PDA

View Full Version : Glorie aan YHWH



Francois Marais
Oct 26th 2009, 08:08 AM
Tussen 'n gebroke hart hoor ek vanoggend per sms wonderlike nuus....

My ouma is gister aand groot gedoop.

Ek het nog nie terugvoer gekry of dit werklik gebeur het nie, maar as sy gedoop geword het, is sy die oudste van ons kinders wat gedoop geword het. Sy is nou 76 jaar oud. So al die ou mense wat dink hulle is te oud, word wakker.

GLORY to YHWH for working with my ouma! GLORY to the King of Kings! Dankie JESUS!

Ta-An
Oct 26th 2009, 08:47 AM
Hallelujah Amen!! :pp

Johnny
Oct 26th 2009, 11:19 AM
Ons het ook gisteraand 'n doopdiens gehad. Kerneels, ons jong pastoor se broer het al die pad van Mosambiek afgekom om hom te laat doop. Die jongste was 12 en die oudste, 'n egpaar van amper 70 is saam gedoop. Hulle het hulle seun 3 jaar gelede verloor, een van ons tieners, wat bekeer en gedoop was, in 'n motorongeluk. Sy pa het nie die Here gedien nie.....en uiteindelik het die dood van hulle seun hulle by die Here uitgebring, bekeer en gedoop! Die tema was uit Hooglied:

Hooglied 4:12 My susterbruid is n geslote tuin, n geslote bron, n verselde fontein.

Terloops....Jesus het 120km ver gestap om in die Jordaan gedoop te word......waar BAIE water is.

Baie geluk:D

Willem
Oct 27th 2009, 07:42 PM
Vir wat wil ek so weemoedig raak? :cry: :D :hug:

Francois, Hy laat nooit iemand gaan nie , selfs al word hulle hoe oud, uit Sy hand sal niks of niemand ons ooit ruk nie EN as ons nog vir mense bid en die Here vra en daaroor saamstem.... dan se Hy mos sal ons kry wat ons vra. SO VRA ALMAL ! VIR ELKEEN WAT JY KEN EN LEIFHET EN NIE LIEFHET NIE ! :lol: soos iemand hierso eenkeer vir my gese het: "tydig en ontydig" bid sonder ophou, vertel en sien wat Hy alles doen!

ek sien net meer ons Here se hand hoe Hy mense begin bymekaar maak en verander. :pray: :pp

Laas week ook deur broer in Christus gevra om te help om hom te doop , dis awesome dat hy dit wil doen en so gelei was ... en beste was dit het een versie gekos vir die Heilige Gees om hom te oortuig .... handelinge 8:37 wat missing is in die 83 vertaling! :yes:

Johnny
Oct 28th 2009, 05:38 AM
handelinge 8:37 wat missing is in die 83 vertaling!


Willem, vergun my om die teks te plaas....en sommer een of twee wat daarop volg....dankie.

Act 8:37 Toe s Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en s: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.
Act 8:38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
Act 8:39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis

"gedoop"

βαπτίζω
baptizō
bap-tid'-zo
From a derivative of G911; to make whelmed (that is, fully wet); used only (in the New Testament) of ceremonial ablution, especially (technically) of the ordinance of Christian baptism: - baptist, baptize, wash.

"G911"

βάπτω
baptō
bap'-to
A primary verb; to whelm, that is, cover wholly with a fluid; in the New Testament only in a qualified or specific sense, that is, (literally) to moisten (a part of ones person), or (by implication) to stain (as with dye): - dip.

Willem
Oct 28th 2009, 08:37 PM
Hi Johnny,

dis soos Luk 11 :9-13 vir vra vir vervulling met Heilige Gees wat my oortuig het na my doop om ook met Gees "gedoop/vervul" te word.

Nou is dit die pad om die goeie werk wat begin is klaar te loop , ne' ?

Francois Marais
Oct 29th 2009, 03:01 AM
Dit val my nogal by dat die woord se getuig dat jy GLO en word dan gedoop. Met my doop het ek dit nie kon doen nie. Maar ek glo YHWH ken my hart.

Nog 'n vraag is die doop met die HG. Die HG het reeds in my gewerk nog voor ek gedoop was? Hoe ek dit sien is dat ons YHWH in 'n coke blikkie probeer plaas, maar dit werk mos nie so nie. Ek sien dit dat YHWH en die HG reeds in ons kan werk nog voor ons gedoop is? En hoe het Vader al vir my gawes gegee voor ek gedoop was?

Ek is regtig bly dat YHWH in mense se harte begin werk om op die regte manier gedoop te word. Ek glo dat Hy in my ouers se harte ook sal werk dat hulle sal wakker skrik en die waarheid sal sien.

Johnny
Oct 29th 2009, 06:20 AM
Ek dink jy kan met die HG gedoop word voor jy met water gedoop is. Dit is 'n aksie wat jy moet neem, en as dit gebeur voor jou waterdoop, dan glo ek dit is eg.

Willem, waar wat jy se.

Doping met die Heilige Gees (http://www.oospoort.co.za/source/woordskool.html).

MercyChild
Oct 29th 2009, 08:14 AM
Dit val my nogal by dat die woord se getuig dat jy GLO en word dan gedoop. Met my doop het ek dit nie kon doen nie. Maar ek glo YHWH ken my hart.

Nog 'n vraag is die doop met die HG. Die HG het reeds in my gewerk nog voor ek gedoop was? Hoe ek dit sien is dat ons YHWH in 'n coke blikkie probeer plaas, maar dit werk mos nie so nie. Ek sien dit dat YHWH en die HG reeds in ons kan werk nog voor ons gedoop is? En hoe het Vader al vir my gawes gegee voor ek gedoop was?

Ek is regtig bly dat YHWH in mense se harte begin werk om op die regte manier gedoop te word. Ek glo dat Hy in my ouers se harte ook sal werk dat hulle sal wakker skrik en die waarheid sal sien.

Dit is alles wonderlike nuus! Weet jy, ek het geleer om nie alles te bevraagteken nie. Dit is soos jy s, God werk soos Hy wil, ek het geleer om nie altyd te veel vrae te vra nie, maar te geniet dit wat ek ontvang het!

Ek bid saam met jou vir jou ouers! :hug:

Francois Marais
Oct 29th 2009, 08:59 AM
Dit is alles wonderlike nuus! Weet jy, ek het geleer om nie alles te bevraagteken nie. Dit is soos jy s, God werk soos Hy wil, ek het geleer om nie altyd te veel vrae te vra nie, maar te geniet dit wat ek ontvang het!

Ek bid saam met jou vir jou ouers! :hug:
Dankie MC. Ek het al begin hoop opgee, maar ek weet die Vader sal in hulle werk.

En ja soms vra ek te veel vra :hug: