PDA

View Full Version : Inligting Die koste van twis.



Johnny
Oct 23rd 2009, 08:07 AM
As daar iets in jou eie lewe is wat nie reg is nie, praat God altyd eerstens met jou....en dan met ander. Ek glo God praat eerstens met my.




Die koste van twis



1 Sam 26:2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die woestyn Sif, en met hom saam drieduisend man, uitgesoektes uit Israel, om Dawid te soek in die woestyn Sif.


Hierdie vers het n vraag by my wakker gemaak. Wat het Saul se geveg teen Dawid hom gekos. Drie duisend uitgesoekte manne word gebruik om een man te soek en dood te maak. n Kort soektog op die internet rondom die koste van oorlog het nog intressante feite opgelewer. Donald Rumdfeld begroot in 2001 n bedrag van 60 biljoen vir die oorlog in Irak. Teen 2005 was die werklike koste al 10 maal meer as die begrote bedrag. As daar gekyk word na mense wat beseer is, pensioen betalings, rente op geld wat geleen is om die oorlog te finansier ens. dan raak die eintlike koste van so n oorlog aan 50 keer die begrote bedrag. n Bedrag van 3 triljoen Amerikaanse Dolar. Twis en bakleiery kos ons altyd meer as wat ons begroot. Saul se lewe is n uitstekende voorbeeld van n man wat hierdie waarheid op die harde manier moes leer.

Sy twis met Dawid kos hom in die eerste plek die guns van God. In Saul se tyd het n nuwe koningshuis die vorige koningshuis uitgeroei. Dit is dus te verstane dat Saul, uit vrees, Dawid probeer doodmaak. Saul het God egter buite rekening gelaat aangesien die Here het reeds voorsien en sy vrese besweer want sy seun Jonatan en Dawid het n bloedverbond gesluit (1 Sam 18:3-4). Saul neem egter reg in eie hande en probeer om homself en ook sy familie te beskerm. Dit is hartseer as ons later in 2 Sam 9:3 die volgende woorde lees: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Dis tragies dat Dawid net Mefiboset, van die huis van Saul, kon vind aan wie hy die guns van God kon bewys. Saul het dit gemis omdat hy geweier het om die twis en stryd te laat vaar. Dit is waar dat vrede n prys kos en Matt 5:38-45 onderstreep dit. Dit is nie maklik om die ander wang te draai of die minste te wees nie. As ons egter eers besef het wat twis kos sal die prys vir vrede lyk soos kleingeld. Twis kan jou die guns van God en die ewigheid kos.

Tweedens kos dit hom sy lewe. Sy lewensverhaal strek van 1 Sam 9-31, n volle 22 hoofstukke. Net 8 van hierdie hoostukke gaan oor sy lewe, die res gaan oor Dawid en sy optrede teenoor Saul terwyl hy moet vlug. Die dag toe Saul besluit om te twis druk hy ast ware die Pause knopie van sy lewe en hy hou eintlik op met lewe. Deur twis verruil hy sy roeping as koning en word n vlooijagter. Sam 24:15 Agter wie aan het die koning van Israel uitgetrek? Agter wie kom u aangeja? Agter n dooie hond, agter een enkele vlooi aan! Ja waarlik Saul het ophou lewe die dag toe hy besluit om te twis.

In die derde plek kos dit hom sy geliefdes. In 1 Sam 20:2 se Jonatan aan Dawid Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Watter pragtige verhouding het daar nie net bestaan tussen Jonatan en sy pa nie. Saul se seun was sy trots, sy regterhand en sy vertroueling maar, in V33 gooi hy n spies na dieselfde seun om hom te dood. In hoofstuk 18 en 19 sit hy sy dogter Migal op die spel en aan die einde daarvan beskuldig hy haar dat sy hom bedrieg. Saul probeer om Dawid dood te maak maar in die proses kwes hy ook sy geliefdes.

Laastens wonder ek of hy besef het dat hy nie die enigste een is wat n prys vir sy twis sou betaal nie. Jonatan verloor nie net n pa nie maar ook n boesemvriend. Migal verloor n geliefde man. Ja waarlik twis kos altyd meer as wat ons begroot het.

Die laaste keer wat Dawid en Saul met mekaar te doene het lees ons in 1 Sam 26:13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in die verte op die top van die berg gaan staandie ruimte tussen hulle was groot Op die einde van die dag was daar n onoorbrugbare kloof tussen die twee. Mag ons Jak 1:19-20 ter harte neem.



SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word. Want die toorn van n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.


Kom ons dink altyd eerste aan die koste van twis voor ons praat.