PDA

View Full Version : Eva



Ta-An
Sep 2nd 2009, 08:33 AM
Eers het ek Eva heeltemal mis gekyk as 'n vrou van/in die Bybel.


So amper soos vandag wanneer 'n vrou trou en jy jou identiteit verloor as vrou want nou word jy Mev. Dominee (as jou man eintlik die dominee is :rolleyes: )

Jammer Eva.:blush: Jy was die eerste vrou in die wreld, en in jou saad is die Messias reeds belowe.



*********************************



Eintlik was Eva nie haar eerste naam nie :o toe sy gemaak is het Adam (mens) haar mannin genoem :idea:
Gen 2:23 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=23) Toe s die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.

Die Hebreeus se woord hier is 'is' (ish) vir man, en 'issa' (isah) vir vrou. Dit beteken ook dat sy 'n eweredige aandeel het om in God se beeld geskape te wees. :pp

Dit was eers na die sondeval wat Adam haar Eva genoem het.Gen 3:20 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=3&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=20) En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
Die Hebreeuse woord vir "eva" is 'chuah' of 'chawwa' [moeilik om die transliteration heeltemal korrek te doen :blush:]Die mens (Adam) noem haar so omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. Die woord hou verband met die woord: Lewe, en verwys op geestelike vlak na die lewe in Christus... wat uit haar saad sal voortkom, Gen.3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Hoekom was mannin geskape/gebou?

Gen 2:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=1&CHAP=2&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En die HERE God bou die ribwat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens. (Dis hoekom ons heupe breer is, ons is gebou om te hou ;) )

*. Die mens was alleen,en dit was nie goed so nie
**daar was niemand wat by hom gepas het nie :(
***Om 'n hulp vir hom te wees

Gen2:18 Ook het die HERE God ges: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

So saam is man en mannin, een vlees, omdat sy uit die man geneem is, 'saam' is hulle meer as een alleen. (Gen.2:23)
Daarom trou mense, om daardie 'een vlees' weer te bewerkstelling, en dit gee vir ons die intensie vir die huwelik.

Om teenoor mekaar verantwoordbaar te wees, kameraadskap, 'n komplete 'eenheid' van vlees, en die afwesigheid van skaamte.
Die afwesigheid van skaamte sien ek hier nie net as 'n oopheid / beskikbaarheid van die liggaam in die slaapkamer nie, maar ook dat jy geen geheime sal h teenoor mekaar nie, niks om weg te steek of oor skaam te hoef wees nie.

:)

Onthou, hy is net 'n halwe mens :hug: (en jy ook ;) ) en deur saam te werk, is julle beide een-mens... onthou, dit is nie goed vir hom om alleen te wees nie :)

Ta-An
Sep 2nd 2009, 08:46 AM
Wat ek geleer het by Eva:

* Moenie toelaat dat die Satan my verlei deur te fokus op wat ek nie het nie, maar eerder te fokus of dit wat ek wel het. Hoe gereeld word my aandag nie afgetrek van wat ek wel het na dit wat ek nie het nie. :hmm:

* Besluitnemings prosesse moet gefokus wees op God en Sy Woord, en nie op gierigheid en hebsug en gewin-soeke (greed) nie ...

* "Pass the blame game" :blush: Moenie iemand anders agter die deur gaan soek as ek self daar staan nie.... moenie ander betrek/blameer vir wanneer ek fout gemaak het nie!!



EDIT
Ek moes verander van derde na eerste persoon toe..... ;)

Ta-An
Sep 2nd 2009, 10:45 AM
Die Hebreeuse woord vir "eva" is 'chuah' of 'chawwa' [moeilik om die transliteration heeltemal korrek te doen :blush:]

חַוָּהdie vroulike vorm van חַיִּ (chai) wat lewe is. :)

Die kamatz hey agtervoegsel is om die vroulike vorm van lewe aan te dui.

mari
Sep 5th 2009, 01:30 PM
Ta-An....

dit is ook interessant dat God die mens in Sy Beeld geskape het ....

na die skepping was alles goed......
behalwe een ding ....
die mens was alleen .....

Eva is uit Adam gevorm ......

dit vertel boekdele van God se hart ....

onbeantwoorde liefde is imperfek ........


:hmm:

Ta-An
Sep 5th 2009, 02:46 PM
onbeantwoorde liefde is imperfek ........


:hmm:

Ja mari....
Eensaamheid is 'n swaar las om te dra...

Mia Ashton
Sep 5th 2009, 05:27 PM
Ja mari....
Eensaamheid is 'n swaar las om te dra...

Veral eensaamheid in 'n huwelik!!!!!:cry::cry:

Ta-An
Sep 5th 2009, 05:49 PM
Veral eensaamheid in 'n huwelik!!!!!:cry::cry::hug: :pray:

MercyChild
Sep 8th 2009, 05:29 PM
Ja Eva is geneem van die rib naaste aan die man se hart. Die hart simboliseer liefde. Is dit nie dat ribbes die ingewande beserkm nie?

Verder is sy nie van die voetsool gemaak om op te trap nie, maar onder sy arm uitgeneem waar die vrou veronderstel is om te wees. :hmm:

Marinda
Oct 7th 2009, 01:09 PM
My grootste vrees is eensaamheid, en ek weet die Bybel se dit wat jy vrees kom jy oor, maar....Ons het verlede jaar 'n vrou hier gehad wat vir ons die Enagram aangebied het, en die program se ek's 'n kopmens dink te veel, en dis waar. My kop werk altyd oortyd ek sien altyd goed wat gaan gebeur en so ontneem ek my familie hul meeste fun in die lewe, as ek weet my kinders moet van Potch afry, dan sien ek al in watter lelike ongeluk hul gaan wees, en dieselfde met my man ook. En ek kan nie sonder hom nie, hy's my ander helfte, ek kyk hoe swaar kry die vrouens wat hul wederhelftes verloor het, en siestog my hart bloei vir hul, veral die ou mense wat jare getroud was en skielik alleen agterbly. Eensaamheid is een van die duiwel se grootste aanslag op die mensdom, want ons is nie veronderstel om alleen die lewe uit te gaan nie.

Ta-An
Oct 7th 2009, 02:43 PM
Marinda, Vader sal NIKS oor jou pad laat kom waarvoor Hy jou nie eers met die nodige genade sal toerus nie :hug:

Marinda
Oct 8th 2009, 11:58 AM
Nee, ek glo dit vas, Hy sal dit nie oor my pad bring nie, maar Hy sal met my wees die hele pad deur, dis die ding, ek weet al's maar dis soos in klip in my bors, ek weet met my God sal ek die hoogste muur klim en 'n bende storm loop en ek sal op 'n slang trap en niks sal gebeur ens. ens. ens. maar...my kop hardloop weg met my.

Ta-An
Oct 8th 2009, 04:57 PM
Marinda, 'n vriendin van my is alleen, sy bad, trek aan, soos 'n vrou haar man sal inwag om by die huis te kom, na 'n dag by die werk, so maak sy gereed vir haar Siltetyd met die Here...

'n Vasgestelde afspraak, elke dag, ...... ;)

protea
Oct 9th 2009, 04:02 PM
Ag, dis pragtig! Geen afskeeptyd vir haar Heiland nie!