PDA

View Full Version : Die waarde van 'n gelykenis



Ta-An
Sep 6th 2009, 05:40 PM
Vanoggend preek die predikant oor Lukas 15.... verlore skaap, penning en seun.

En dit kom by op, dit is nie net 'n gelykenis nie, maar 'n waarheid!

My voet het vasgehaak oor versoeking en ek het met my gesig in die stof geval :cry:

Maar die Here het my as skaap kom soek, my opgetel op Sy skouers, en my huistoe gebring!!

Die verskil in intensiteit van tydsberekening tussen die 3 vergelykings verskil.... in sekere gevalle is dit noodsaaklik dat mens dadelik gesoek word.... en in ander gevalle is dit nodig dat jy eers vark-kos moet eet, voordat jy terug draai... nie dat die eendag ondervinding nie 'vark-kos' insluit nie.... maar dit sluit ook die gevaar in dat die wild diere jou kan verskeur......

Die ander verskil wat ek ook hier sien is dat, die skaap is gaan soek, die seun moes tot inkeer kom, en terugdraai.. maar GROOT is die blydsakp in al die gevalle oor die verlore 'item' wat gevind is...

Die Here sal nie toelaat dat mens so vÍr sal val dat Hy jou nie daaruit kan optel nie.... :hug: en daardie versekering maak my hart warm, my Herder kyk uit vir my!! :pp

CFJ
Sep 6th 2009, 07:48 PM
Die Here sal nie toelaat dat mens so vÍr sal val dat Hy jou nie daaruit kan optel nie.... :hug: en daardie versekering maak my hart warm, my Herder kyk uit vir my!! :pp

Dit is wat vir my so wonderlik is van die Here, dat Hy ons redding bevestig en ons veilig laat voel, juis terwyl ons dit nie verdien nie...

Die Filadelfieer
Sep 8th 2009, 07:43 AM
Interesante perspektief Ta-An, ek hou daarvan ! :pp