PDA

View Full Version : hoe verstaan mens dit???



Francois Marais
Oct 15th 2009, 12:27 PM
Ons almal het al die gesprek tussen Jesus en Nikodťmus, gelees (Joh 3 vir ons nuwe susters en broers)

Nou die deel wat die Vader tans met my werk is die afsterwe van die ou mens. Ek wil my hele lewe aan YHWH se werk plaas, maar dit gaan nog moeilik.

Ek het in die internasionale deel 'n draad gemaak van my musiek wat ek baie onwettige musiek op my rekenaars gehad het (nie aardese musiek nie, maar Gospel) wat ek moes af vee (en wat 'n lekker gevoel) Die post het regtig gemengde reaksie gekry. Nou vra ek met trane in my oe... Hoekom probeer ons Christen mense steeds iets reg praat wat verkeerd is?

As jy weet dit is nie reg nie hoekom doen mens dit steeds. Dit is net soos die kinders wat elke Sondag kerk toe gaan, maar hulle hou hul self besig met voor huwelikse seks? Die mense wat in die kerk se banke sit wat buite egtelike verhoudings aan het wat steeds in die kerk sit?

Waar is die probleem? As dit nie reg is nie STOP DIT!

HELLO!!!

Is daar iemand wat saam stem? Sterf die ou persoon af mense!

Die draad se spoor:
http://bibleforums.org/showthread.php?t=189855

Ta-An
Oct 15th 2009, 05:04 PM
. Hoekom probeer ons Christen mense steeds iets reg praat wat verkeerd is?

Francois, ek het seksvoorligting op skool aangebied.... die een outjie antwoord my toe.... "my body can, so why can't I??"


As jy weet dit is nie reg nie hoekom doen mens dit steeds. Want mense kan.... dis maklik almal doen dit..... jy koop 'n rekenaar en dit kom met die sagte en hardeware om dinge te doen wat jy nie veronderstel is om te doen nie....

Dieselfde met ander dinge....

Jesaja 5 sÍ: 13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

Die mense besef nie dat dit wat hulle verkeerd doen, hulle in ballingskap plaas nie.... want 'almal' selfs kerk mense doen "dit"

Gene
Oct 15th 2009, 06:12 PM
Hierdie draad het my nogal geruk! Hierdie is iets waarmee ek al 'n geruime tyd met die Here oor "stoei." Ek besit 'n goeie versameling musiek en DVD's wat nie wettig is nie. En sommige daarvan (Christelike goed) is van die kosbaarste besittings wat ek het... Sien, ek sukkel erg finansieel om kop bo water te hou en ek sal nooit in my lewe sulke goed kan bekostig nie. En dan vertel ek vir myself (of liewer, dan vertel die satan vir my) dat ek niks van niemand ontneem nie, omdat ek nie inkomste wegneem van enige kunstenaar of enigiemand nie, want ek sal dit in elk geval nooit kan koop nie...

Onlangs het ek en my vrou begin met 'n proses van "huis skoonmaak" want ons het besluit dat ons niks in ons huis wil he wat nie tot eer van die Here is nie. In die proses het ons van goed ontslae geraak wat oor jare bymekaar gemaak is en baie "waardevol" is - en Francois is reg, dit voel wonderlik! Maar deur alles ignoreer ek deurentyd hierdie stemmetjie in my agterkop wat sÍ: "wat van die onwettige DVD's....?" Tot ek vanaand hierdie draad niksvermoedend oopgemaak het.

Dankie, Francois, dat jy gehoorsaam was toe die Here vir jou gesÍ het om oor hierdie onderwerp te gesels.

(Nou moet julle my verskoon, ek het 'n klompie dvd's en dc's om te vernietig....)

marline
Oct 16th 2009, 05:17 AM
(Nou moet julle my verskoon, ek het 'n klompie dvd's en dc's om te vernietig....)

Mmmmmm!!! Laat mens dink!!!

Francois Marais
Oct 16th 2009, 05:46 AM
Hierdie draad het my nogal geruk! Hierdie is iets waarmee ek al 'n geruime tyd met die Here oor "stoei." Ek besit 'n goeie versameling musiek en DVD's wat nie wettig is nie. En sommige daarvan (Christelike goed) is van die kosbaarste besittings wat ek het... Sien, ek sukkel erg finansieel om kop bo water te hou en ek sal nooit in my lewe sulke goed kan bekostig nie. En dan vertel ek vir myself (of liewer, dan vertel die satan vir my) dat ek niks van niemand ontneem nie, omdat ek nie inkomste wegneem van enige kunstenaar of enigiemand nie, want ek sal dit in elk geval nooit kan koop nie...

Onlangs het ek en my vrou begin met 'n proses van "huis skoonmaak" want ons het besluit dat ons niks in ons huis wil he wat nie tot eer van die Here is nie. In die proses het ons van goed ontslae geraak wat oor jare bymekaar gemaak is en baie "waardevol" is - en Francois is reg, dit voel wonderlik! Maar deur alles ignoreer ek deurentyd hierdie stemmetjie in my agterkop wat sÍ: "wat van die onwettige DVD's....?" Tot ek vanaand hierdie draad niksvermoedend oopgemaak het.

Dankie, Francois, dat jy gehoorsaam was toe die Here vir jou gesÍ het om oor hierdie onderwerp te gesels.

(Nou moet julle my verskoon, ek het 'n klompie dvd's en dc's om te vernietig....)

Probeer my klop. Ek het 120 GB se musiek gehad. Ek het 150 DVD's gehad (daai wat mens uitneem en dan gou copy omdat mens nie dit gekyk het nie (wat dit GLAD NIE REG MAAK NIE so npt)

Dit was die beste gevoel toe iemand dit by my gesteel het. Ek het geweet wie dit geneem het en ek het haar dankie gesÍ en vir haar gesÍ dat ek hoop dat sy dit sal vernietig, want dit is teen die wet om te hÍ

Mens moet mooi onderskeid tref tussen die vlees en die gees mense. Die duiwel is uit om YHWH se kinders op die verkeerde pad te lei! Wil jy brand of wil by Vader se voete gaan loof en aanbid?

En ek hoop jy het die DVD destruction geniet. Eer aan die Vader!
:hug:

Francois Marais
Oct 16th 2009, 05:57 AM
Francois, ek het seksvoorligting op skool aangebied.... die een outjie antwoord my toe.... "my body can, so why can't I??"

Want mense kan.... dis maklik almal doen dit..... jy koop 'n rekenaar en dit kom met die sagte en hardeware om dinge te doen wat jy nie veronderstel is om te doen nie....

Dieselfde met ander dinge....

Jesaja 5 sÍ: 13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.

Die mense besef nie dat dit wat hulle verkeerd doen, hulle in ballingskap plaas nie.... want 'almal' selfs kerk mense doen "dit"

Dink Jak 4:8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! som dit mooi op

Jes 24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.

Jes 24:16 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sÍ: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.

Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.


Ek dink ons kan byvoeg dat self KERKE dit doen. Ek weet die NGKerk wat ek in was het baie musiek gebruik wat nie deur die CCL gedek is nie. Die kerk wat ek nou in is het dit ook al gedoen. Nou die vraag. As jy voor JHWH staan (jammer vir die engels) are you gonna cower in shame infront of YHWH or are you gonna hear the voice of Father say that you are a servant others can look to?

Ek weet ek wil nie Vader skaam maak vir my nie. Ek hoop dat meer mense geraak sal word deur die draad en dat julle na Vader sal luister as hy met julle begin werk. Sterkte en lekker dag vir almal. :cry::hug:

Philip dT
Oct 16th 2009, 08:17 AM
Hallo julle. Soos ek dit verstaan en beleef, het ons reeds die ou mens afgesterf in Christus. Ons kan niks daarin bydra nie. Wat nou moet gebeur, is ons denke moet vernuwe word in ooreenstemming met ons nuwe identiteit in Christus.

Daarmee saam moet ook ons ou denkpatrone verander (Rom 12:1-2). As God ons nuut maak in ons kern-mens / ons gees, dan moet ons eie denke, wil en emosies verander in ooreenstemming met die kern van ons menswees wat in Christus nuut geskep is.

Die hardware is nuut gemaak, nou moet die software op datum kom.

Francois Marais
Oct 16th 2009, 09:06 AM
Hallo julle. Soos ek dit verstaan en beleef, het ons reeds die ou mens afgesterf in Christus.
Dit gaan nou kras wees, maar ek dink baie mense het nie die ou mens laat gaan nie. Ek sien nog baie mense wat die ou mens aanhang en nog baie in die vlees leef na hulle Jesus begin volg het. Soos ek dit sien is dit 'n totale afsterwe wat moet plaasvind.


Daarmee saam moet ook ons ou denkpatrone verander (Rom 12:1-2). As God ons nuut maak in ons kern-mens / ons gees, dan moet ons eie denke, wil en emosies verander in ooreenstemming met die kern van ons menswees wat in Christus nuut geskep is.

Die hardware is nuut gemaak, nou moet die software op datum kom.
Dit stem ek 100% saam. Dit is soos die oom met die MMC hemp aan wat vanoggend my middel vinger gegooi het na ek 60 km/h in 'n 60 km/h area gery het. Hoe werk dit? Of die oom met die vissie op sy motor se katte bak wat voor my ingery het, my vinger taal mee gepraat het (nie dat ek als verstaan het wat hy gewys het nie) toe hard voor my ge rem het en probeer het om my skade aan te doen. Toe ek virby hom ry en die WWJD bandjie op my arm wys het hy nie geweet wat om te doen nie, behalwe om die spoedgrens te oortree.

Die ander vraag wat ek kan vra mense... Die ongeduldige mens in jou (kom ons roep hom 'n persoonlikheid) dink julle dat ongeduld jou in die HEL kan laat beland.

Wat is jou gedagte met 'n persoon wat besig is met opleiding by SPAR. bemoedig jy die persoon of kon ongeduld tevore en skaad die persoon?

Does your life reflect the rabbi you follow?

Philip dT
Oct 16th 2009, 09:39 AM
Dit help my altyd om te onderskei tussen twee komponente van ons menswees, asook 2 komponente van ons Christelike lewenswandel.

die mens bestaan o.a. uit

1) liggaam en

2) gees.

Wedergeborenes is reeds 100% skoongewas en nuutgemaak in gees. Dit is 'n volkome werk wat Christus doen. Dit gebeur in die dimensie van ons gees. Daarmee saam verstaan ek dat ons ons vlees (sondige bestaanswyse), saam met die wet en die dood afsterf in Christus. Dit is nie 'n proses nie maar 'n eenmalige gebeure wat Christus self doen. Sy werk is 'n volkome werk. Dit bepaal ons geestelike identiteit. Anders gestel, wedergeboorte is nie 'n proses nie, maar 'n onmiddelikge werk van God.

Ons liggaam bly egter verbonde aan hierdie wÍreld (bestaan in 'n fisiese dimensie), met begeertes en behoeftes. Dit moet onder beheer staan van ons gees, wat ingewoon word deur God se Gees, en sy ou patrone moet hergeprogrammeer word. Dit is 'n proses.

Die begrip "vlees" word in meer as een konteks in die NT gebruik. In Rom 6-8, asook Kol 2, word "vlees" gebruik in die konteks van ons "ou sondige aard en bestaanswyse, ons geestelike identiteit los van 'n verhouding met Christus." In hierdie sin is jy of in vlees of in gees. Jy kan nie in altwee wees nie. (daarom sÍ Rom 8:9: "julle is egter nie in die vlees nie")

In ander gedeeltes soos Gal 5, dui "vlees" gewoon op sondige lewenspatrone en gedagtepatrone wat deel is van die fisiese, ligaamlike dimensie.

1 Joh 3:9 sÍ daarom dat iemand wat uit God gebore is nie meer kan sondig nie. Waarom nie? Want wat is sonde? Sonde is in sy kern nie slegte dinge of dade nie, maar om buite 'n verhouding van geregtigheid van Christus te staan waar ons nog nie die vlees (ou, sondige aard en bestaanswyse) afgesterf het nie. In Christus kan ons dus nie meer sondig nie m.b.t. ons kern mens of te wel ons geestelike identiteit nie. Anders gestel. As ons verkeerde dinge doen, kanselleer dit nie ons identiteit in Christus nie. In God se oŽ bly ons volkome geregtig en geregverdig op grond van die soenverdienste van Christus.

Verseker doen wedergebore Christene nog verkeerde dinge, maar dit kanseleer nie ons stand van volkomenheid / regverdigheid in Christus nie.

Francois Marais
Oct 16th 2009, 11:34 AM
Verseker doen wedergebore Christene nog verkeerde dinge, maar dit kanseleer nie ons stand van volkomenheid / regverdigheid in Christus nie.

Philip ek verstaan nou nie so mooi nie. Jy dink soos my niggie sien ekke.

So dit is reg om die wet te oortree en nie soos in Rom 13 (as ek nie verkeerd onthou nie) die wette van die land te gehoorsaam nie? Dit is die konteks wat ek dit in sien. Maar of dit mens in die hel gaan laat brand hang nie van my siening of mening af nie. Slegs die Vader kan dit besluit so jammer as ek dit as 'n voorbeeld gebruik het.

Ek dink ek sal die naweek by Vader se voete gaan sit en hoor wat Hy vir my besluit het... nie wat ek dink is reg nie.

-said not to start a fight but after all it is the right thing to do... (en jammer vir die brits)

Philip dT
Oct 16th 2009, 01:12 PM
Francois. Geen probleem. Dit is ook nie of ek vir jou wil preek nie. Ek chat sommar net met jou oor hoe ek dit persoonlik verstaan. Jy kan maak daarmee wat jy wil.

Wat jou oorspronklike plasing betref stem ek grotendeels met jou saam. Al waarop ek eintlik gereageer het, is een aspek, nl. oor die hele begrip van "vlees."

Soos ek dit verstaan oortuig God se Gees jou om daardie files van jou rekenaar af te haal, juis omdat jy die vlees (ou sondige betstaanswyse) afgesterf het in Christus. Soos Rom 6:1 ens. sÍ kan jy dus nie nou aanhou sondig nie, maar jou optrede moet ooreenkom met jou nuwe identiteit in Christus. Dit is dus nie die wet wat jou oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel nie, maar die Gees (Joh 16:8). En natuurlik werk die Gees saam met Christus se nuwe wet van die liefde (teenoor God en jou naaste) wat nou in jou bly.

Soos ek dit sien is dit nie asof die onwettige files op jou rekenaar jou in die hel gaan laat beland nie, maar dit stry teen jou nuwe identiteit in Christus, dit maak jou ongemaklik, steel jou vrede en laat jou skuldig voel. Want as dit so was kan enige verkeerde ding wat jy doen jou in die hel laat beland, want daar is nie groot en klein sondes nie.

Maar die feit dat dit op sigself jou nie in die hel gaan laat beland nie, maak dit nie reg nie, of dit maak dit nie onnodig om met sonde in jou lewe te deel nie.

En ek glo God se Gees wil mens van sulke soort dinge in mens se lewe bevry sodat mens in sy vrede en heiligheid kan wandel en meer effektief kan wees in Sy koninkryk.

Natuurlik kan langdurige sonde in mens se lewe, as mens dit toelaat, uiteindelik jou verlossing laat verloor, veral as dit jou verhouding met God begin skaad, maar dan gaan dit ook daarmee gepaard dat mens jou rug op God draai, Hom verwerp, en jou verlossing verwerp. Dis waarvan Heb 6:4-6 van praat.

groete

Gene
Oct 16th 2009, 01:44 PM
Die ander vraag wat ek kan vra mense... Die ongeduldige mens in jou (kom ons roep hom 'n persoonlikheid) dink julle dat ongeduld jou in die HEL kan laat beland.


As jy wedergebore is, gaan jy NIE hel toe NIE, maar as jy nog nie wedergebore is nie, wel. Dis so maklik soos dit. Dit gaan nie oor jou dade nie. As dade jou kon hel toe stuur, dan beteken dit dat dade jou kan red, en dit is nie die geval nie. Ons is almal vol sonde en verdien almal die dood. Maar Jesus het vir ons sonde betaal, en ons is vrygespreek die dag wat ons Hom aangeneem het as Verlosser en Sy offer aan die kruis vir onsself aanvaar en toege-eien het, en jou lewe aan Hom oorgegee het.

Nou, as jy ernstig was die dag toe jy bg gedoen het, dan kan jy nie meer moedswillig aanhou sonde doen nie. Dan streef jy outomaties daarna om meer en meer te word soos Hy wil he jy moet wees. Uit dankbaarheid, en omdat Hy jou stelselmatig verander, deur die werking van Sy Gees in jou. Maar dit is 'n proses. Niemand van ons bereik ooit daardie volmaaktheid waarna ons streef nie. En die Here neem jou een tree op 'n slag.... Dit is wat heiligmaking beteken - dis 'n groeiproses.

Wat as ons struikel? (Ek val elke dag "met my gesig in die modder...") Gaan ons dan hel toe? Geensins!! Ons is dan alreeds vrygespreek, Jesus het dan alreeds vir ons sonde betaal. As jy sukkel met ongeduld, sal daardie ongeduld jou nooit in die hel kan laat beland nie. Die vraag is of jy wedergebore is of nie. (Kan iemand wat wedergebore is, nog ongeduldig wees en ander sondige eienskappe he? Ja beslis, maar dit word gaandeweg al minder en minder)

Onthou net, ek praat nie daarvan as iemand se dat hy wedergebore is, maar hardnekkig en moedswillig volhard in sonde nie - iemand wat weier om afstand van sonde te doen..... Oor so iemand se "wedergeboorte" hang daar vir my 'n groot vraagteken.

Francois Marais
Oct 16th 2009, 02:21 PM
Dankie mense. Ek sal die naweek regtig moet gaan studeer. Sien julle weer Maandag en mag julle 'n geseŽnde Sabat (of Sondag vir die wat nie Sabat hou nie) wees en lekker rus die naweek.

Johnny
Oct 20th 2009, 12:10 PM
Dit is nie net ons wat met dit worstel nie.

Rom 7:19 Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.

Lees maar gerus die hele Romeine 7

Philip dT
Oct 20th 2009, 04:58 PM
Lees maar gerus die hele Romeine 7


Dis nou as mens Rom 7 lees as beduidend op die gelowige. ;)