PDA

View Full Version : Inligting Wat is.....?



Johnny
Oct 23rd 2009, 07:45 AM
WAT IS 'N MA
'n Ma is 'n drukkie-mens,
'n soentjie-mens,
en ek-is-lief-vir-jou-mens
JOU MA IS 'N KONINGIN WAT JOU SOOS 'N SLAAF BEDIEN.
WEES LIEF VIR HAAR - GEE HAAR AANDAG.


WAT IS 'N PA
'n Pa is jy-was-stout-mens,
ek-gaan-jou-straf-mens,
want-ek-het-jou-lief mens
JOU PA IS 'N KONING WAT SOOS 'N SLAAF VIR JOU WERK.
WEES LIEF VIR HOM - GEE HOM 'N DRUK


WAT IS 'N BROER
Hy is 'n gee-terug-my-goed-mens,
want-ek-gaan-jou-klap-mens,
want jy-is-my-maat-mens
JOU BROER IS SOOS 'N PRINS. HY SAL JOU ALTYD RED.
GEE HOM 'N SOEN


WAT IS 'N SUSTER
'n Suster is 'n klikbek-mens,
'n toemaar-troos-mens,
maar ook 'n vriendin-mens
JOU SUSTER IS SOOS 'N PRINSES. SY SAL JOU ALTYD BYSTAAN.
GEE HAAR 'N ROOS


WAT IS 'N VRIEND
'n Pragtige mens wat jy baie na aan jou hart dra
'n Vriend en deel mens
'n Luister mens maar ook 'n seermaak mens
JOU VRIEND IS SOOS 'N ROOS, GEE HULLE GEREELD WATER
KOESTER DAARDIE VRIENDSKAP


WAT IS JY
JY IS 'N PRAGTIGE MENS, 'N LIEFDE MENS,
EN EK KAN ALLES DOEN MENS
'N EK IS HARTSEER EN EK IS BLY MENS
JY IS ...........'N SPESIALE MENS!
BAKLEI DIKWELS ONNODIG MET JOUSELF EN KLA ONNODIG OOR JOUSELF GEE JOUSELF 'N KLAP EN 'N SOEN


WAT IS GOD?
GOD IS HY SONDER WIE ONS NIE KAN OF WIL LEWE NIE
GOD IS HY WAT ONS ANKER IN DIE LEWE IS. GOD IS LIEFDE
GEE VIR GOD.......JOUSELF.

MercyChild
Oct 23rd 2009, 09:06 AM
Hi Jhonny,

Wat is 'n dag sonder mooi woorde! Dit het my dag opgekikker! :hug: