, 04:42 PM
Aarde Mia, maar DIS nou n tammeletjie! Eintlik som haar ma en jy die situasie netjies op. Anne is nie bereid om iets aan die situasie te doen nie en verwag dat ander haar keuses VIR haar maak.Sy weet wat die regte keuse is maar probeer jou manipuleer om simpatie(?) aandag(?) te probeer verkry. Soos met enige ander verslawing is n liefdevolle maar baie ferm en besliste optrede nodig. As julle haar toelaat sal sy AL die aandag van die ander inwoners ook opeis en julle privaatheid so skend dat daar niks van oor is nie. Jy sal vir haar in liefde moet uitspel dat net sy kan kies om haar snyery te stop en dat julle nie sal toelaat dat sy die lewe vir julle en die ander inwoners onleefbaar maak nie.

Haar vrye kom en gaan in julle kamer is nie eers vir my onderhandelbaar nie. Jy weet self hoe moeg kan so n klompie 'kinders' jou maak na n dag se harde werk en om dan nie n private plekkie van jou eie te he nie gaan jou laat knak van frustrasie. Jou houding teen-oor haar moet wees : Kom -in- lyn eerder as n ag -siestog- houding. Want daardie jammer gevoel van julle sagte harte buit sy op die oomblik uit. Klink ek vir jou gevoelloos? Dis regtig nie my bedoeling nie. Ek probeer net die saak objektief beskou en sal graag ander se raad ook wil hoor.

Al my liefde
Protea

Ta-An
Sep 1st 2009, 05:18 PM
Mia, om te sny is soos om te drug.... dit is 'n oppression!! Bid dat die Gees van G_d haar sal oortuig, dat sy sal luister, en dan genesing sal soek :pray:

Mia Ashton
Sep 1st 2009, 06:28 PM
Protea en Ta-An
Dankie vir julle antwoorde. Ek het nadat ek my possie gemaak het, lank met haar gesit en gesels. Die gevoel wat ek elke keer kry as ek by die kind kom is die van een wat vasgebind is.

Haar ouers gaan nooit kerktoe nie. Hulle ken nie ons Verlosser nie. Ek sien vanaand op haar arm die woord ' HATE' uitgekerf met 'n stuk glas. Dit het sy nou onlangs gedoen. "Wie haat jy so?" vra ek haar. "Ek haat myself" is haar antwoord. Haar biologiese ma was 'n depressielyer en haar ouma aan moederskant het selfmoord gepleeg. Sy is aangeneem op die ouderdom van 3 weke. Alhoewel haar ouers nie belydende Christene is nie, is hulle wel geleerde mense. (In wereldse dinge, maar in dit wat werklik saak maak is hulle kennis zero.) Ek wens ek kan hulle skud en vir hulle vertel daar is net een wat hierdie mens kan genees, en dit is onse Heer.

Sy het 'n binding en ek weet nie kan ek dit doen nie. (Wat ek bedoel is of ek die instrument kan wees waardeur ons Heer kan werk om haar te verlos) Hierdie is iets waarvoor ek raad en baie bidde nodig het. Ek kan probeer om haar na ons kerk te neem (Presbiteriaans) vir bevryding. Somtyds is ek bang. Ai, moenie vir my lag nie, maar hierdie mensie se oe kyk somtyd snaaks na my. Amper vyandig. Ligvriende ek het nodig om te weet wat die Heer wil he ek moet doen. Ek is so besig om deur my dae te jaag. Daar is so baie ander van ons mensies wat aandag nodig het. Help tog maar bid dat ek in myself kan stilraak en die stem van die Heilige Gees kan hoor vir my vertel wat om te doen. Hierdie is geen geringe saak vir my nie.

Ek kan my mos nie van haar ontrek nie ......... kan ek?

Liefde
Mia

Ta-An
Sep 1st 2009, 06:42 PM
Mia, jou pm's is nie geaktiveer nie,
Is jy in Malcolm de Kock se kerk??

Mia Ashton
Sep 1st 2009, 06:45 PM
Ta-An
Ja, ken jy hom? Wat is PM en hoe word dit geaktiveer?

Ta-An
Sep 1st 2009, 06:45 PM
Mia..... sy moet bevry wil wees.... die goed kom in by die deur wat deur verwering oop gemaak word op 'n baie klein tyd al... :B

Mia Ashton
Sep 1st 2009, 06:49 PM
Behalwe bid (ek weet dit is die belangrikste) wat KAN EK NOG DOEN VOOR DIT TELAAT IS

Ta-An
Sep 1st 2009, 06:50 PM
User CP
Settings & Options
Edit Options (http://bibleforums.org/profile.php?do=editoptions)
Messaging & Notification
Private Messaging
Enable Private Messaging

Ta-An
Sep 1st 2009, 06:52 PM
Ta-An
Ja, ken jy hom? Ja, ek ken hom baie goed...hy het my in die huwelik bevestig :)

Het jy al met hom hieroor gepraat :hmm:, hy is 'n kenner op die gebied, en hy sal jou die beste raad kan gee.

Mia Ashton
Sep 1st 2009, 07:06 PM
Ta-An
Baie dankie. Ek het nognie met hom gepraat nie. Ek gaan hom sommer moreoggend skakel. Hy is 'n wonderlike mens en het al baie vir my beteken.

Nogmaals dankie
Liefde
Mia

Ta-An
Sep 1st 2009, 07:09 PM
Ta-An
Baie dankie. Ek het nognie met hom gepraat nie. Ek gaan hom sommer moreoggend skakel. Hy is 'n wonderlike mens en het al baie vir my beteken.

Nogmaals dankie
Liefde
MiaSÍ sommer vir hom ek sÍ : Hallo :D (My naam is Anneke)

protea
Sep 3rd 2009, 03:11 PM
Mia, ons bid vir jou die Vader se wysheid en insig toe in die hantering van hierdie netelige saak. Ek self weet nie hoe mens n binding breek of demoon uitdryf as so n mens apaties daaroor is en nie sy samewerking gee nie. Want waarmee kan hy gevul word as die demone die wyk geneem het as hy nie vir Jesus ken nie? Wat is jou pastoor se voorstel? Sal jy vir ons terugvoer gee? Ek is nie nuuskierig nie ,maar sal graag wil weet hoe mens so n situasie moet hanteer indien enige leser of myself met so-iets te doen sou kry. Lei jy so n mens eers na Jesus toe en daarna dryf jy die demone uit of anders-om? Ons hoor graag van jou.
Plaasliefde
Protea

Mia Ashton
Sep 3rd 2009, 08:36 PM
Liewe Protea,
Ons Pastoor is tot more in retreat en kon ek hom nie bereik nie. Sy was geweldig depressief gister en het vandag skoon lyfseer gehad van ontrekkingsimptome.

Ons het gister 'n lang gesprek gehad. Ek het haar daarop gewys dat vir 17 jaar het geen hospitalisasie of medikasie of skokke gehelp nie. Ek was so geskok toe ek sien hoe baie het sy gesny in die tyd wat sy weg was van die plaas. Wat my skoon 'n kol op my maag gee is die woorde HATE wat oor die ou lyfie uitgesny is.

Haar depressie was gister so erg dat ek haar orals met my saam geneem het. Ek gaan koop gereeld die kruideniersware en laai dan my kleinseun by die skool op. Ek dink die uitkoms het haar goed gedoen.

Vandag kon ek haar nie saam neem nie, maar sy het omtrent die hele dag geslaap. Ag ek bid net dat sy uithou tot ons Pastoor terug is. O ja, sy het na ons geselfs vir my 'n sms gestuur dat sy radeloos is en my hulp sal aanvaar.

Haar ma was egter vanaand oor die cellfoon nie baie simpatiek nie. Het nie veel gevoel getoon vir die feit dat sy se sy ly aan ontrekkingsimptome. Haar woorde aan my was dat sy net bietjie aanmoediging van haar ma soek en sy kry so 'n half sarkastiese antwoord. Kan dit wees dat die Bose weet hulle gaan hulle rieme styfloop want ek gaan nie nou tou opgooi nie, maar hulle gebruik haar ma om haar depressie aan te help. Tot dink ek om na soveel jare met 'n kind saam te leef wat nie beter wil word nie, is seker nie maklik nie.

Tog voel dit vir my (miskien is ek teveel van 'n gevoelsmens) dat noudat sy besluit het om genees te wil word, sy meer aangeval word en nou begin die stryd vir haar erg raak.

Dankie vir julle raad en help my maar net bid vir wysheid en dat sy nie nou haar hand aan haar eie lewe slaan nie. My verstand se vir my ek kan haar nie 100% oppas nie, maar my hart dring my om alles te doen wat ek kan om haar by hulp en by JESUS uit te bring. Ek het gister vir haar 'n boekie gekoop en sy het gisteraand begin om haar gesprekke met God daarin op te skryf. Ek dink regtig hierdie is die begin van 'n moontlike genesing???? Bid asb vrinne, bid:pray::pray::pray::pray:
Ek laat weer van my hoor.

NS Kort kort kom die gedagte by my op dat ek nie goed genoeg is om hierdie kind te probeer help nie. (Aanvalle?) Natuurlik is nie ek of sy goed genoeg nie, maar ons Verlosser is meer as in staat om dit te doen en die reinigende Bloed van ons Kosbare Verlosser kan haar red. :pray:

Liefde
Mia

protea
Sep 4th 2009, 12:23 PM
Mia, jy is reg. Die bose besef dat sy tyd min raak in die beheer van Anne. Die feit dat sy ingestem het om hulp te wil he , is WONDERLIK en al klaar n bewys dat die Heilige Gees met haar besig is.

Net so is die aanvalle ook op jou gemik. Jy som dit reg op. Satan sal altyd jou onvermoe, swakheid en ander 'foute' in jou gesig gooi terwyl die Heilige Gees WEET dat jy vir Anne nie uit eie krag wil help nie, maar dat jy in die Naam bo alle name, Jesus Christus optree en met die outoriteit wat Hy tot jou beskikking stel. Wees rustig, die Heilige Gees sal vir Anne bewaar van ondeurdagte optrede omdat ons almal daarvoor VRA. "Vra , en vir jou sal gegee word.."

Die Heilige Gees oortuig ons van ons sonde terwyl satan ons aankla voor God se troon. (Die grootste klikbek in die heelal). Ons as gelowiges is KONINGSKINDERS terwyl satan ons van al ons swakhede en onvermoens wil oortuig. Ek weet vir Wie jy gaan glo en aan Wie jy gaan vashou! "Waar sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!" Sterkte Mia , ons bid vir jou en Anne.:pray:

Mia Ashton
Sep 4th 2009, 05:33 PM
Dankie, liewe vriendin, duisende wonderlike juigende dankies vir elkeen wat bid. Ek het nooit gedroom dat ek op my 'oudag' op 'n plaas soos die sou beland het nie.

Ek het jou versekering en bemoediging so baie nodig gehad en die wete van gebed!!!!

Dankie. Dankie ook vir die stukkie by ons trauma draad. Ek voel nogal vanaand so bietjie af en sonder krag. Soms vergeet mens so bietjie waar jou krag vandaan kom en kyk jy teveel na die hoe golwe.

Ek bid vir klynsis en mag sy gou beter en sterk voel. Ek dink jy is presies wat sy nou nodig het. Oppas, ek kan dalk ook besluit ek soek bietjie TLC.

Liefde groete
Mia