PDA

View Full Version : OTC Dankie Here!



Willem
Oct 18th 2009, 06:30 PM
:pray: Net om dankie te se vir die Here vir al die werk wat Sy Gees die naweek gedoen het en die vrymaak en klaarmaak met goed wat ek al van vergeet het :pp

Hy is getrou en besig met Sy bruid. Hy is waardig bo almal!

CFJ
Oct 19th 2009, 11:13 AM
:pray: Net om dankie te se vir die Here vir al die werk wat Sy Gees die naweek gedoen het en die vrymaak en klaarmaak met goed wat ek al van vergeet het :pp

Hy is getrou en besig met Sy bruid. Hy is waardig bo almal!

Hi Willem,

Bly om jou getuienis te hoor, kan jy dalk bietjie meer uitbrei en veral wat OTC voor staan? Ek neem aan dit is 'n konferensie, waaroor het dit gehandel?

Willem
Oct 20th 2009, 08:27 PM
Hi Ferdi,

dis Overcomers Through Christ OTC , word by Fishermans Village aangebied in Honeydew area.

In elk geval, wat ek geleer het is hoe baie my selfbeeld en sienings deur my ervarings gevorm was en dat ek nie dit is , nie maar hoe 'n kosbare kind ek vir Ons Vader is en hoe ongelooflike VADER Hy is!

Deur vergifnis gewerk, die goed wat ek vergeet het, dit kom net so op tydens gebed ! Vrees woede jaloesie ens. al die goed wat ons laat struikel en neerval in ons daaglikse loop.

Wat ook amazing was is hoe invloed ek as pa op my kinders het en die soort pa wat ek is... dit het my oe nogal oopgemaak! Dankie dat ek nie die las alleen dra nie !:pray: Asook die gesag wat ek het t.o.v my kinders en dat ek vir hulle kan intree en hulle so ook beskerm tot hulle eendag self die keuse maak en Hom Here maak..

Dit was net lekker om weer te hoor en beleef hoe getrou Ons Vader is en hoe Sy Gees altyd kom werk waar ons berou en bekeer en Sy aangesig soek :hug:

Sola Scriptura ( oftwel my limited kennis, deurentyd die Woord en nie ons nie maar Jesus ,bv. as ek iemand sou moet salf wat siek is in my huis, weet ek dis net simbolies ; olie doen niks nie, dis in geloof wat ek erken die werk wat die Here in Sy mag en Sy krag doen volgens Sy wil )

Miskien is die bottom line... God is my pa en ek kan ALLES met Hom deel en met ALLES na Hom gaan, Hy sal my nooit wegjaag nie en DIT WEET ek nou, soos ek WEET Hy IS