PDA

View Full Version : BELANGRIK Kindermolestering : Dermekaargooi van 'n jong lewe.



Die Filadelfieer
Oct 21st 2009, 06:55 AM
Ek dink nie ons grootmense besef aldag wat 'n molestering, of selfs 'n gepoogde molestering aan kinders doen nie. Baie mans dink "hoe jonger hoe beter", maar watter effek het dit op 'n jong lewe ?

Ek loop die volgende artikel in Beeld raak (http://www.beeld.com/Content/Leefstyl/Nuus/1996/0e7edc411e4c446086eecb34a351a646/20-10-2009-10-23/Deurmekaargooi_van_%E2%80%99n_jong_lewe), julle moet asseblief kommentaar lewer, en byvoeg wat nog kort. As mens net een kind kan help deur ingelig te wees en ook ander in te lig, dan is 'n bespreking soos hierdie klaar 'n reuse sukses :

Deurmekaargooi van ’n jong lewe

2009-10-19 23:48





Tersa Coetzee



Kindermolestering gebeur daagliks – dit is ’n ontstellende werklikheid. Tersa Coetzee het by Women and Men Against Child Abuse gaan aanklop om te hoor wat die tekens van molestering is en hoe jy kinders kan help beskerm.

Een van Czanne Visser se slagoffers het onlangs in die hof getuig haar lewe is op 14-jarige ouderdom heeltemal “deurmekaargegooi” deur wat aan haar gedoen is. Dirk Prinsloo, Visser se voormalige verloofde, was na bewering ook by die wan­dade betrokke.
Die skuldigbevinding van Visser, ook bekend as “adv. Barbie”, op 11 van die 14 aanklagte teen haar weens onsedelike aanranding van drie minderjarige kinders, die uitlokking van ’n minderjarige tot onsedelike dade en die vervaardiging van kinderpornografie, het weer die soeklig gewerp op kinders wie se lewens verwoes word deur volwassenes wat hul magsposisie seksueel misbruik.
Die meisie was maar net een van die honderde kinders wat daagliks met molestering worstel. Tussen Januarie en Junie vanjaar is 27 gevalle van kindermolestering by die Waverley Kidz-kliniek in Pretoria aangemeld. Dit sluit uit die 11 kinders wat verkrag is en die vier wat aan pornografie blootgestel is. Dit beteken daar is in di omgewing 27 kinders wat in die een of ander stadium in ’n baie ongemaklike situasie gedwing is om dinge te doen waarvoor hulle emosioneel n fisiek glad nie opgewasse is nie. En di statistieke verteenwoordig maar net die kinders van Waverley wat die moed gehad het om daaroor te praat.
Nog skokkender is dat 42% van die molesteerders hul eie pa’s is. In 13,2% van die gevalle was die ma se krel verantwoordelik vir die wandade, 10,5% die stiefpa en 5,3% ’n stiefbroer.
Me. Letitia van den Berg, ’n maatskaplike werker van Waverley, s in die Kidz-klinieke se kwartaallikse verslag dit is bowenal dikwels moeilik om die skuldiges in hegtenis te neem omdat baie van die kinders nog te jonk is om in die hof te getuig of ’n verklaring af te l. Sosiaal-ekonomiese omstandighede lei daartoe dat ma’s dikwels eerder sal stilbly oor die wandade omdat die kwaaddoeners dikwels die enigste broodwinner is.

Let op na die tekens

Me. Miranda Friedmann, direkteur van Women and Men Against Child Abuse (WMACA), s daar is spesifieke tekens waarna ’n mens kan oplet wanneer kinders seksueel gemolesteer word.
Seksuele molestering behels enige vorm van seks tussen ’n volwassene en ’n kind, fisiek en emosioneel. Fisieke molestering sluit betasting en seksuele penetrasie in, terwyl emosionele seksuele mishandeling kan plaasvind deur ’n kind te dwing om sy klere uit te trek of om ’n kind aan volwassenes se seksualiteit bloot te stel. Die gedrag van kinders wat gemolesteer word verander dikwels skielik baie drasties, s Friedmann.
Die kind sal die oortreder skielik probeer vermy of sal selfs ongewone gedrag toon soos om skielik baie aggressief of passief te wees.
Ouer kinders toon dikwels selfvernietigende gedrag soos alkohol- of dwelmmisbruik, of in ekstreme gevalle begin kinders hulself te sny.
In die meeste gevalle is die molesteerder gewoonlik iemand na aan die familie, soos ’n familielid, familievriend, buurmense, onderwyser of afrigter, s Friedmann. Juis om di rede is kinders bang om te praat. Hulle is bang niemand gaan hulle glo nie omdat hul ouers dan juis die misdadiger “ken”.
Fisieke tekens is wanneer ’n kind skielik anders loop, vreemd sit of staan en enige verandering aan sy/haar geslagsdele soos rooiheid en swelling moet onmiddellik gevaarligte laat flikker, s sy. Sodra enige persoon te familir met jou kinders raak, moet jy bedag wees, waarsku Friedmann. Enige onderwyser, sportafrigter of selfs naasbestaande wat skielik vreeslik besorg is oor jou kind en die hele tyd ekstra aandag wil gee, moet maar met ’n bietjie agterdog bejen word.
Friedmann s navorsing het gewys daar is ’n besliste verband tussen dieremishandeling en kindermishandeling. Mense wat kinders molesteer, sal heel dikwels ook diere mishandel as ’n voortsetting van hul soeke na mag.

Leer jou kind s

Leer jou kind van kleins af dat sy lyfie spesiaal is en dat nimand hom ooit mag seermaak, slaan, knyp, skop, afknou of aan sy geslagsorgane mag vat nie. Nooit nie.
Elke mens se geslagsdele behoort net aan homself en dis ’n baie spesiale deel van jou liggaam. Dit beteken dat niemand daarna mag kyk nie, tensy jy aan hulle s hulle mag.
Soms word ’n mens siek en dan moet ’n dokter aan sekere dele van jou liggaam vat om vas te stel wat jou makeer. Maar selfs die dokter sal eers jou toestemming vra om dit te doen.
Leer jou kind so vroeg moontlik die regte benamings vir sy/haar geslagsdele. Seuns het ’n penis en testikels en ’n meisie se geslagsdele sluit haar borste in en ’n deel wat haar vagina genoem word wat tussen haar bene sit. Jou boude is ook deel van jou geslagsdele.
Selfs kinders so klein soos kleuters moet gereeld hoor dat hul liggaam net aan hulself behoort en niemand mag sonder toestemming daaraan vat nie.
Vertel jou kinders dat daar “stout” groot- mense is wat soms aan kinders se geslagsdele vat of daarmee speel of kinders vra om aan hl geslagsdele te vat of daarmee te speel, maar dat dit altyd verkeerd is. Dit mag nooit gebeur nie en wanneer dit gebeur, moet hulle jou onmiddellik daarvan vertel.
Skep eerder van kleins af ’n oop verhouding met jou kinders oor seksualiteit sodat dit nie ’n taboe is waaroor hulle skaam is om te praat nie. Hulle moet weet hulle kan altyd oor enigiets met jou praat wat hul lyfies en emosies betref.
Jou kind se kamer is sy eie persoonlike ruimte en dit moet gerespekteer word. Moenie familielede of vriende daar laat ingaan sonder die kind se toestemming nie – selfs nie eens om die kind te gaan groet of ’n bietjie met hom te speel nie.– Bron: Miranda Freedman


Kry hulp

* Women and Men Against Child Abuse: 011 789 8815 of www.wmaca.org (http://www.wmaca.org)
* Childline se tolvrye krisislyn: 08000 55555
* Lifeline (nasionale krisislyn): 0861 322 322
* Kindernoodgevalle: 0800 123 321

Francois Marais
Oct 22nd 2009, 05:45 AM
Ek kan dalk bysit dat die persoon homself of haarself gewoonlik ontrek ook aan als en almal, veral mense wat ouer is.
Simptome ook: Persoon hou op praat. Persoon kan nie mense in die o kyk nie. Persoon voel minderwaardig. Soms sal die persoon onwelvoeglik aantrek vir klimaat omstandighede (soos om 'n trui die hele tyd in die somer te dra al tap die sweet die persoon af)

Dit is baie, baie moeilik om so persoon te nader. Die persoon sal nie maklik oop maak nie, en 'n verhouding moet gebou word dat die persoon die persoon vertrou wat hulle probeer help.

Let ook op as die oom wat almal altyd wil by kuier duur geskenke begin uitdeel vir een peroon (word soms gebruik om die peroon stil te maak) Gewoonlik sal die kind ook glad nie na die persoon toe wil gaan nie, en is vreeslik ongemaklik in die persoon se teenwoordigheid. Die kind sal gewoonlik hom uit doe voete maak as die persoon naby hulle kom as hulle ouer is.

Let ook op na die kind se vriende. As hy saam met kinders baie ouer is begin kuier moet mens soms ondersoek instel. Vriende van jou kinders kan ook groot skade maak deur verkragting deur die maats agv onkunde van die kind se kant af (waar die birds and the bees ing inkom mense met kinders)

Onthou onkunde is die slegste wapen!