PDA

View Full Version : Botswana.



protea
Sep 24th 2009, 04:06 PM
Ek het so n rukkie gelede van 2 mans toeriste gehoor wat op soek was na n Botswana huiseienaar omdat hulle sy eiendom wou koop. Hulle beland toe by n regeringskantoor om inligting oor die eienaar te probeer vind. Hulle is oral baie vriendelik en behulpsaam ontvang en hulle beland toe kwart oor 12 die middag by n sekere kantoor net om na n kennisgewing te kyk van n 'Compulsory Prayer Meeting for Government Officials'. Hulle vra toe een van die skoonmakers uit daaroor en of dit n gereelde gebruik is in Botswana. Sy se toe :" Yes, Sir, we have these prayer meetings at least 3 times a week between 12hoo and 13hoo BECAUSE CITIZENS MUST PRAY FOR THEIR COUNTRY." Dit het my dunk van Botswana laat styg, want waar anders in Afrika kry jy so n scenario waar aanbidding vir jou land en volk nog n voorreg is. Ek dink mens sou dit nog destyds in Malawi onder Banda se regering ook gekry het, maar verder...?

Marinda, ek haal my hoed vir julle af dat julle julle eie huis gebou het! n Bouer het seker een van die bevredigendste werke want jy kan teen tjailatyd SIEN wat jy die dag gedoen het! Is lewensmiddele en boumateriaal en kos en klere baie duur daar? Al julle lewensmiddele moet seker maar via SA kom? Die stand van misdaad daar? Dit klink vir my so rustig daar....

Groetnis vir eers.
Protea

Marinda
Sep 25th 2009, 01:11 PM
Ons bly baie lekker hier, veral in Ghanzi. Dis omtrent 700 km van Gaborone ons hoofstad, en 1200km van Pretoria en 900km van Potch waar ons kinders skool gaan. In die middel van nerens, 'n klein dorpie met 1 bank, wat baie frustrerend (hoop spelling is reg) is, 1 hotel en 'n paar lodges. Ons het darem 'n spar wat 1 maal 'n week vars groente van die mark in Johannesburg af kry, en 1 maal 'n week kry ons ook vars melk van clover af. Al ons goed, groceries, hardeware en motorparte kom van Gaborone af, wat seker weer van S.A. afkom, behalwe ons vleis. Almal wat hier bly is maar beesboere, ons is nie regtig saaiboere nie, reenval is te ongereeld. Ja, dit is waar, die Goverment mense moet elke oggend voor hul oopmaak godsdiens hou, veral nou met die nuwe president, 1 van sy vereistes, maar ook voor hy in bewind gekom het. Ons slaap nog met oop deure, af en toe is daar diefstal, maar baie min, en ons het baie goeie werkers, die tswana nasie is eintlik baie vriendelike mense. Het nie regtig misdaad nie, my ouma is nou 86 jaar oud en sy bly nog alleen op die plaas met haar werksmense. Ek is eintlik 'n baie geseende vrou, my man is een van daardie wat alles kan doen, noem op, en hy probeer dit. Ons het vanoggend by die hardeware winkel waar ons al ons bou produkte gekoop het, uitgewerk, dat ons huis ons P150.000 kos en dis 'n groot huis, opp 18 x 24 vierkant 'n meter. Vra maar nog baie, as ek eers begin kan ek nie ophou praat oor Botswana nie, ons is baie geseend om hier te kan bly.

protea
Sep 26th 2009, 07:13 AM
Hallo Marinda! Baie dankie vir jou antwoord! Mens hoor so min van Botswana oor die nuus en veral GOEIE nuus is mos nie sensasioneel genoeg om uitgesaai te word nie...;) Dit klink voorwaar na n paradys om in te bly as mens nie ingestel is op die luukses en die blink in die lewe nie. Ons is self besig met n bouerasie en my man en ons werkers (ek is die verwer!) bou self so tussendeur die boerdery deur. Dis vir my heeeeeerlik en alhoewel dit langer neem is dit regtig ENTE goedkoper. En die bevrediging wat mens daaruit kry is nie oor te vertel nie.

Ons het uitgewerk dat julle huis 432 vk m moet wees en dis werklik n baie ruim huis. Is die Pula? baie sterker as die rand of is hulle min of meer dieselfde? As ek reg onthou was julle geld stelsel vir baie lank aan die pond gekoppel en die sterkste in Afrika.

Jy praat dat julle nie krag het nie . Gebruik julle sonkrag vir waterverwarming en ligte want aan sonlig het Botswana en Afrika in sy geheel nou nie juis n tekort aan nie!

Julle kan dalk n besoekie van Lighuisvrinne kry.....;)

Groenis
Protea

Marinda
Sep 26th 2009, 09:07 AM
Ja nee wat, ek dink dis deur en deur bewys om iets self te doen werk op ou end die goedkoopste uit. En wat ons ook baie gehelp het is dat ons met konkruit gebou het, my man het 2m moulds gemaak en ons het net crust en sand en cement gemeng, baie pap, en ons het gewag tot dit set, en 3 maal 'n dag geskuif. Ons het glad nie stene gebruik nie. Ons gebruik op die oomblik 'n kragopwekker in die aande vir ligte en water, het 'n dompelpomp in ons boorgat. Ons het sonpanele met 'n inverter maar dit sukkel maar, maar hopelik sal ons Januarie krag kry op die plotte en dan skyn ons liggie weer baie helder. Ons het 'n donkie waarin ons vuur maak vir warm water, so elke keer as daar gebad word moet daar eers vuur gemaak word. So ons kom vinnig terug aarde toe, raak baie vinnig gewoond aan gerief, en dis baie waar wat jy se, dis warm. So die aande is maar 'n gesukkel om aan die slaap te raak tussen die hitte en muskiete, veral as jy gewoond is aan aircons en waaiers. Maar dis lekker om in jou eie huis te bly. JULLE LIGHUISVRINNE IS BAIE WELKOM BY ONS HIER IN GHANZI, ons is nog van die ou garde's vriendelik en baie gasvry en behulpsaam.

protea
Sep 26th 2009, 02:07 PM
Hallo Marinda, julle manier van bou is vir my nie vreemd nie. Julle het met ander woorde julle mure ge-'boks'. Soos jy verduidelik het maak jy vorms van plank wat jy dan vul met sand , water en sement . Van ons vriende se ouers het vir hulle n seehuisie op privaatgrond so gebou met vorms waarin hulle dan sement wat met skulpgruis en water gemeng is gegooi het . En STERK!. Die mure was so dik dat jy venster sitplekke gehad het. Hulle moes dus net die sement aanry ,want skulpgruis was daar oorgenoeg.

Die warmwater donkie..... Ken ek hom nie! Jy klink egter nie opgewonde oor julle sonpaneel waterverwarmers nie. Van ons vriende het ook so gesukkel met van die tenkies wat aan die sonpanele gekoppel is wat so gou geroes het totdat hulle die staaltenkies met aluminium of vlekvrye staal vervang het en siedaar , die probleem is opgelos. Die spesifieke model waaraan ek nou dink, kom uit met die nuwe verbeterde roesvrye tenkies.

Ek het eers vandag gaan kyk op die atlas se kaart waar Ghanzi is en nou weet ek ook! Ons kaart het egter nog nie die Trans Kalahari ? grootpad op wat Gauteng en Namibie verbind nie. Is julle nie nader aan Windhoek nie? En loop daardie groot pad nie naby julle verby nie?

Koffietyd hier!
Groete
Nassie Naskierag.....;)

Willem
Sep 27th 2009, 08:22 PM
Oor die sonpaneel en geyser stories ...

Se vir jou man moet die adres e-pos , die naweek in farmers weekly gelees en wil ook uitvind vir huishulp se huis noord van pta. Wag nog op die hop huis..

Die artikel was oor boer in KZN wat eie solar geyser gemaak het en verduidelik het hoe... aurielm@caxton.co.za was tuisgemaak en effektief en prakties.

As julle pelle het wat die lees , vra vir laaste paar maande se whats' new artikels.

Groete
Willem