PDA

View Full Version : GRIEP ... oink,oink !

mari
Sep 5th 2009, 09:16 AM
die laaste week was 'n moddetrappery hier - kleinman het sowaar die H1N1 gedoente opgedoen en ma het ook aangesteek .... ( 'n skooljuffrou se kinders het kom kuier en die goggas vermoedelik van die lughawe af aangedra ) ...... dit het woes gegaan met die medisyne wat net nie wou af nie en die koors en pyne wat net nie wou oor nie ..... maar ons is annerkant deur ...... nou's dit net die doktersrekening en apteek-skok wat moet aandag kry ....

.... nou wonner ekke .... wie hier het ook face te face met varksekind gefaait ? ....

:mad: .... m

Ta-An
Sep 5th 2009, 03:14 PM
mari, so mens kan hom faait??

Meer en meer mense steek aan, hulle wil inenting in sekere lande verpligtend maak..... :hmm:

Maar as mens kan oorwin.... dan is dit eintlik beter nŤ?

protea
Sep 5th 2009, 04:51 PM
Gelukkig het ons gesin dit nog vrygespring,maar ek glo dat jou weerstand teen so n virus alles met die saak te doen het. As jy n gesonde lewensstyl het en gebalanseerd eet (skuldig!- ek kan maklik net van vrugte leef...) en jou vitamien aanvullings neem (daar sal dokters wees wat van my verskil) het jy n baie beter kans om die virus te boks of te 'faait' omdat jou immuniteit net baie beter opgebou is. Dit help nie om na die naaste bottel antibiotika te gryp nie , want n virus reageer nie daarop nie. Dis eers vir die sekondere infeksie waarvoor die antibiotika help soos longontsteking in die meeste gevalle.

n Huisdokter het jare gelede vir ons sy eie raad teen n virus vertel. Hy se as hy voel maar hier kom n virus of verkoue aan , dan neem hy NET VIR N DAG elke 4 uur n 1000 mg Vit C bruistablet MET baie vloeistof. En in die meeste gevalle , dan kap jy daardie virus flou voordat hy kan oorneem en jy ellendig begin voel. Uit die perd se bek...?:idea:

Lanie
Sep 7th 2009, 01:40 PM
My jongste het dit ook gehad, die week voor verlede week. Dit was groot gestres want ons het nie 'n mediese fonds nie. Ons het gelukkig nog medisyne by die huis gehad en het haar gedokter so ver ons kon en haar baie stil en vir 'n week by die huis gehou, en baie gebid. Dis eintlik maar net 'n griep soos enige ander griep, mens moet die pasiŽnt net baie mooi oppas en baie stil hou.

Die Filadelfieer
Sep 8th 2009, 07:24 AM
Ek is bly almal is nou weer gesond. Ons moet maar gewoond raak aan hierdie outjie, ek verstaan hy gaan nie vinnig weg gaan nie, en gaan ook nie afneem nou dat die winter verby is nie.

Sonia Smit
Sep 10th 2009, 02:31 PM
Hi julle,

'n Man wat saam met my werk se kind het dit ook gehad. Gelukkig het dit nie aangesteek nie, maar die hele familie was afgeboek en by die huis. Toe hy terug is se hy vir my sy dokter se meer mense gaan dood aan gewone griep as aan die H1N1. Wat my wel bekommer is swanger vrouens want hulle kan mos nie sommer enige medisyne drink nie! :confused

marline
Oct 15th 2009, 05:58 PM
Ek het vandag met 'n kennis gesels, haar man is nou langer as 'n maand in 'n koma a.g.v hierdie griep. Hy is in 'n bedenklike toestand, kan nie self asemhaal, sy hart word gestumileer om te klop. As hy gaan herstel, kan niemand se of sy verstand nog normaal gaan wees, en in watter toestand hy liggaamlik gaan wees nie. Hierdie griep is scary, scary!!!

protea
Oct 16th 2009, 04:10 PM
Wat vir my interessant is in verband met die Varkgriep, is die feit dat as daar komplikasies is , dit in die meeste gevalle longkomplikasies is. n Vriend van ons is 2 weke gelede aan longontsteking as n komplikasie van hierdie griep oorlede. Mens moet jou baaaaaie goed oppas en die beste raad is om na jou liggaam te luister en jou aan die slegtigheid oor te gee - horisontaal op die katel.....;)

Die Filadelfieer
Oct 20th 2009, 08:09 AM

Dit blyk dat jy 100% in die kol is Protea, een van my broer se vriende, laat twintigs en gewoonlik blakend gesond, is ook hierdie week baie skielik oorlede as gevolg van long-verwante griep komplikasies.

Ek gaan nou my nek uitsteek, maar gaan dit maar sÍ en klaar : Dit lyk vir my by die dag asof die ernstigheid van nie net hierdie griep nie, maar ook die masels ding weg gesteek word van die publiek af. Ons hoor net van te veel mense wat aan hierdie siektes dood gaan vir die ofisiŽle syfers om reg te wees. Ek weet van drie mense wat in die laaate paar weke dood is aan masels, net in my relatiewe klein dorpie. NERENS, nie eers in die plaaslike koerant, word daar berig hiervan nie.

Daar is 'n slang in die gras, en ek dink hy dra 'n 2010 sokkertruitjie.

Ta-An
Oct 20th 2009, 08:27 AM

Fila wil jy sÍ sonder om hardop te dink dit is 'n siekte wat mens eens sou toeskryf aan 'n homo verhouding? net om die stats af te hou??:hmm:

Die Filadelfieer
Oct 20th 2009, 08:42 AM
Fila wil jy sÍ sonder om hardop te dink dit is 'n siekte wat mens eens sou toeskryf aan 'n homo verhouding? net om die stats af te hou??:hmm:

Ek is nie seker of ek jou reg verstaan nie, maar wat ek sÍ is dat daar blyk manupliasie te wees, en dat dit heel moontlik te doen het daarmee om die ware welstand van die land weg te steek, nie net vir die mense binne SA nie, maar veral vir die outjies in die buiteland wat nog moet besluit of hulle wil kom sokker kyk volgende jaar.