PDA

View Full Version : Wie is belagriker???



MercyChild
Sep 30th 2009, 10:31 AM
Nadat ek 'n paar drade volledig gelees het, voel dit vir my amper veiliger om eerder hierdie draad onder die vroue te open....Lol

In vele boeke wat ek lees, gesprekke wat plaasgevind het, en baie ander inligting, blyk die algemene gevoel is dat volgens die Bybel mans belangriker beskou word as die vrou.

Ek wil net weet wat ander se opinies rondom die saak wel mag wees. Ek het terug gegaan reg aan die begin van Genesis en die volgende afleiding gemaak.

Waarom word daar gedink dat mans belangriker as vrouens is? Omdat die vrou uit die rib van die man gemaak is, is dit wat hom bleangriker maak. Maar die man is dan uit stof gemaak, beteken dit dan dat die stof/grond belangriker as die man is. Daar word ook gesÍ dat die man belangriker is omdat hy die vrou se naam gegee het, maar ek lees eers later in Gen dat Adam die diere name gegee het, en die vrou reeds die woord vrou genoem was, voordat Adam name begin gee het.
Was dit nie deel van die vrou se straf agv haar sonde dat sy Adam onderdanig sal wees nie?

Is ons dan nie almal gelyke met God wat volgens Sy beeld geskep is nie? Hoekom word daar beskou dat vrouens nie sekere dinge mag doen nie?

Ta-An
Sep 30th 2009, 11:36 AM
Wel Eva (Chawwah) is uit Adam geneem.
Adam beteken nie eintlik 'man' in geslag nie maar 'man' in mens.
Die vrou is uit die mens geneem, saam is hulle 'een',,, en eintlik is hy dan mede aanspreeklik vir wat sy vrou doen, want onthou, wanneer 'n man en vrou trou, word hulle EEN vlees...

So die vrou raak ondergeskik aan die man en hy dra die verantwoordelikheid vir haar droog maak... :D want hy is verantwoordbaar vir haar..... soort van 'n blessing sou ek sÍ ;)

MercyChild
Oct 1st 2009, 10:35 AM
Die vrou was aangestel om die man se helper te wees. Maw...lol. :D
Die man is die een wat onbehulpe is en die vrou se rol is om hom te help waar hy nie kan nie. Maar dit maak geensins die vrou belangriker nie.

Vir die vrou om die man onderdanig te wees, was dit nie deel van haar straf nie?

Lanie
Oct 1st 2009, 10:50 AM
Hi MC,

Ek verstaan dit nogals so dat dit een van die gevolge van die sondeval was. God het tog vir die vrou gesÍ dat haar man oor haar sal heers. Maar ek sien glad nie God se orde in die huwelik as "mans is belangriker as vrouens nie". Onderdanigheid aan jou man gaan nie oor mans en vrouens se verskillende status in die samelewing nie maar oor 'n orde wat God ingestel het.

Marinda
Oct 3rd 2009, 08:47 AM
Jan Brand noem altyd die huweliks paartjie "ons" want hy se die vrou vra altyd wat gaan "ons" aan hierdie kamer doen, hier 'n deur inbreek of wat, hy se die man kan dan weet die "ons" is die man, want die vrou gaan iets anders doen en die man doen al die werk. Maar ek stem saam, om onderdanig aan die man te wees is nie 'n straf nie, die vrou is onderdanig aan die man, die man moet sy vrou lief he, en is ondergeskik aan God. En as jy truely 'n kind van God is sal jy nie voel jy is ondergeskik nie, dis 'n blessing, en jou man sal in elk geval nie sy rol misbruik nie.