PDA

View Full Version : Wat kos jou geloof jou?



Son of the South
Oct 27th 2009, 06:30 AM
(Moderators, ek kon met 'n vinnige soektog geen vorige verwysing na hierdie Youtube opspoor nie. Verwyder gerus indien dit 'n duplisering is.)

Youtube van 'n meisie wat van die Moslem geloof oorgekom het na die Christendom (klankbaan is in Yank):

http://www.youtube.com/watch?v=DvgY5IuDMwA

:pp:cry::pp:cry::pp:cry::pp

:pray:Dankie Vader vir ene wat wandel in U lig. Mag haar geloof ander aanspoor om U te soek!

Johnny
Oct 27th 2009, 07:13 AM
Ek kan ongelukkig nie Youtube kyk nie, maar ek is oortuig daarvan dat dit nie 'n maklike pad vir haar was nie. Ons het GEEN benul wat vervolging regtig is nie.....as ek op die regte spoor is oor die video. Ons wat sommer so met die Woord omgaan asof dit maar net nog 'n boek op CUM boeke se rakke van valse lering is, ons wat eerder op 'n Sondaoggend die rugby sal kyk......of Mall toe gaan, ons wat 5 Bybels in die huis het en nooit een lees nie, ons wat elkle dag by 'n oop kerkdeur kan instap...en nog steeds die MESSIAS verloen deur Hom nie aan te roep nie.