PDA

View Full Version : Biddag vir reen - baie meer as reen !



mari
Oct 7th 2009, 08:38 PM
Gister was hier 'n biddag vir reen in George - die Eden area was nog nooit so droog in oor die 130 jaar nie en die dag is deur die munisipalitiet voorgestel .... ( ja, jy't reg gelees - die major homselwers ! )

binne 'n paar weke is die stadion, sprekers en dienste gereel .... geen sprake van dinominasies ens nie - lofprys span uit 'n handvol "verskillende" kerke ens ....... Paul Power is genader en hy en sy biddag span, saam met plaaslike borge, het alles in 'n japtrap reggekry ....

... Aangesien dit 'n gewone werksdag was en dinge so vinnig gereel is, is nie soveel mense verwag nie, miskien so 5000 ......... toe daar al oor die 13 000 in die Outeniqua stadion ingepak is, is ons vriendelik versoek om plek te maak vir die hordes wat nog wag om in te kom ...... oor die 20 000 !!!

en onse oom Angus was ook daar - TV opnames uitgestel en spesiaal ingevlieg ...... al die kritiek oor sy "lering" het iewers in die Gauteng of Natal agtergebly, want die Suidkapers het saamgekom om te bid tot ons God ..... sy boodskap was kort en kragtig soos gewoonlik - if His People wil Humble themself before God, He will heal your land ..... raak ontslae van al die "divisions" en in eenheid sal ons oorwinning ontvang ...... baie boere en hul werkers was saam op hulle kniee voor ons skepper..... Helen Zille en 'n paar bekendes van die DP, ANC, Cope en hoeveel ander het saam ons Vader se naam aangeroep om verligting ... baie trane het gevloei en baie harte het oopgemaak ......

.... Besighede is gevra om hul staf kans te gee om die biddag by te woon - vele deure was toe en almal was saam .... Manne in hul werkklere van Tiger Wheel, Volkswagen, kettingwinkels, plaaswerkers in overalls en skoonmakers in voorskote ...... prokureers in fensie pakke en padwerkers in gumboots ..... skole het naskoolse bedrywighede gekansileer, sportoefeninge is eenkant toe geskyf en vergaderings uitgestel ........ almal was daar .... almal een voor God ....

Mense, dit was AWESOME ! .... almal een in die dringende behoefte na meer as reenwater ...... Geestelike water het uitgestort en harte is genees ...... waar die Suidkaap Arende rugby speel, het hemelse arendvlerke opgestyg ......

George is weer regtig CAW - Christ At Work !

CFJ
Oct 7th 2009, 09:33 PM
Ek wou self gaan Mari, maar kon dit nie maak nie. Ek is bly jy vul ons so bietjie in oor wat daar gebeur het.

Die Filadelfieer
Oct 8th 2009, 05:36 AM
" Geestelike water het uitgestort en harte is genees ...... "

Baie belangriker as rŽen ! Ek is gewoonlik nie baie positief oor biddae vir rŽen nie, maar vir dit wat Mari hier beskryf ..... wow !

Francois Marais
Oct 8th 2009, 05:49 AM
Sjoe... :cry: Dit moes wonderlik gewees het! Ek wens nou ek was in die Kaap gewees. Mag die Vader groot dinge doen in SA!

Willem
Oct 9th 2009, 07:04 PM
:cry: Dankie Here ! :pray:

mari
Oct 11th 2009, 06:34 PM
" Geestelike water het uitgestort en harte is genees ...... "

Baie belangriker as rŽen ! Ek is gewoonlik nie baie positief oor biddae vir rŽen nie, maar vir dit wat Mari hier beskryf ..... wow !


Fila ...

wat hier "anders" was, is dat die oproep tot bid van die munisipalitiet gekom het en nie 'n "kerk" aksie was nie ..... dus MOES die "kerke" op absulute "gelyke vlak" saamwerk ... die biddag om reen was uit die hart van die gemeenskap en nie van 'n sekere denominasie nie .... en die Gees het so gewerk dat almal werklik hulle eie dingetjies eenkant toe kon skuif en almal kon regtig saamwerk .....

... dit was 'n wonderlike getuienis van wat dit regtig beteken om Christen te wees sonder "labels" ..... veral vir heelwat "skeptics" wat saam gedrentel het om die middag van werk af te kry, maar met 'n spring in die stap daar uit is ...... die Gees het gereen lank voor die waterdruppels ! .......


en so baai the way ....

HET IEMAND DIE WEERVOORSPELLING GEGESIEN ....

DIT STORT ALREEDS ........ :pp:pp:pp

CFJ
Oct 12th 2009, 08:36 AM
HET IEMAND DIE WEERVOORSPELLING GEGESIEN ....

DIT STORT ALREEDS ........ :pp:pp:pp
Mari,

My internet was gister af, oor die swaar weer hier in Oudtshoorn. Dit het nie baie gereŽn hier by ons nie, maar ek was gister nogal nuuskiering om te hoor of dit anderkant die berg by julle reŽn. Ek was glad nie verbaas om hierdie plasing vanoggend te sien nie...

mari
Oct 13th 2009, 07:38 AM
Dit reen nou al 3 dae aan en af in George.... die grasvelde is groen en vanoggend het 'n paar kalfies langs die pad sommer lekker laf in die modder rondgetrippel .....

Kaaimansrivier se dun stroompie is reeds besig om lyf te kry .....

Ferdie .... ons bid dat dit nou ook oorieberg sal trek .....

:pp

mari
Oct 13th 2009, 07:50 AM
http://photos-a.ak.fbcdn.net/hphotos-ak-snc1/hs276.snc1/10323_147125733491_528473491_2724456_253780_n.jpg

http://photos-a.ak.fbcdn.net/hphotos-ak-snc1/hs276.snc1/10323_147129818491_528473491_2724480_2285671_n.jpg
http://photos-a.ak.fbcdn.net/hphotos-ak-snc1/hs276.snc1/10323_147123268491_528473491_2724448_69232_n.jpg