PDA

View Full Version : "Emmaues Walk"



MercyChild
Oct 13th 2009, 11:23 AM
Ek het die mees wonderlikste naweek ooit in my leeftyd beleef. Ek was op 'n "Emmaues walk" Die kamp het gestrek van Donderdag tot Sondag.

Hierdie naweek het 'n nuwe sienswyse vir my gegee aangaande God se liefde vir ons en hoe ons as Christene mekaar met liefde moet hanteer en hierdie liefde onder mekaar moet deel.

Die ironie van die saak was teen die tyd wat ek daar geariveer het, het ek ongemaklik gevoel en so effens met God geredeneer oor waarom ek nou eintlik daar opgeland het. Eintlik het ek geestelik vreeslik klein gevoel en het nogal gevrees dat ek te min van die Bybel weet om deel te wees aan heirdie kamp.

Die eerste groep waar ek myself tuis en aanvaarding gevind het in die Christen gemeenskap was in 'n geestelike dansgroep met die naam D'vorah, wat beteken Debora. Ons was in groepe verdeel, en elke groep het 'n vroue naam van die Bybel gehad.........Dis toe dit voel of ek 'n klap van die windmeul weg het! Toe ek opmerk dat die groep waarin ek verdeel was se naam Debora was. Ek het werklik in my hart ervaar dat God hierdeur vir my eintlik wou sę dat ek weereens aanvaarding daar sal vind, en dat ek daar hoort.

Nou ja, ek het nie verder geredeneer nie, en my hart ontvanklik gemaak vir wat ookal voorlę die naweek. Ek moet erken dat ek nog nooit so baie trane gehad het soos die naweek nie.

Ek het werklik groot seeninge die naweek ontvang, sowel as baie antwoorde op ongeantwoorde vrae. Vader is baie getrou en met dankbaarheid kan ek deel dat dit my visie vir die toekoms verander het, nuwe drome laat ontstaan het, en my hart verander het wat God se liefde vir ons betref......

As jul ooit 'n geleentheid kry vir 'n Emmaues walk, gryp dit aan......dit het vir my soos 'n tikkie hemel gevoel wat oopgaan!:idea:

CFJ
Oct 13th 2009, 11:59 AM
Dankie vir die plasing Linda, jy is werklik 'n inspirasie en juis jou nederigheid, maak jou so bruikbare instrument vir die Here. Jy maak mens jaloers... :blush:








(NS; Ek skuif die draad na die getuienis forum en glo dit sal reg wees met jou)