PDA

View Full Version : Bespreking Hoe lank nog.....

Johnny
Oct 1st 2009, 07:39 AM
Hoe lank nog voor Jesus ons kom haal? Hoe lank nog voor die wegraping? Is dit tyd om uit die slaap wakker te word, of is dit nog honderde jare....?

Wat sal die tekens wees vir die koms van die Messias?

Gene
Oct 1st 2009, 09:45 AM
Dat ons in die laaste pylvak is, is seker! Maar dit is onmoontlik om 'n tyd daaraan te koppel. Alles is nog nie in plek nie, maar dit kan binne dae verander.... (of dit kan nog BAIE jare wees - dalk eers na ons leeftyd) Maar persoonlik voel ek dat dit nie belangrik is nie. Wat belangrik is, is dat ons moet leef asof dit more gaan gebeur. Niemand van ons weet immers waar ons strepie getrek is nie...

Johnny
Oct 1st 2009, 10:32 AM
dalk eers na ons leeftyd

Gene,

As jy 80 is, dan is dit seker moontlik, maar as jy 46 soos ek is, dan twyfel ek. Ek neem nou nie in ag dat ek voor jou kan sterf nie, wat dit kan oor 5 minute gebeur. Ek dink normale leeftyd gewys.

Sou die tekens van die tye nie hierdie konsep uikansseleer nie?

Die Filadelfieer
Oct 1st 2009, 11:06 AM
Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .

Johnny
Oct 1st 2009, 11:34 AM
Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .

Met graagte, maar hoe "edit" ek om dit te doen?

Lanie
Oct 1st 2009, 12:44 PM
Dis onmoontlik om te bepaal. Ek hou baie van oom Gene se antwoord. Leef asof dit enige oomblik kan gebeur. Ek moet s partykeer laat mense en omstandighede my wens dat die wegraping nou moet gebeur en klaarkry, dat ek net by die Here kan wees en nie meer hoe te cope met mense en hul dinge nie, maar ek weet dis totaal en al 'n verkeerde gesindheid. Ons moet eintlik, veral wanneer ons sien hoeveel mense nog ongered is, die Here smeek dat Hy dit nog vir laaank moet uitstel. :pray:

Willem
Oct 1st 2009, 05:07 PM

Lanie, ekke dink dis nader as wat ons dink, maar soos Gene se, niemand weet wanneer jou oomblik aanbreek nie en dan se Woord ook dat NIEMAND behalwe die Vader die tyd en uur weet nie... maar hier is vraag vir ons almal.... hoekom vra ons die Vader nie om almal te red volgens Sy wil nie, want die Woord se tog ALLES wat ons in Jesus se naam vra sal Hy ons gee... so hoekom bid ons nie Hom al daai siele nie en dat die Satan so alleen moontlik in hel opeindig en meer kniee sal buig en tonge getuig dat Hy waaragtig Seun van God is en weer LEWE en REGEER ! :pp

Willem
Oct 1st 2009, 05:10 PM
Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .
Dag en datum nie, maar in my OF my kind se leeftyd ; dink ek is heel moontlik ....

Die Filadelfieer
Oct 2nd 2009, 05:39 AM
Dag en datum nie, maar in my OF my kind se leeftyd ; dink ek is heel moontlik ....

Ek stem saam met jou oor hierdie moontlikheid Willem, Jesus het ges dat nie eers die engelle weet water dag dit gaan wees nie, maar vir ons mensies hier op aarde wil dit tog voorkom asof die tyd baie naby is. Hoekom ek egter my opsies oophou is bloot omrede hierdie eindtydverwagting al vir baie lank saam met die mensdom beweeg, en kerke en mense wat spesifiek tydlyne hieraan begin koppel, en dan verkeerd bewys word, die hele saak meer skade aanrig as wat hulle goed doen.

Johnny
Oct 2nd 2009, 06:01 AM

Ons glo dat die totstankoming van Israel as 'n volk en nasie op 14 Mei 1948 na 2000 jaar se ballingskap God se "horlosie" as't ware weer laat begin loop het. In die wereld het dinge ook toe met rasse skrede begin versnel en soos julle almal tereg se, ons kan NIE die dag en uur bepaal nie, maar Hy het ons nie onkundig gelaat nie en die wederkoms is beslis voor die deur. Ek het al menmige male gese op die foruim on geestelike tasse moet gepak wees. Ek is oortuig dit sal vir hierdie generasie bedoel wees.....dit is nou die wederkoms.

Ta-An
Oct 2nd 2009, 08:10 AM
Die BF reels s geen date setting nie :D

Maar die feit dat die Duiwel los is spel dit vir ons uit dat daar aksie in the Spiritual realm is ;)

Ta-An
Oct 2nd 2009, 08:13 AM
Met Iran se atoom bom wat hulle Israel mee wil uitwis, en China wat Amerika so te s besit.... staan die Draak van Openbaring op!!?? :hmm:

Johnny
Oct 2nd 2009, 08:25 AM
Die BF reels s geen date setting nie

Sorry vir dit, maar feite is feite. Dit was wereldnuus, so ek is inlyn wat openlik verkondig was.

Gene
Oct 2nd 2009, 01:32 PM
Johnny, ek hoor presies wat jy se, en ek stem in 'n mate saam. Ek herhaal wat ek in my eerste pos gese het - ons is beslis in die laaste pylvak. Die Bybel leer dat die presiese datum en tyd net by God alleen bekend is, maar die Bybel bevat genoeg inligting oor die eindtye dat ons nie in die duister hoef te wees daaroor nie. Al die tekens is daar, veral die verval van die wereld waarin ons leef. Dinge is sonder twyfel besig om na 'n punt te beweeg. Maar daar is dinge wat nog nie in plek is nie... en wanneer dit in plek gaan kom, weet ons nie. Ek het al in my leeftyd gesien hoe vinnig dinge kan verander, en ek weet, dinge kan byna oornag in plek val.... maar dit kan aan die ander kant dalk ook nog baie jare neem, ons weet nie.

En dit is die punt wat ek wil maak. Ten spyte van al die gebeure en tekens wat een na die ander besig is om in vervulling te gaan, kan nie een van ons op hierdie stadium nog eers naastenby 'n tyd daaraan koppel nie. En ek dink ook nie dit was die Here se bedoeling dat ons 'n tyd daaraan moet probeer koppel nie. Maar watter verskil gaan dit tog maak om te weet? Is dit werklik belangrik om daaroor te bespiegel? Is dit nie maar "useless information" nie? Die einde kan vir enige een van ons binne die volgende paar sekondes aanbreek... daarom se ek, konsentreer daarop dat jy leef asof dit enige oomblik kan gebeur. As daar dinge is wat gedoen moet word, of reggestel moet word, doen dit onverwyld, want nie een van ons weet hoe lank daar nog tyd daarvoor sal wees nie. Is dit nie die kruks van die saak nie?

Paul Pienaar
Oct 2nd 2009, 01:39 PM
Iran se atoombom ?!?!? Verskoon asb. dat ek nou weer so skielik op die forum spring, maar....

Dieselfde mense wat vir jou en my vertel het dat Irak weapons of mass destruction gehad het, vertel nou weer vir ons, dat Iran 'n sogenaamde atoom bom het.

Die International Atomic Energy Agency (IAEA) wat Iran gereeld besoek, en deur die Verenigde Nasies aangestel is, stel dit duidelik dat Iran NIE enige tekens van 'n atoom bom het nie.

Dit is blykbaar nie nuuswaardig genoeg om die nuus te haal, maar wanneer Obama s dat sy intelligensie, (dis nou dieselfde intelligensie wat verantwoordelik was vir die Irak inval), dan word dit voorblad nuus.

Asseblief, wees meer versigtig hoe daar met inligting omgegaan word.

Ta-An
Oct 2nd 2009, 05:40 PM
Asseblief, wees meer versigtig hoe daar met inligting omgegaan word.Paul.... Ek was die vertel vir waarheid, jammer miskien moes ek sekerheid verkry het daaroor.

Waar 'n rokie trek brand daar seker iewers 'n vuurtjie??

Johnny
Oct 5th 2009, 07:14 AM
Ek dink nie dit gaan hier soseer watter land kern wapens het of nie. EK wou die gevoel toets of ons reken dat die einde naby is...al dan nie. Uit die lering wat ek ontvang is dit duidelik dat die einde voor die deur is. Ek stem saam met Gene dat ons elke dag gereed moet wees. Die bybel leer ons immers dat wanneer die vyeboom (Israel) bot, ons ons oe moet ophef na bo want ons verlossing is naby. Die vyeboom het voorwaar in 1948 gebot.

Dit is alom bekend dat die Moslem nasies Israel van die wereld kaart wil afvee. Geen land is meer aan die kant van Israel nie, nie eers meer hulle enigste bongenoot Amerika nie, en soos ek al op die forunm beleef het, weinig christinne en kerke. Ek dink dit is belangrik dat ons ingelig behoort te bly oor die gebeure in die wereld, ook die koms van Jesus, gemeet aan hiedfie wereld gebeure, hetsy dit natuurrampe, oorloe ens is. Die bybel leer ons selfs dat as ons hierdie dinge sien gebeur dat ons NIE die onderlinge byeenkomste moet misloop nie.

Daar MOET binnekort groot oorloe in die Midde-Ooste wees. Ons begin juis Woensdag aand met 'n nuwe reeks oor die volgende oorloe wat daar moet plaasvind en hoeveel daar nog oor is. Ek is dankbaar dat ons in ons gemeente op hoogte gehou word en dat ons die lering ontvang....en natuurlik hoe kan ek nalaat om te se dat ons in Isael se kant is.

Ek het met ons onlangse toer na Israel 'n oulike T-Shirt gesien:

"America don't worry....Israel is behind you!"

Ta-An
Oct 5th 2009, 08:16 AM
Die bybel leer ons immers dat wanneer die vyeboom (Israel) bot, ons ons oe moet ophef na bo want ons verlossing is naby. Johnny, wanneer die fisiese vyeboom bot, (die nuwe blare is die bloeisels, en die blomme binne die vrug) begin Somer.... watter fees fier Israel aan die begin van hulle somer?? :hmm:

"America don't worry....Israel is behind you!"
Amazing!!

Johnny
Oct 5th 2009, 08:49 AM
Shavuot - Ek reken dit is Pinksterfees.

Ta-An
Oct 5th 2009, 11:11 AM
Shavuot - Ek reken dit is Pinksterfees.En wat volg net na Passover??

Johnny
Oct 5th 2009, 11:38 AM
Fees van die Ongesuurde Brode.

Willem
Oct 9th 2009, 07:03 PM
Die' raak interresant! ; MAAR die vraag is weer, as vandag my laaste dag is, wat sou ek anders doen?

Dis dan dat ek weet dat ek nie uit myself uit IETS kan doen nie, maar dit net uit genade is...

Persoonlik begin ek al meer dink dit is nader as wat wereld dink dit is :pp

Ta-An
Oct 10th 2009, 04:15 PM
Johnny, wat beteken die fees van ongesuurde brode, vir die Christen van vandag??

David2
Oct 14th 2009, 04:56 AM
Die wegraping is voor die deur. Onthou: die Antichris sal nie oorneem die volgende dag na die wegraping plaasgevind het nie. In teendeel, ek reken dat die chaos wat deur die wegraping veroorsaak gaan word, juis die vonk gaan verskaf om die proses van van die Antichris-verbond aan die gang te sit. Solank die Christene nog hier is, is die tehouer van 2 Thess. 2 ook nog hier en dan kan of sal die antichris nie kan oorneem nie.

Mense s dikwels nee, daar is nog baie dinge wat moet gebeur, die wegraping kan nie nou al wees nie. Ek verskil. Ek dink dit is juis die wegraping wat hierdie "baie dinge" gaan laat gebeur. As die teehouer weg is, gaan die groot chaos begin. Ek reken die oorlog van Eseg, 38,39 gaan ook nog voor die verdrukking begin en teen daardie tyd, so glo ek, is ons reeds weg.

Johnny
Oct 27th 2009, 12:33 PM
Johnny, wat beteken die fees van ongesuurde brode, vir die Christen van vandag??

Ek glo nie dit beteken vir die christen veel nie....want hulle weet nie eers wat dit beteken nie. Vir my is dit 'n skoonmmak proses. Dit is 'n pad van Heiligmaking....nie net eenkeer 'n jaar nie, maar elke dag!

Willem
Oct 27th 2009, 08:14 PM
Die wegraping is voor die deur. Onthou: die Antichris sal nie oorneem die volgende dag na die wegraping plaasgevind het nie. In teendeel, ek reken dat die chaos wat deur die wegraping veroorsaak gaan word, juis die vonk gaan verskaf om die proses van van die Antichris-verbond aan die gang te sit. Solank die Christene nog hier is, is die tehouer van 2 Thess. 2 ook nog hier en dan kan of sal die antichris nie kan oorneem nie.

Mense s dikwels nee, daar is nog baie dinge wat moet gebeur, die wegraping kan nie nou al wees nie. Ek verskil. Ek dink dit is juis die wegraping wat hierdie "baie dinge" gaan laat gebeur. As die teehouer weg is, gaan die groot chaos begin. Ek reken die oorlog van Eseg, 38,39 gaan ook nog voor die verdrukking begin en teen daardie tyd, so glo ek, is ons reeds weg.

Hi David,

heeltemal off topic, maar is deel van die wegraping dat die Heilige Gees tans antichris teehou en as Hy weg is ( en dan ons ook want Hy woon in ons en sal ons nooit verlaat nie ) beteken dit ons moet a.g.v wat in hakies is ook al weg wees?

Sal gaan soek as ke weer tyd het, vir langer besprekings oor wegraping al dan nie...

David2
Oct 28th 2009, 03:14 AM
Willem
As ek jou reg verstaan, ja, dit is hoe ek na die dinge kyk. Die Heilige Gees gaan Hom as teehouer op 'n stadium onttrek (en ons daarmee saam). Eers daarna kan die Antichris op aarde oorneem. Op die oomblik werk die magte van misleiding ondergronds. Ek het nogal 'n idee dat die her-opbou van die tempel ook in die kategorie val. Volgens profesie gaan die tempel herbou word, maar die Heilige Gees wil dit nie h nie. Die hele idee van 'n tempel is teen die evangelie gekant. Dalk sal die tempel dan eers herbou word na nie wegraping.

Johnny
Oct 28th 2009, 05:47 AM
David, ek glo die enigste ding wat nog in die pad staan van die antichris is juis dat die ware kerk nog op aarde is. Soos jy se sal die Heilige Gees nie meer hier wees na die wegraping nie. Om dus van sonde en ongeregtigheid oortuig te word in daardie tyd is onmoontlik. Ek dink ook dit is hier waar die 144 000 en die twee getuies hulle werk gaan verrig. Soos Lukeskywalker glo dat hy deur die verdrukking sal gaan, wil ek vir hom se hy gaan BAIE genade van God nodig he om dit te kan doen. Die tempel moet vir 2 redes gebou word...vir die Ortodokse Jode wat weer offers aan God wil bring en vir die antichris om die wereld daarvanuit te regeer.(Obamanation Of Desolation)

Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Mar 13:19 Want daardie dae sal daar n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

AndreHa
Dec 4th 2009, 10:57 AM
Die' raak interresant! ; MAAR die vraag is weer, as vandag my laaste dag is, wat sou ek anders doen?

Dis dan dat ek weet dat ek nie uit myself uit IETS kan doen nie, maar dit net uit genade is...

Persoonlik begin ek al meer dink dit is nader as wat wereld dink dit is :pp

Daardie vraag:

MAAR die vraag is weer, as vandag my laaste dag is, wat sou ek anders doen?Laat my dink aan 'n keer toe ek oortuig was dat my laaste uur aangebreek het. Ek het vir die loop van 'n masjiengeweer gekyk, en gedink dis nou tyd. Ek het die Here gesmeek om my in genade aan te neem. Sonder Sy genade is ons hopeloos verlore.

En oor die wegraping - ek glo dit kom nader. Die Here het my 'n visioen gegee, simbolies van aard, oor die wegraping. Ek glo Hy gaan sy kinders kom haal, voor die spreekwoordelike storm. Hy't my 'n beeld gewys van 'n kind wat naby 'n afgrond sit en speel. Toe roep Hy die kind terug na Hom. Die kind het gedink hy's veilig, maar toe gaan haal Jesus hom, en verduidelik dat die storm wat op pad is sterker is as wat die wereld nog ooit gesien het, en dat die storm sterk genoeg sal wees om hom in die afgrond in af te waai. Toe stap hulle saam na 'n baie mooi plek, en daar eindig dit.

Dit laat my aan handelinge 2:20 dink:

Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.Ek reken dit behoort wereld nuus te maak as die son ophou skyn. Ek dink die mense sal dan begin besef die tyd is amper verby...

AndreHa
Dec 4th 2009, 11:15 AM
David, ek glo die enigste ding wat nog in die pad staan van die antichris is juis dat die ware kerk nog op aarde is. Soos jy se sal die Heilige Gees nie meer hier wees na die wegraping nie. Om dus van sonde en ongeregtigheid oortuig te word in daardie tyd is onmoontlik. Ek dink ook dit is hier waar die 144 000 en die twee getuies hulle werk gaan verrig. Soos Lukeskywalker glo dat hy deur die verdrukking sal gaan, wil ek vir hom se hy gaan BAIE genade van God nodig he om dit te kan doen. Die tempel moet vir 2 redes gebou word...vir die Ortodokse Jode wat weer offers aan God wil bring en vir die antichris om die wereld daarvanuit te regeer.(Obamanation Of Desolation)

Mat 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Mar 13:19 Want daardie dae sal daar n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie.

Sjoe - die idee dat die Heilige Gees nie meer hier sal wees na die wegraping nie is nogal rof. Sonder Sy invloed gaan dinge beslis woes raak. Dis mos daarna dat die bodemlose put sal oopgemaak word?

Johnny
Jan 6th 2010, 09:00 AM
Sjoe - die idee dat die Heilige Gees nie meer hier sal wees na die wegraping nie is nogal rof. Sonder Sy invloed gaan dinge beslis woes raak. Dis mos daarna dat die bodemlose put sal oopgemaak word?

Where is the holy spirit during the tribulation?
http://wiki.answers.com/Q/Where_is_the_holy_spirit_during_the_tribulation