PDA

View Full Version : Bespreking Ken God vir jou ?



Smuggler
Oct 24th 2009, 05:46 PM
Baie mense sÍ dat hulle ken vir God...MAAR ken God vir jou ???

Ek het die afgelope tyd hierdie vraag in my huis-kerk groepe "losgelaat".
Die gevolg... 3 persone het tot wedergeboorte gekom !!! PRYS SY NAAM ! :pp (ek doop hulle volgende Saterdag !:))

Hier is 'n hele paar voorbeelde uit die Bybel waar mense (gelowiges) gesÍ het dat hulle
is kinders van God, MAAR toe hulle by God kom sÍ die vir hulle:
Gaan weg van my, ek ken julle nie !

Mat 7: 21-23
Mat 25:1-13
Mat 25:41
Luk 13:27

Nou my vraag . . . Hoe weet jy dat God jou ken ?

2 Tim 2:19
Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seŽl: Die Here ken die wat syne is; en:
Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.

Paulus sÍ ook:
2Kor 13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie
seker van julself dat Jesus Christus in julle is nieóas julle ten minste nie verwerplik is nie!

Kom ons praat bietjie hieroor . . .
Ken God vir jou en as jy so sÍ wat sou jy sÍ is die bewyse of tekens in jou lewe dat God jou ken ?


.

CFJ
Oct 24th 2009, 07:01 PM
Dankie vir hierdie draad Smuggler en mens wil graag byvoeg, want ek is vas oortuig dat die primÍre doel van alle gelowiges is, om die Evangelie te verkondig, alle ander waarhede is sekondÍr tot die kruis-boodskap of Evangelie!

Mens ken net iemand, sou mens so iemand iewers ontmoet en alhoewel ek glo daar vele bevestigings is wat dit uit die Skrif bevestig, is die kruks hiervan die aanvanklike ontmoeting met Jesus. Om die evangelie te verkondig, is om die ou skepsel te dring om te sterf, sodat die nuwe skepsel gebore kan word. Dit is in daardie moment waar mens jou Skepper ontmoet en slegs dan ken Hy jou. Niks anders as die evangelie kan dit doen nie, niks anders as die kruis-boodskap kan die vlees dring om te sterf nie en juis daarom het Paulus gesÍ…, ‘want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.’ (1Kor 2:2 AOV)

Paulus se woorde is dat hy niks anders as Jesus Christus en Hom as gekruisigde onder hulle wil weet nie. Hoekom moet dit oor Jesus en Hom as gekruisigde handel? Dit moet so wees want sonde het alles kom verkanker en as die sondige natuur nie sterf nie, is daar geen geestelike lewe nie. Daarom staan daar, 'Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wÍreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.' (Joh 12:24-25 AOV) Mens wil dit weer sÍ, daar kan geen geestelike lewe wees, as die mens se sondige natuur nie eers sterf nie en dit is waaroor die kruis-boodskap handel. Jesus het namens ons almal op ‘n kruis kom sterf en dit net oor sonde. Hierdie sonde in ons natuur moet ook sterf en dit moet op presies dieselfde plek gebeur, as waar dit vir Christus gekom het! 'Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wÍreld vir my gekruisig is en ek vir die wÍreld.' (Gal 6:14 AOV)

Ta-An
Oct 24th 2009, 07:09 PM
Kom ons praat bietjie hieroor . . .
Ken God vir jou en as jy so sÍ wat sou jy sÍ is die bewyse of tekens in jou lewe dat God jou ken ?
.
Smuggler, jou vraag klink so soort van: Jaag jy die gawes na, of die Gewer van die gawes.... ;)


Smuggler..... die afgelope week voel dit vi my of ek in die hemel rondloop...

* G_d gee aan my die begeertes van my hart:.... as jong meisie wou ek vreeslik graag 'n model wees, my ouer suster het modelwerk gedoen, maar ek was die middel-kind.... en wel.... ek het nooit die voorreg gehad nie.... tot Woensdag oggend... ek was deel van 'n modevertoning ,,, nie vreeslik groot of fancy nie, net 5 uitrustings gedoen, maar was dit 'n droom wat waar geword het...JA!! 40 jaar na die begeerte in my hart ontstaan het :D

* Donderdag, toe ek klaar inkopies gedoen het sÍ die kassiere: "Mevrou, jy mag vir jou enige bos blomme in die winkel kies" en dit was so soort van voorberieding van wat ek Vrydag-aand beleef het, so soort van "vertroosting" voor slegte nuus... (Alhoewel my man sÍ die winkel eienaar eintlik net dankbaar is wanneer ek in sy winkel instap want ek leef uit sy winkel uit ;) )

* ProfesieŽ word waar in my lewe, woorde wat 10 jaar gelede oor my gespreek was, kom nou waar. 'n Vrou het by my kom bid en was doening met my voete.... :hmm: toe ek weer hoor bid sy die ketings om my enkels los.... vandag leer die Here my hoe om ander te leer om vir Hom te dans.

* 5 jaar gelede se profesie word nou waar.... 'n ander vrou gee my 'n brood sakkie met 'n muur op geteken en die name van die Here daarop in die stene geskryf, met die boodskap, :"Leer die Here ken deur die karater van Sy Naam" .... verskeie ander mense, wat mekaar nie ken nie, en ook nie weet hiervan nie, gee gereeld aan my geskenke met dieslfde boodskap...

Ek het die Here 'n baie ernstige vraag gevra, Hy het "Nee" gesÍ, maar Hy het na 20 jaar vir my uitkoms gebied...

Hy hoor my gebede...(Geneul :hmm: miskien)

Dit is amazing om te sien hoe die legkaart van my lewe 'n prentjie begin vorm. Ja, op die oomblik 'wallow' ek in Sy genade :monkeyd:en Sy seeninge en Sy liefde.....

Ken die Here my? :pray:

Smuggler
Oct 24th 2009, 08:07 PM
ek is vas oortuig dat die primÍre doel van alle gelowiges is, om die Evangelie te verkondig, alle ander waarhede is sekondÍr tot die kruis-boodskap of Evangelie!

Mens ken net iemand, sou mens so iemand iewers ontmoet en alhoewel ek glo daar vele bevestigings is wat dit uit die Skrif bevestig, is die kruks hiervan die aanvanklike ontmoeting met Jesus. Om die evangelie te verkondig, is om die ou skepsel te dring om te sterf, sodat die nuwe skepsel gebore kan word. Dit is in daardie moment waar mens jou Skepper ontmoet en slegs dan ken Hy jou.

Mens wil dit weer sÍ, daar kan geen geestelike lewe wees, as die mens se sondige natuur nie eers sterf nie en dit is waaroor die kruis-boodskap handel.

Amen, CJF AMEN !
My hart klop sommer "kaboeme kaboeme" :pp oor jou woorde . . . :monkeyd:

Dit is een van die tekens dat God jou ken . . jy het gesterf en toe het GOD jou lewend kom maak !
Sien ook die "awesome" skrif in 1Kor 15:34-38
1Kor 15:34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie.
Ek sÍ dit tot julle beskaming.
1Kor 15:35 Maar iemand sal sÍ: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
1Kor 15:36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
1Kor 15:37 En wat jy saaiójy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar Ďn blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
1Kor 15:38 Maar God gee dit Ďn liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.

Umm, ek gaan nou "stout" wees en 'n engelse aanhaling hier in-plak wat hierdie sterf aan jouself BAIE mooi verduidelik . . .
(CFJ, haal maar uit as jy dink dis te lank)

Victory Through Defeat - A. W. Tozer
We might well pray for God to invade and conquer us, for until He does, we remain in peril from a thousand foes.
We bear within us the seeds of our own disintegration.
Our moral imprudence puts us always in danger of accidental or reckless self-destruction.
The strength of our flesh is an ever present danger to our souls. Deliverance can come to us only by the defeat of our old life.
Safety and peace only come after we have been forced to our knees.
God rescues us by breaking us, by shattering our strength and wiping out our resistance.
Then He invades our natures with that ancient and eternal life which is from the beginning.
So He conquers us and by that benign conquest saves us for Himself . . . .
Real faith must always be more than passive acceptance.
It dare mean nothing less than surrender of our doomed Adam-life to a merciful end upon the cross.
That is, we won God's just sentence against our evil flesh and admit His right to end its unlovely career.
We reckon ourselves to have been crucified with Christ and to have risen again to newness of life.
Where such faith is, God will always work in line with our reckoning.
Then begins the divine conquest of our lives.
This God accomplishes by an effective seizing upon, a sharp but love-impelled invasion of our natures.
When He has overpowered our resistance He binds us with the cords of love and draws us to Himself.
There, "faint with His loveliness" we lie conquered and thank God again and again for the blessed conquest.
There, with moral sanity restored, we lift up our eyes and bless the Most High God.
Then we go forth in faith to apprehend that for which we were first apprehended of God.

Skitterende beskrywing . . .:amen:

CFJ, kan jy van nog een getuig ??? :D

Ek weet jy kan . . Hier is 'n "hint" :cry:

Vrede-groete



.

Ta-An
Oct 24th 2009, 08:11 PM
. Hier is 'n "hint" :cry:
. Die skrif wat sÍ Hy vang ons trane in 'n bottel....? OT
Of Hy sal al die trane afvee...NT

Smuggler
Oct 24th 2009, 08:37 PM
Smuggler, jou vraag klink so soort van: Jaag jy die gawes na, of die Gewer van die gawes.... ;)

Smuggler..... die afgelope week voel dit vi my of ek in die hemel rondloop...

* G_d gee aan my die begeertes van my hart:....

* Donderdag, toe ek klaar inkopies gedoen het sÍ die kassiere: "Mevrou, jy mag vir jou enige bos blomme in die winkel kies"

* ProfesieŽ word waar in my lewe,

* 5 jaar gelede se profesie word nou waar....

Ek het die Here 'n baie ernstige vraag gevra, Hy het "Nee" gesÍ, maar Hy het na 20 jaar vir my uitkoms gebied...

Hy hoor my gebede...(Geneul :hmm: miskien)

Dit is amazing om te sien hoe die legkaart van my lewe 'n prentjie begin vorm. Ja, op die oomblik 'wallow' ek in Sy genade :monkeyd:en Sy seeninge en Sy liefde.....

Ken die Here my? :pray:

Hallo Ta-An
Nee, ek is nie gepla oor die gawes in die draadjie nie. Hoekom nie ? Wel . . .
God laat sy son skyn oor almal, regverdiges en onregverdiges. So vir my is dit nie 'n teken dat God jou ken nie . . .
Kyk gou hier:
Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sÍ: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sÍ: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

In een van my groepe het iemand juis ook die argument aangevoer van gawes wat "opereer" in sy lewe en God se seŽn op sy arbeid en huisgesin.
Ek speel toe so bietjie "duiwelse advokaat" en vra hom of hy nogsteeds sal dink hy is God se kind as die "gawes" nie sou "opereer" of seŽninge nie sou "gebeur" nie.
Ek krap toe nog so bietjie dieper en vra hom of hy nogsteeds sal dink hy is God se kind as hy sy werk, pragtige huis en sy motor sou verloor deur "onregverdigheid" wat teenoor hom gepleeg sou word.
En hy dan ook nog sal siek word as gevolg van die "stress" wat hy dan sal beleef.
Dis toe dat die kÍrel in 'n "geloofs krisis" beland . . .

Ja, toe word 2Kor 7:8-10 BAIE waar in sy lewe:
2Kor 7:8 Want, al het ek julle ook deur die brief bedroef gemaak, is ek nie jammer nie, al was ek ook jammer. Want ek sien dat daardie brief, al was dit vir Ďn kort tydjie, julle bedroef gemaak het.
2Kor 7:9 Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie.
2Kor 7:10 Want die droefheid volgens die wil van God werk Ďn onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wÍreld werk die dood.

Mense, die verskil in daai man se lewe is iets om te aanskou !
Ek meen hy is anders !!! PRYS DIE HERE :pp

So, my liewe suster, ek bly maar weg van al daai "fiesie" bewyse . . .

Ek soek geestelikke bewyse, want dit is al wat blywens is en eenadg voor God gaan tel. Die fiesiese gaan alles verbrand.:eek:

Ek hoop nie jy is ook nou in 'n "kriesis" nie . . .:saint:



Vrede-groete

Smuggler
Oct 24th 2009, 08:38 PM
Die skrif wat sÍ Hy vang ons trane in 'n bottel....? OT
Of Hy sal al die trane afvee...NT

Die vraag is . . . WANNEER gaan hy jou trane afdroog ?

CFJ
Oct 24th 2009, 09:02 PM
CFJ, kan jy van nog een getuig ??? :D

Ek weet jy kan . . Hier is 'n "hint" :cry:



As ek reg verstaan Smuggler, dan is dit die omstandighede wat God skep, sodat ons kan sterf. Niemand wil uit hulleself sterf nie en as God nie die omstandighede skep, waar mens verneder word nie, dan sal niemand by die kruis kom, waar die ou mens gekruisig word nie. 'n Ontmoeting met God is drasties en handel oor 'n worsteling met God en ook met mense. Die heel mooiste voorbeeld van 'n persoonlike ontmoeting waar die ou mens 'n nuwe skepsel geword het, was toe Jakob, Israel geword het...


En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sÍ Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sÍ: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseŽn. Toe noem Jakob die plek PniŽl; want, het hy gesÍ, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
(Gen 32:27-30 AOV)
Dit is in hierdie worsteling dat die ou mens sterf en redding kom met 'n aangesig tot aangesig ontmoeting. Elkeen van ons moet simbolies by PniŽl opeindig, om God te ontmoet. Vir myself was dit 'n hartseer pad en hierdie ontmoeting behoort drasties te wees, mens kan God nie ontmoet en dit nie agterkom nie, dit sal verseker intens wees en my eie ontmoeting in 1987 het met baie trane van hartseer en blydskap saam gegaan, juis omdat dit die punt van absolute verlorenheid was, opgevolg met die grootste oorwinning daarna!

Smuggler
Oct 25th 2009, 07:29 AM
As ek reg verstaan Smuggler, dan is dit die omstandighede wat God skep, sodat ons kan sterf. Niemand wil uit hulleself sterf nie en as God nie die omstandighede skep, waar mens verneder word nie, dan sal niemand by die kruis kom, waar die ou mens gekruisig word nie. 'n Ontmoeting met God is drasties en handel oor 'n worsteling met God en ook met mense. !

Weereens Amen broeder AMEN !

Waarna toe ek egter mik met :cry: as 'n "bewys" dat God jou ken is...
Jy is daagliks sensatief vir sonde, jy besef jou sonde, jy erken dit, jy huil daaroor want dit bedroef jou beste vriend, God !

Jy het nou 'n nuwe "verhouding" met Sonde ! :eek:
Voorheen het jy dit lief gehad :kiss: . . . nou behoort jy dit ook te haat ! :thumbsdn: AMEN ?
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?
Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel,
en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My Ďn volk wees.
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
en Ek sal vir julle Ďn Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die
vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
(2Kor 6:17-7:1 aov)

Is daar is nog "bewyse" dat God jou ken . . .???

Mmmm :hmm:


:blushsad:

.

Ta-An
Oct 25th 2009, 10:56 AM
Ek hoop nie jy is ook nou in 'n "kriesis" nie . . .:saint:

Nee glad nie...... in die 20 jaar het HY my deur my 'kriesis' gedra.....
En deur al die ander beproewinge wat oor my pad gekom het.....
Ten spyte van die diep waters want weet jy, as Hy my nie gedra het nie, het ek laaaaankal verdrink, want ek kannie swem nie ;)

My beproewinge en "kriesese" het my op my kniee gehou.

Ta-An
Oct 25th 2009, 11:05 AM
Die vraag is . . . WANNEER gaan hy jou trane afdroog ?Wanneer my naam 'David' is :hmm:

Sorri, ek is besotted met David ;)

Daar sal nie meer trane wees om af te droog wanneer ek nie meer hoef jammer te sÍ oor die stupid goed wat ek verkeerd doen nie....

Smuggler
Oct 25th 2009, 07:31 PM
Daar sal nie meer trane wees om af te droog wanneer ek nie meer hoef jammer te sÍ oor die stupid goed wat ek verkeerd doen nie....

Gie gie gie !!! :)
Ta-An, Ek lag nie vir jou nie, maar saam met jou . . .:blushhap:

Ek het altyd vir myself gesÍ dat ek gaan nooit foute maak nie en perfek wees in my geestelike lewenswandel . . .
Wel lyk my God werk so bietjie anders, want ek maak al die foute in die boek en
dan "invent" ek nog sommer my eie ook nog . . .:blushhap:

Ta-an, jy hoef nie jou naam te verander na David nie om jouse trane afgedroeŽ te kry nie . . .
VroeŽr het ek die vragie gevra: "wanneer droog hy jou trane af ?"

Wel wat vir David vertroosting was is vir my en jou ook vertroosting.
Wanneer ek in my "hartseer" opkyk na God en dan hoor dat Hy IS in beheer en Hy GAAN my uitkoms gee, dan moet ek kies om dit te glo.
As ek dan die keuse maak (al sien ek nog geen fiesiese verandering nie) sal ek HOOP verkry en dan ook anders kyk na my situasie.

Nou is ek getroos dat God weet wat hier aangaan en Hy sal niks oor my laat kom wat nie ten goede is nie.
Ja ek kies om sy beloftes te glo en daaraan vas te hou.

Sy beloftes van "redding/sorg" is dus nou my troos !!! :hug:

Eendag gaan ons egter nog beter getroos word as ons by God is. :yes:

:OFFT:

Ta-An, Uit jou "ervarings getuinis" hierbo klink dit vir my asof jy boeke kan skryf oor jou lewe saam met God :yes:

Kan jy vir ons 'n voorbeeld uit jou lewe "getuig" van waar jy Geestelik besef het dat God jou ken ???

Dalk kan ons almal iets leer . . .:amen:

.

Ta-An
Oct 25th 2009, 08:28 PM
Kan jy vir ons 'n voorbeeld uit jou lewe "getuig" van waar jy Geestelik besef het dat God jou ken ???
.
Want ek pla Hom genoeg :D
Wanneer ek opdaag vir my afsprake met Hom.... wanneer ek in 'n persoonlike vehouding staan met die Here. Om aan die ontvang kant te staan van Sy goedheid... wanneer ek drink van die Lewende water en skuil in die Rots

OK ....

Die eerste keer wat ek werklik besef het dat G_d vir my omgee (ken) is toe my onderbewussyn gereageer het op 'n aanval van die "Donker" in my slaap, en my onderbewussyn (gees) uitgeroep het na die Here, en dat Hy opgedaag het en Vrees verdryf het... het jy al probeer praat wanneer jy slaap? of sal ek sÍ wanneer jou gees probeer praat wanneer jou vlees slaap? :hmm:

Johnny
Oct 26th 2009, 11:37 AM
As ek reg verstaan Smuggler, dan is dit die omstandighede wat God skep, sodat ons kan sterf.

Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in Ďn nuwe lewe kan wandel.

Lees gerus hele Romeine 6.

Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.

Joh 10:38 maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.

Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Johnny
Oct 28th 2009, 06:25 AM
EK KEN JOU

(Exo 33:12) Toe het Moses met die HERE gespreek: U sÍ nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesÍ het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oŽ gevind.

(Exo 33:17) Toe sÍ die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oŽ, en Ek ken jou by die naam.

(2Ki 19:27) Maar Ek ken jou sit en jou uitgaan en jou ingaan en hoe jy teen My raas.

(Isa 37:28) Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas.

In die volgend paar verse praat God met die verskillende gemeentes.....en ons is deel darvan

(Rev 2:2) Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy diť op die proef gestel het wat sÍ dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

(Rev 2:9) Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sÍ dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar Ďn sinagoge van die Satan.

(Rev 2:13) Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloŽn nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

(Rev 2:19) Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

(Rev 3:1) En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: DŪt sÍ Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.

(Rev 3:8) Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou Ďn geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloŽn nie.

Hierdie vers is spesifiek vir ons tyd...die kerk van die Laodicense

(Rev 3:15) Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

U KEN MY

(Psa 69:19) (69:20) U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teŽstanders is voor U.
(Psa 139:2) U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

GOD SIEN EN KEN ALLES

Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
Psa 44:21 (44:22) sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
Psa 139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
Psa 139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
Pro 15:3 Op elke plek is die oŽ van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Jer 16:17 Want my oŽ is op al hulle weŽ, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oŽ verborge nie.
Jer 23:24 Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.
Act 1:24 En hulle het gebid en gesÍ: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
Joh 21:17 Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sÍ vir hom: Laat my skape wei.


Mat 10:30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
Luk 12:7 Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
Isa 51:13 dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelÍ om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?
Isa 44:2 So sÍ die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesķrun wat Ek uitverkies het!
Isa 44:24 So sÍ die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitspreiówie was met My? ó

Ons kan verseker uit die bogenoemde se dat God ALLES ken. Daar is nog baie skrifte. Nou.....KEN JY GOD? Ek praat van die God van die Bybel. Om gelowig te wees beteken NIE jy ken die God van die Bybel nie. Is jy al wedergebore (http://www.oospoort.co.za/source/bekering.html)?

Ta-An
Oct 28th 2009, 06:46 AM
JA, Johhny, in die voorbeelde wat jy genoem het is baie op 'n spesifieke persoon gemik...soos Moses en Job en David....... smuggler vra: "Johnny, hoe weet jy, jy Johnny, dat G_d jou ken, soos wat hy vir Moses en Job en David ken"

Johnny
Oct 28th 2009, 06:58 AM
Johnny, hoe weet jy, jy Johnny, dat G_d jou ken

Ta-An...ek wou net wys dat God ons wel ken. Dit is bybelse voorbeelde.....of is daar 'n ander boek wat ek moet gebruik?

Hy ken ook my SIT en STAAN....hy weet ook hoeveel hare op my hoof is......hy ken ook my werke......hy is ook my formeerder...

Miskien het jy nie die hele gedeelte gelees nie:hmm:


Die antwoorde en tekse is voor die handliggend...of HOE? Ek weet Hy ken my, want EK is waarlik wedergebore, Hy bly in my. Hy ken ook elke sondaar ongeag watter ras of nasie. Hy ken jou al het jy nog nie sy kind geword nie. Soos ek aan di einde noem, as jy nie waarlik wedergebore is nie, dan staan jy nie in 'n verhouding met HOM nie. So....ek hoop dit is nou duideliker.

Ta-An
Oct 28th 2009, 07:10 AM
Ta-An...ek wou net wys dat God ons wel ken. Dit is bybelse voorbeelde.....of is daar 'n ander boek wat ek moet gebruik?

Hy ken ook my SIT en STAAN....hy weet ook hoeveel hare op my hoof is......hy ken ook my werke......hy is ook my formeerder...

Miskien het jy nie die hele gedeelte gelees nie:hmm:


Die antwoorde en tekse is voor die handliggend...of HOE? Ek weet Hy ken my, want EK is waarlik wedergebore, Hy bly in my. Hy ken ook elke sondaar ongeag watter ras of nasie. Hy ken jou al het jy nog nie sy kind geword nie. Soos ek aan di einde noem, as jy nie waarlik wedergebore is nie, dan staan jy nie in 'n verhouding met HOM nie. So....ek hoop dit is nou duideliker.
Smuggler verwys na die Skrif wat sÍ: dat al het die mense selfs wonderdade gedoen in die Here se naam.... sÍ HY : Ek ken jou nie!

Daar is 'n groot verskil tussen : "Weet van" en ken. ;)

Lees weer bietjie sy OP.:idea:
Kom ons praat bietjie hieroor . . .
Ken God vir jou en as jy so sÍ wat sou jy sÍ is die bewyse of tekens in jou lewe dat God jou ken ?

Johnny
Oct 28th 2009, 07:30 AM
Kom ons praat bietjie hieroor . . .
Ken God vir jou en as jy so sÍ wat sou jy sÍ is die bewyse of tekens in jou lewe dat God jou ken ?


Ek het ook genoem dat God jou NIE ken as jy nie sy kind is nie en BAIE in die kerk vandag gaan daardie ontnugterde woorde hoor wat jy aangehaal het: "Gaan weg....ek ken jou nie"....omdat hulle gedink het hulle ken God...en soos ek tereg genoem het: "Die God van die Bybel"

My ondervinding op die forum is dat NIE almal wat hier deelneem...al glo hulle wel, wel die God van die Bybels ken nie.:cry:

As ek na Smugler se vraag kyk dan glo ek het dit beantwoord op meer wyse as wat hy verwag het. Ek het nie net die bewyse en tekens genoem nie....maar verder gegaan deur te se dat God ALLES van jou af weet...al ken of dien jy hom nie. Miskien kan dit iets vir iemand beteken wat niks van God af weet nie. Ek is seker 'n eersteling op die forum kan ook hierdie plasing lees....?

As jy voel my plasing is enigsins uit lyn, voel vry om dit te verwyder.

Ta-An
Oct 28th 2009, 07:44 AM
Hy ken ook my SIT en STAAN....hy weet ook hoeveel hare op my hoof is......hy ken ook my werke......hy is ook my formeerder...

Hoe weet jy dat Hy jou ken anders as wat in die Bybel staan?

Johnny
Oct 28th 2009, 08:05 AM
Hoe weet jy dat Hy jou ken anders as wat in die Bybel staan?


Woon die Heilige Gees nie ook in jou nie?

(Joh 14:16) En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle Ďn ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
(Joh 14:26) maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesÍ het.
(Joh 15:26) Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan Ďn ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, diť behoort nie aan Hom nie.

Smuggler
Nov 15th 2009, 07:00 PM
Woon die Heilige Gees nie ook in jou nie?



Hallo Johnny

Hierdie draadjie is baie "prakties"... nie "hoog" geestelik of "hoog" skriftelik nie . . . ;)
Prakties, hoe weet jy, Johnny, dat die Gees in jou woon... wat is die praktiese bewys, "getuienis" in jou lewe wat dit wys na buite !
Ek soek nie nou skrif nie, net jou persoonlikke ervaring, belewing van die "werk van die Gees" in jou lewe . . .:hmm:
Hoe lyk dit... waarvan kan jy getuig ?
:dunno:

Vrede-Groete

Henry
Nov 17th 2009, 03:59 PM
Die vraag is . . . WANNEER gaan hy jou trane afdroog ?

Nadat Hy jou gewys het wie almal oor jou pad gekom het en in die hel is omdat jy hulle nie van Jesus vertel het nie. (NET MY MENING )

AndreHa
Dec 4th 2009, 11:52 AM
Hallo Johnny

Hierdie draadjie is baie "prakties"... nie "hoog" geestelik of "hoog" skriftelik nie . . . ;)
Prakties, hoe weet jy, Johnny, dat die Gees in jou woon... wat is die praktiese bewys, "getuienis" in jou lewe wat dit wys na buite !
Ek soek nie nou skrif nie, net jou persoonlikke ervaring, belewing van die "werk van die Gees" in jou lewe . . .:hmm:
Hoe lyk dit... waarvan kan jy getuig ?
:dunno:

Vrede-Groete

Wel, die Here het my 'n hengse klomp dinge in my lewe gewys - van ek so 5 jaar oud was. Die Here het toegelaat dat demone my elke aand in my bed kom aanval. Satan het gedink "Oe, lekker - kyk hoe suffer die kind. Bahahahah!" Maar al wat hy reggekry het was om my in Jesus se arms in te jaag. Daardie nag, toe dieselfde aanval weer gebeur, vra ek toe vir Jesus om my te help. Die volgende oomblik het ek die Heilige Gees ontvang - toe verlaat ek my liggaam, en word in die gees weggeneem. Toe staan ek voor Hom, in al Sy glorie. Hy't my laat voel hoe lief Hy vir my is, en my na 'n rukkie weer teruggestuur - 'n nuwe mens. Van daardie tyd af het die Heilige Gees my geleer en gelei.

Die een groot geheim is om die Heilige Gees te vra om beheer oor te neem, en aan Hom, uit die hart te verklaar dat jy jou hele hart, siel, verstand en wese aan hom onderhewig, in Jesus se naam. Hy maak mens se geloof "lewendig" - om dit so te stel. Hy't my al gewys hoe Hy kan intree en letterlik beheer oorneem - baie kere al. En die maniere hoe die Here my gebede verhoor is 'n duidelike teken. Ek het so ruk gelede gevra om met Sy kinders te werk, toe roep Hy my in die werkplek bediening in. Hier het Hy al 'n klompie lewens permanent aangeraak. Ek sien myself soos Sy handskoen. Sonder hom kan ek niks doen nie. Maar as Sy hand my beweeg dan gebeur dinge.

Daar staan mos geskryf dat 'n boom aan sy vrugte geken word. En inderdaad, hoe weet mens watse vrugte jy dra? Maklik. Kyk net na die efek wat jy op ander het. As jy by hulle bysit wat goed, reg en mooi is, dan dra jy goeie vrugte. Net Satan sal jou ander dinge wil wysmaak. :)