PDA

View Full Version : BELANGRIK Is jy al rein verklaar......?



Johnny
Oct 5th 2009, 08:00 AM
Ou Testament

Lev 13:3 en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.
Lev 13:12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oŽ van die priester kan sien;
Lev 13:13 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.

Wat 'n teenstelling. As dit lyk of jy melaats is, dan is jy deur die priester onrein verklaar. As jy heeltemal, van kop tot tone melaats is, dan is jy rein verklaar! Hoe is dit moontlik? Hoe trek dit deur na ons in die Nuwe Testament?

Sonde doen dieselfde. As jy net 'n bietjie sonde het, dan probeer jy dit wegsteek. Dit was so met melaatsheid. As jy begin om siek te word, dan probeer jy dit verberg, want as hulle sou uitvind, dan word jy afgesonder en dan is jy onrein. As jy egter heeltemal met melaatsheid bedek is, dan kan jy niks wegsteek nie, en die priester verklaar jou rein. Jy belei dat jy deurtrek is. So kan ons ook voor Jesus, ons Hoepriester ons totale sondige lewe belei.....en Hy sal jou rein verklaar.

Nuwe Testament

Luk 7:36 En een van die FariseŽrs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die FariseŽr gekom en aan tafel gegaan.
Luk 7:37 En toe Ďn vrou in die stad, wat Ďn sondares was, verneem dat Hy in die FariseŽr se huis aan tafel was, het sy Ďn albaste fles met salf gebring
Luk 7:38 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.

Die Fariseer het gekla dat die onreine vrou Jesus se voete was, soen en salf, maar Jesus se vir hom dat sy niks het om weg te steek soos hy nie, en daarom kon Jesus vir haar se: Jou sonde is jou vergewe.

Lees gerus die hele gedeelte om die storie te verstaan. Dit was treffend uit ons Sondag diens wat Pastoor Dries vir ons gebring het.

Is jy al rein verklaar? Het jy al jou sondes voor Jesus belei? Het jy nog iets om weg te steek of is ons nog soos die Fariseer wat dink ons het gebrek aan niks?

Bekeer jou vandag nog sodat die Hoepriester (Jesus Christus) jou rein kan verklaar.

Ta-An
Oct 5th 2009, 11:11 AM
Ek/Ons is rein deur Jesus-bloed Johnny :pp

Johnny
Oct 5th 2009, 11:30 AM
Ek/Ons is rein deur Jesus-bloed Johnny :pp

Amen! Deur Sy bloed IS ons rein verklaar deur wedergeboorte of bekering.

Mia Ashton
Oct 5th 2009, 06:36 PM
Ek/Ons is rein deur Jesus-bloed Johnny :pp
Dankie tog dat ek nie rein word deur my eie verdienste nie, maar deur die kosbare verlossende bloed van my Jesus aan die kruis!!

Hoe baie baie lief het ek nie my Heiland vir wat Hy vir my gedoen het nie!!! Ek kan maar net my sondelos na Hom toe bring.

JPR
Oct 20th 2009, 07:05 PM
As jy egter heeltemal met melaatsheid bedek is, dan kan jy niks wegsteek nie, en die priester verklaar jou rein. Jy belei dat jy deurtrek is. So kan ons ook voor Jesus, ons Hoepriester ons totale sondige lewe belei.....en Hy sal jou rein verklaar.

Johnny, dit is pragtig. Nooit daaroor gewonder nie maar dit al baie raak gelees. Dankie vir daardie waarheid!!




Die hoŽpriester (Yeshuah) se funksies word as volg opgesom:
Die groot versoendag (Lev 16): Doen versoening vir die volk en vir homself. (LW nie vergifnis nie)
Vir Sondes ontwetend deur enige lid van die volk gedoen en later deur die Heilige Gees aan jou bekend word (Lev 4); Die Korban van die persoon wat gesondig het se bloed teen die altaar bring versoening wat dan vergifnis tot gevolg het.
Onskuldig onrein raak (Lev 5); die offerhande deur die individu betrokke word deur die Priester ontvang en Sy versoening bring dan vergifnis.
Vir Skuld waarby enige lid van die volk in swakheid betrokke geraak het (Lev 5 & 6): Die betrokke gelowige (lid van die volk) moet die situasie 120% herstel (herstel + 20%) en dan word die offer deur die priester in ontvangs geneem, die bloed van die offer bewerk versoening en bring so vergifnis. (Vergifnis is hier voorwaardelik)
Paasofferlam: Deelname hieraan is net vir eersgeborenes (wedergeborenes) en nie vir die wÍreld nie. Dit het, sover ek verstaan, nie met versoening of vergifnis te doen nie. Heiligheid is 'n voorvereiste en suiwerheid voor deelname is belangrik. Dit dien as 'n herinnering dat die doodsengel verby sal gaan.
Ter opsomming:
Yehoshuah se versoening was vir die hele wÍreld (Onthou hy was volgens die orde van Melgesidek) maar nie die hele wÍreld is vergewe nie en nog minder gaan die hele wÍreld gered word. Versoening beteken om, soos met strydende fraksies die geval is, die twee opponerende partye om dieselfde tafel te kry en deur bespreking en bemiddeling die dooie punt opgelos te kry. Dit beteken nie 'n finale oplossing vir die geskille nie netsoos wat Yehoshuah se versoening nie 'n finale oplossing vir die probleem vir sonde is nie. In rekenkundige terme beteken versoening (rekonsiliasie) nie dat jou finansiŽle dilemma opgelos is nie, dit beteken slegs dat alle inkomste en uitgawes in berekening gebring is en 'n antwoord vir die tekort (indien bestaan) nou sinvol benader kan word.
Sonde wat ontwetend, of in swakheid gedoen is (sien bo), of voor ons geweet het wat sonde is, word vergewe.
Vir sonde waarvan die Heilige Gees ons bewus maak, moet ons 'n korban bring. (As jy jou sonde bely, Hy is getrou .... sondes te vergewe... en jou ... te reinig) Om van jou sonde gereinig te word moet jy jouself as "lewende offer" aanbied. Hierdie self is jou vlees. Yehoshuah het dit so gestel: "as jy jou lewe wil behou, gaan jy dit verloor maar as jy terwille van my en die evangelie....behou" Slegs dooie mense kry vergifnis van sonde omdat slegs dooie mense van die vloek van die wet losgekoop is. Netsoos 'n vrou eers vry is om weer te trou na haar man gesterf het, is die gelowige vry van die juk van sonde as hy sy vlees in die dood van Christus begrawe het.
Die Priester kon niemand vergewe het wat nie 'n offer (korban) gebring het nie. Die offerdier verteenwoordig ons vlees. Die een lewe kom vry, deurdat die ander lewe sterf. Die gees mens kom vry, deurdat die vleesmens sterf. Hy wat in Christus is, is onder geen veroordeling nie. Hy wat buite Christus is, is nog onder veroordeling. Om in Christus te wees is soos om in Noag se ark te wees. Jou sondes moet afgewas wees netoos die wÍreld se sondes afgewas was deur die vloed.
As ons nie elke dag ons kruis (waarmee ons doodgemaak word) saam met ons dra nie, kan ons nie 'n dissipel van Yehoshuah wees nie.

Versterk en bemoedig mekaar deur mekaar te herinner dat ons deur groot verdrukking in die koninkryk van God moet ingaan. ((Hand 14:22)

Shalom